Werkers van die Dood

5 06 2011

Die verhouding wat ‘n mens met iemand het wat in of rondom jou huis werk, is nie jou gewone werkgewer – werknemer verhouding nie.  Goed en wel, daar is wette in plek gestel om seker te maak dat diegene wat voltyds (of meer as 27 uur ‘n maand) in diens is, dieselfde regte as diegene in die arbeidsmark geniet.  In sekere gevalle nog meer as wat die gewone arbeider op kan reken. 

Ek weet van baie mense wat bo en behalwe die ooreengekome loon, ook hulle werkers se vervoerkostes betaal.  Ek weet van werkgewers wat hulle werkers gaan haal of aflaai as die weer nie te vars is nie.  Daar word gesorg dat die werker iets lekkers het om te eet.  Op die heel minste, kry hulle dieselfde kos om te eet as die huismense.  Soms word daar geld geleen sonder om iets terug te verwag of ‘n afdag word oorgesien wanneer ‘n kind dokter toe geneem moes word.  Daar is mense wat sonder om ‘n oog te knip hulle werker se bydrae tot WVF (UIF), pensioen en / of medies sal betaal.  Alles goed wat nie in die formele sektor gebeur nie. 

Selfs met die bogenoemde in ag geneem, is daar goed wat die meeste mense maar met ‘n skouerophaling aanvaar.  Baie werkers aanvaar dat daar sekere goed is wat jou toekom.  Soos gevriesde vleis, waspoeier, oorbly verf ens.  Streng gesproke is dit steel, maar wie gaan nou hare kloof?  Aangesien hulle in en om die huis werk, gaan hulle jou intiem leer ken.  Wat basies beteken dat hulle jou by ander werkgewers of onder jou vriende kan beskinder.  Hulle het ook omtrent vrye toegang om te krap waar hulle wil en bewaar jou siel as jy ‘n landlyn het.

Goed wat soort van deel van die ooreenkoms is, wat sekerlik orals, in elke land en elke ras gebeur.  Jy kan woedend raak daaroor en hulle selfs afdank, maar dit is meestal te verwagte.  Nou seker nie alles nie, maar jy moet verlief neem daarmee dat jy soms op jou tande sal moet kners.  Dalk net hoop dat die voordele van die werker die nadele oortref.

Wat my deesdae opval is hoe meer en meer werkers betrokke is by moorde, aanvalle en rooftogte.  Makste honde byt die seerste en al sien jy hulle dalk al as deel van die meubels, voel hulle dalk nie so nie.  Ek kan nie eers dink dat hulle betrokkenheid by die tipe aanvalle regtig winsgewend is nie.  Tog gaan daar nie ‘n week verby sonder dat ‘n mens van so iets lees nie. 

Toegegee, huiswerkers maak nie baie geld nie.  Hulle word nie orals ewe goed behandel nie.  Wat hulle kry is dalk min, maar dit is baie beter as niks.  Die tipe gebeure maak dat moontlike werkgewers eerder maar alleen opsnork as om ‘n moontlike moordenaar in die huis toe te laat.  Al krimp hulle harte ineen vir die man wat in die koue hoop dat iemand hom en sy kwaste sal huur, verf hulle eerder self en word nie later met ‘n inbraak bedank nie. 

Die huiswerkers wat eintlik net opportunistiese misdadigers is, byt nie net die hand wat hulle voer nie.  Nee, hulle verseker dat ander nie meer wil waa om tevoer nie.  Dit is goed om uit jou eie foute te leer, maar beter om van ander mense se foute te leer.  So raak mense met sagte handjies meer selfversorgend en minder lui.  Wie betaal egter die prys daarvoor?

Breinvasbrand:  Wat is die minimum loon vir ‘n huiswerker wat voltyds in ‘n stedelike gebied werk?

Breinlosbrand:  Matthew McConaughey

Advertisements

Aksies

Information

19 responses

5 06 2011
Gerda. J

Dit is n ng kwessie. daar word van jou verwag om te gee en gee en gee tot in jou malle maai in.

6 06 2011
Xena Phoenix

Bodemlose put, Gerda.

6 06 2011
BB

Ek wou al telkemale hieroor skryf – oor die werkers wat betrokke is by aanvalle, diefstal, rooftogte en moord. Nee, self maak hulle bittermin hulle hande ‘vuil’ – sommiges word self in die proses vasgemaak en aangerand – soort van…
Maar ek weet van weinig indien enige huishoudings waar daar geweldsmisdade is, waar daar nié ‘n bediende of tuinwerker werksaam is nie.
Elkeen het sy prys – en ja, soms word hulle dat nie eers betaal nie, maar geviktimiseer en tree op uit vrees…
Ek weier om ‘n bediende in die huis te hê.

6 06 2011
Xena Phoenix

Dit is regtig hartseer. Ek glo in my hart daar daar eerlike goedhartige? werkers is, wat hulle alles vir hulle werkers sal gee. Ongelukkig het ‘n mens net een lewe en kan jy dit nie dobbel om een te gaan soek nie.

6 06 2011
J W W

Vandat die regering hierdie minumium lone en kontrakte nonsens in ons kele afdwing, het derduisende huishulpe hulle jobs verloor want mense kan in baie gevalle dit nie bekostig nie, so die stupid regering dink niks is beter as iets !!!

6 06 2011
Xena Phoenix

Iemand het nou die dag iemand net vir die dag ingekry. ‘n Kind van iemand wat char werk doen. Toe sy haar bietjie uitvra, kom dit uit dat sy vir die dag se werk net R20 in die sak steek. Die res gaan vir vervoerkoste van meer as 200 km.

Ek is teen uitbuiting. Maar ek moet die durf van mense salueer wat so ver gaan vir geld. Vir die meeste van ons is dat nie die moeite werd nie.

As daar nou nie kontrakte of minimum lone was nie, sou sy sekerlik meer gereeld en vir minder moeite R80 kon verdien het – skoon uitgekry.

6 06 2011
Madele

Ek het vir baie lank sonder ‘n huishulp gewerk, maar die ou plaashuise hier in die Overberg is GROOT en die boere voel hulle werk BUITE…. toe kry ek maar weer een. Sy werk 2 dae in die huis, 3 dae buite. Het erg lang vingers gehad. Toe help ek haar om haar kind in die skool vir blindes te kry, rus hom toe. Daarna het ek net een dag vir haar gesê dat ek NIKS terugverwag nie, maar LOS NET MY GOED UIT. Ek het haar nog NOOIT weer gevang steel nie! Sy het tot bekering gekom en die verandering in haar lewe is soos in handomkeer. Ek dink ek kan met gemak sê dat ons regtig lief is vir mekaar. Wat ‘n genade!!
Maar ek besef dit gaan nie orals so nie!! Dis so jammer!!

6 06 2011
Xena Phoenix

Julle was gelukkig.

6 06 2011
Olga

jww, jy praat so waarvan jy weet. Ek kan se dat ek meeste van my getroude lewe n huishulp gehad het. Totdat die regering gekom het met al do’s and dont’s. Dan moet ek hier se dat ek hul meer betaal het as wat die norm was, hul het verlof en kersbonus gekry ook. Toe besluit die anc die mense moet jou hele salaris kry. Toe werk dinge net eenvoudig so uit dat Homer verplaas word, ons getrek het en ek nie weer n huishulp indiens geneem het nie. As ek iemand nodig kry, neem ek n dagloner in. Sy doen graag inkopies uit my kaste en vrieskas.

6 06 2011
Xena Phoenix

En ‘n dagloner het nie haar eie sleutels om te maak soos wat sy wil nie.

6 06 2011
Selene Phoenix

Goeie more!

Ek het een net een keer ‘n week – grootliks vir stryk werk (ek kan net nie stryk nie) Ek betaal haar X per dag en dek haar taxi geld en sy eet uit die huis uit. Ek moet sê ek vetrou haar redelik, nou nie 100% nie… maar sy het al gehelp, soos bel my met enige iets – slang in die huis, vreemde mense in die kompleks, kyk na ons honde, en uitgehelp toe hulle vergiftig was.

Ek glo sy het haarself al gehelp met waspoeier, maar het dit lanklaas opgetel dat iets minder is.

My ma se ex bediende het met swart sakke vol goed by die erf uitgeloop (cctv het dit afgeneem) So my ma weet nou nie wat sy gevat het nie, as iets weg is neem ons aan dit was in daai swart sakke! 👿

6 06 2011
Xena Phoenix

Jy het seker net gewoond geraak aan die hoeveelheid waspoeier vir julle twe saam. 🙂

Sakke vol is darem arrogant. Deel met ‘n pakkie vleis hier en daar is een ding.

6 06 2011
Twilight

Nee wat, ek is nou klaar met huishulpe! My sieleheil is belangriker as om die skoonste huis (En ironies genoeg is die huis skoner as ek dit self doen) te hê. Steel, halwe werk en struwelinge met die kinders (wat lui word omdat iemand heeltyd agter hulle optel) het my oortuig dis nie die moeite werd nie.

6 06 2011
Xena Phoenix

Jis, ja. Daar is geen prys op jou siel nie. Ek verpes dit om agter myself op te tel, maar nou ja. Die lesser of two evils.

6 06 2011
sisi dudu

sos djulle hdt baja vleis by die diep vries, hoekom die ausie kan nie vat hom 1 pakkie nie? baja die swart tjend hy eet vleis by kriesmas. ane tjend sy eet vleis fest time sos dai tjend gaan werk.

6 06 2011
Xena Phoenix

Dudu

Weet jy, ek kry regtig mense met die minimum loon uit my hart uit jammer. Gaan kyk ‘n bietjie vleis- en groente pryse. Goed wat kinders nodig het om gesond te kan groot word. Hulle kap jou maklik R60 / kg vir kookvleis. ‘n Sakkie boontjies kos maklik R12. Hoe de hel kan iemand met ‘n minimumloon dit bekostig.

Goed en wel, niks keer hulle om tuin te maak nie. Dit sit nog nie vleis in die potte nie.

6 06 2011
Gerda. J

dis sad sisi dudu. maar is dit ook ons skuld?

6 06 2011
Sonlig

Ek sit ook met my hand in my hare! Ek het ‘n voltydse huishulp, maar hoop om binnekort van haar ontslae te raak wanneer ons trek. My kinders is nie meer so klein nie en ek het haar dus regtig nie meer nodig nie. Ek glo nie sy het haarself al ooit aan iets gehelp nie, maar haar performance het regtig agteruitgegaan die laaste jaar. Sy is lief om my goed te breek en dan daaroor stil te bly. Alles wat gebreek het is dan die kinders se skuld. ELKE Maandag is die bus ook laat.

Wat my die meeste grief is dat sy geregtig is op ‘n 8% verpligte jaarlikse verhoging. Hier by my werk…moet jy jou verhoging VERDIEN – dit kom nie sommer ma net nie.

6 06 2011
Xena Phoenix

Jy gaan haar waarskynlik 3 maande se salaris moet betaal.

Dit is moeilik deesdae om ‘n werkgewer te wees. Jy moet hoes of dit geregverdig is of nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: