Kom ons noem dit inkopies

2 06 2011

Ek dink dit word gebruiksartikels genoem.  ‘n Verskeidenheid van goed wat van tyd tot tyd gebruik word.  Die meerderheid daarvan het nie nare gewoonte om op te raak en weer aangekoop te moet word.  Dit staan in die algemeen bekend as inkopies.  ‘n Aktiwiteit wat volgens die HAT ‘n handeling waarmee ‘n betreklike klein artikel gekoop word.  Duidelik doen die samestellers van die HAT nie inkopies nie.  Ek meen, kleingoedjies het ‘n manier om baie te raak.  Hoe meer hulle aanteel, hoe groter raak hulle volume, gewig en kostes.  Beslis nie iets wat jy klein kan noem nie.

Ongeag wat die HAT dit noem, is dit iets wat die meeste huishoudings van tyd tot tyd moet doen.  Die algemene manier is om in jou kar te klim en soos benodig (hetsy een keer ‘n maand, week of dag) na die supermark van jou keuse te ry.  Daar kies jy wat jy benodig, bekostig of sommer net wil hê van die rakke af en gaan meld dan by die kassier aan om daarvoor te betaal.  Jy gaan pak dit dan in jou kaste, tot iets weer voorbarig genoeg is om klaar te word.  Soms het jy nie eers geweet dat jy ooit Artikel X gaan nodig kry nie, tot ‘n sekere insident die nodigheid onder jou aandag bring.  Dit is nou natuurlik as jy vooraf geweet het Artikel X bestaan.

Dit is alles goed en wel – veral as jy oud, getroud met ‘n paar snotneuse van jou eie is.  Voor dit is daar so ‘n tussenin tyd.  ‘n Tyd wat jy nie regtig meer onafhanklik is nie, maar ook ‘n tyd waar jy nie vir vreeslik baie verantwoordelikheid hoef te neem nie.  Die tyd wat jy twee slaapkamers het.  Twee kaste en twee posaddresse.  Moontlik ook twee stelle huissleutels.  Die mens in die groep doen so ‘n bietjie anders inkopies.

Dit werk basies so.  Jy gaan kuier in jou ouerhuis.  In die verloop van die kuier krap jy nou maar ‘n bietjie hier en daar.  Dit is mos nog jou huis.  Alles wat lyk asof daar ‘n bietjie ekstra is wat jy nie in jou ander huis het nie, land in jou sak.  Dit werk baie dieselfde as met jou plaaslike supermark, maar net baie goedkoper met ‘n meer beperkte keuse.  As jy nou regtig ordentlik wil wees vra jy voordat jy vat.  Net ‘n formaliteit.

Sien?  Maklik – jy gaan koop net die goed wat jy nie in jou ma se kaste gekry het nie.  Natuurlik is ek een van die niksnutse wat so inkopies doen.  Sommer terwyl my wasgoed gewas en gestryk word.

Doen jy dit of het jy kinders wat presies dieselfde doen?  Tot wanneer kan ‘n mens daarmee wegkom?  Is dit parrisitisme, opportunisme of sommer net te verwagte?

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wie het die manlike hofrol gespeel in “Failure to Launch”?

Breinlosbrand:  Selene was reg met die vel.


Aksies

Information

7 responses

2 06 2011
Olga

eerste!
Ga, mens, ek het sommer 4 kinders wie so inkopies uit my kaste doen. Ek sien gewoonlik eers wanneer ek iets nodig het en dis nie meer daar nie. Ek moet egter toegee, hul kom darem nie altyd met lee hande huis toe nie.

3 06 2011
Xena Phoenix

LOL

Ooit lus geraak om rekeninge uit te stuur?

3 06 2011
leonvonmoltke

FMCG (fast moving consumer goods) – ek het daai tyd bietjie gemis, as jy in Stellies is en jou ma op ‘n plaas anderkant Grootfontein, dan kry mens nie veel kans vir sulke inkopies nie 😉

3 06 2011
Xena Phoenix

Hi Leon

Was jy nie ‘n paar keer ‘n jaar huistoe gewees nie? Mens kan dan goed opstock. 😆

3 06 2011
Gerda. J

dit moet great wees om uit jou ouers, suster, broer of ouma se kas inkopies te doen.

3 06 2011
Xena Phoenix

Kan ‘n mens dit met jou ouma doen? 😯

5 06 2011
klippie

Ek is seker my dogter sal graag haar kinders so laat inkopies doen het, maar hulle is net te ver. In die verlede het sy kruideniersware laat aflewer, want sy weet mos hoe lyk ‘n jong mens se kas. Nou laat sy af en toe bietjie SA wyn in die buiteland vir hulle aflewer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: