Ui vs die mens

30 05 2011

‘n Mens kan nog iets eet sonder vleis, jy kan kos eet sonder groente en daar is baie disse wat jy sonder Mrs Balls kan voorstel.  Tog, die oomblik wat potte uitgehaal word, word daar na uie gesoek.  Amper enige iets wat souterig is, word gewoonlik met uie vergesel.  Daar is wel die uitsonderings van allergië en fiemies, maar waar ek vandaan kom is kos nie kos sonder uie nie.

In beginsel het ek niks teen uie nie.  Ek eet dit sonder ‘n om te kla of dit nou sigbaar, grof, fyn, rou of gaar is.  Wat my wel grief is om dit te verwerk.  Die skil van een ui kan nog gaan.  Die opkerf of rasper daarvan is ‘n ander storie.  Ek is in snot en trane as ek dit net sorteer.  Nie ‘n aangename prentjie waar ‘n mens met kos werk nie.

Daar is omtrent vir elke dis wat uie benodig ‘n raad hoe om traan oë te vermy.  Blybaar brand dit nie jou oë as jy dit onder water skil nie.  Baie mense sweer dood dat as jy brille dra, die ui jou nie kan looi nie.  ‘n Ui wat in die vrieskas rus, wek glo nie trane nie.  ‘n Stuk brood in jou mond, sorg dat die waterwerke afbly.  Die nuutste een is glo dat jou oë nie kan brand as jy kougom kou nie.

Ek het lank gelede al moed opgegee met al die wenke.  In ‘n era van genetiese manipulasie, hoekom het niemand al ‘n ui so bewerk dat dit nie meer tande het nie?  Dit is teen my menseregte om so te ly as gevolg van ‘n plant.  Hoekom brand dit nie ‘n mens se oë as jy dit rou op ‘n broodjie of in ‘n slaai kry nie?

Hoe beskerm jy jouself as jy met uie werk?  Het uie jou al ooit in ‘n verleentheid gebring?  Wat is jou gunsteling uie verwerking?

Breinvasbrand:  Wat word saam met uie as ‘n drie eenheid gesien in Cajun Kookkuns?

Breinlosbrand:  Selene was reg dat dit dieselfde skrywer gehad het.  Olga was reg met Stella Blakemore.


Aksies

Information

6 responses

30 05 2011
Olga

eerste!

30 05 2011
Olga

ek kan my nie kos sonder uie voorstel nie. Hoe meer, hoe beter. In elk geval, cajun speserye is uie, seldery en rissie.

30 05 2011
seegogga

AS ‘N MENS KONTAKLENSE DRA, BRAND UIE NIE JOU OE NIE-SOWAAR! ‘N pLUIMPIE VIR DIE KONTAKLENSE EN DEEL VAN BRILSIELKUNDE . BRILLE LAAT WEL OE BRAND, BEHALWE NOU DUIKBRILLE. AS JY DUS NIE KONTAKLENSE HET NIE- SIT ‘N DUIKBRIL OP, DIT WERK!

31 05 2011
J W W

Oe ek is mal oor uie, rou, gaar, gebraai, in alles self saam met my icecream !

Maar ek dink nie daar is iets wat mens juis kan doen teen die oe brand nie, al daai rate werk net mooi boggerall ! Ek suffer maar die skil en tjank ter wille van my liefde vir alles met uie ! 😛

31 05 2011
Dion

Daar moet maar altyd uie in my kombuis wees. Ek vind dat dit help om deur jou mond asem te haal m.a.w. nie deur jou neus nie, en moet ook nie reg bo-oor die uie staan en werk nie. Skil hulle so effe voor jou, dan tref die walms nie so erg nie.

31 05 2011
Xena Phoenix

Ek kan net aan een versekerde manier dink om te keer dat ‘n ui jou oë brand. Kry iemand anders om dit te doen en bly ver weg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: