Hardlywigheid iets van die verlede

1 06 2011

Daar is niemand wat net sleg is nie.  Selfs van die duiwel kan daar iets goeds gesê word.  Hy is baie dinge, maar daar is nie een lui haar op sy kop nie.  Kyk net hoe mildelik saai hy versoekings.  Van ons liewe regering kan ons ook ‘n goeie woordjie of twee sê.  Kyk, hulle het hardlywigheid onder Suid-Afrikaners nek omgedraai.  Elke keer as die regering of die ANC hulle monde oopmaak, wil elke redelike mens in hulle broeke bollie!

Vandag was een van daardie dae wat ek weer gevoel het ek het diarree.  Wat praat ek, ek het gewonder of die koerant met ‘n skoot Cholera kom.  Mens was nie seker of jy wil kots of poef nie.  Al wat soos ‘n paal bo water uitstaan is dat wanneer ‘n mens so ontlas, jy baie vloeistowwe moet inneem om seker te maak jy oorleef.  Klink vir my reg, geen mens kan sonder drank sin van die regering maak nie.  Sterk drank en baie daarvan.

Ek moes toilet toe hol toe ek lees van die provinsie wat lisensie gelde met 40% gaan opsit.  Siende dat die inflasie koers van 2010 omtrent 4.2 % was, het hulle dit amper 10 keer inflasie opgestoot?  Dit is omtrent met hoeveel my bloeddruk gestyg is.  Ons praat nie eers van tolgeld nie.  Tolgeld wat glo oor die hele land uitgebrei gaan word.  Hulle gaan self die Gautreinfooie opstoot.  Blykbaar net met iets soos 5 %, maar dit alles maak nogal ‘n vet bedrag.  Ek praat dan nog nie eers van elektrisiteit nie.

Die gans kan nie meer goue eiers lê nie, maar met die regte bestuur kan al die uitwerpsels van die ganse Suid-Afrika leiers in bio-brandstof maak.

Ek weet,  ek is geldgierig, maar onthou ek het nie ‘n onuitputbare staatskas wat ek met belaglike heffings en verhogings kan vol hou nie.  Dit is egter maar net die begin.

Leonard Chuene se bravade van hoe hy die wêreld gered het, het my weer laat hol.  Volgens hom is hy glo te danke vir die stappe wat in plek gestel is om mense soos Caster Semenya te help.  Ekskuus, het hy haar nie aan die wolwe uitgegooi nie?  Hy is aanspreeklik daarvoor dat sy nie net ‘n uiters vernederende ondersoek moes ondergaan nie, maar ook ten spyte van die bevindinge moes gaan hardloop het.  Daarvoor het hy hom ook wederegtelik uit die ASA se geldkoffers gehelp.

Daar is nog toiletpapier in die kas.  Jy gaan dit nodig kry.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, beplan wetgewing oor die soutinhoud van ons kos.  Dit is nou spesifiek oor die verwerkte kos wat ons kan koop.  Blybaar moet ‘n mens 4 – 6 % sout ‘n dag in neem en Suid-Afrikaners trek by 10 % rond.  As ‘n mens nou nie eers mag eet wat jy wil nie.

Ek kan aangaan.  Daar is regeringshulp vir boere wat deur vloede geraak is, maar dit is net vir opkomende boere beskore.  Die ANC probeer hard die Inligtingswet deur gevoer kry, seker sodat hulle die land se diarree probleem kan oplos en in stilte kan aanjaag soos hulle wil.

Dit is seker genoeg om op ‘n toilet vas te groei.

Breinvasbrand:  Wat is die grootste menslike orgaan?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 5 (die drie kolletjies op hulle voorkop is die ander oë.)

Advertisements

Aksies

Information

14 responses

2 06 2011
J W W

Ja nee kyk, noem my sommer siener van Rensburg – ek kon julle al voor 1994 sê die klomp gaan die eens pragtige vrugbare land opfok ! Kyk net op na die res van afrika en sê my wat maak ons nou juis anders????

👿

2 06 2011
Gerda. J

hoor hoor.

2 06 2011
Gerda. J

dink julle swart afrika (mag hulle nog so genoem word?) se foute kom uit onkunde? wat kwalifiseer hulle om minister van dit, dat of daai te wees?

2 06 2011
Xena Phoenix

Wel, ons sukkel nie met hardlywigheid nie.

2 06 2011
Selene Phoenix

Grootste menslike orgaan – jou vel

Ai tog daars net nie eiende nie… so lank ons almal nie vir daai oop toilette hardloop nie, want dit sal nou vir jou ‘n k@k spul wees!! 😉

2 06 2011
Xena Phoenix

Die ANC sal seker maak dat daar altyd iemand desperaat genoeg vir die oop toilette is. 😉

2 06 2011
Olga

n storie wat al wyer onder swartmense opgedis word is dat as jy met registrasie van jou kar, hernieuwing van jou rybewys ens jou anc lidmaatskapkaart wys, is die verhogings nie op jou van toepassing nie en kry jy boonop afslag. Whoop whoop. Gr8! 4ken gr8 sal ek se.

2 06 2011
Xena Phoenix

Ek verander sommer my van Nkozi toe. Of wag, dalk is dit minder moeite om by die ANC aan te sluit

2 06 2011
Gerda. J

my huishuip se ook so.

2 06 2011
sisi dudu

Djulle maak skinne die anc? auk. bakietie, bakietie.

2 06 2011
Xena Phoenix

Nie skinner nie, die reine waarheid.

2 06 2011
Olga

dis nie skinder nie sisi dudu. Dis reguit, openlik gepraat.
Grieters is egter baie diplomaties. Ek sou openlik gewonder het of iemand met n olirige palm teruggekom het. Soms moet n mens betaling gaan haal.

2 06 2011
Olga

y moderation? Ek het nie gevloek nie.

2 06 2011
Xena Phoenix

Vet weet. WP is mal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: