In 1905 het Eugene N. Marais ‘n gedig geskryf wat bewys het dat Afrikaans meer waarde as net ‘n kombuistaal het. ‘n Gedig wat Afrikaans basies as ‘n taal gevestig het. Dit was ‘n besonderse gedig. Tot op hede kon niemand ‘n hoëveldse winter beter beskryf het nie. Mens kan tog nie op die beste verbeter nie.
O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
le die velde in sterlig en skade
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk’ grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!
doen soveel vir my afrikanersiel.
Steeds die beste, ne. Dankie.