Hart Omgedop

26 05 2011

Een verseker manier om nie ‘n bloedneus te kry nie, is om jou neus in jou eie besigheid te hou.  Nogtans is geen mens ‘n eiland nie en elkeen behoort seker ‘n poging aan te wend om die wêreld ‘n beter plek te maak.  Die vraag is hoe?  Daar is soveel sake vir ‘n goeie doel, dat dit onmoontlik is om met alles betrokke te raak.  Nie juis dat dit nodig is nie.  Elkeen van ons het mos maar ons belangstellings en goed wat tot ons spreek.  Om by een of twee van die sake betrokke te raak, is seker meer as genoeg.

Dit het egter mode geword om jou saak te adverteer.  Jare terug het mense balkies gedra om te wys tot watter organisasies hulle behoort.  Goed, jy hoef nie noodwendig aan ‘n organisasie te behoort as jy simpatie met hulle missie het nie.  ‘n Ander gewilde metode is om op wat jou hart lê op jou vel te sit.  So sal mense hulle geliefdes se name op hulle self tatoëer of hulle waardes en liefdes op een of ander manier op hulle self in ink.  Solank jy nog in jou vel is, sal almal kan sien waarvoor jy gestaan het.

T-hempe is ‘n minder drastiese manier om jou hart mee om te dop.  Bekers, almanakke en sleutelhouers is ‘n manier om ‘n geldjie vir saak te win en is darem bruikbaar ook.  Bufferplakkers lyk deesdae nie meer te vars nie, maar met Gauteng verkeer sal dit verseker gelees word.  Daar is ook die strikkies van verskeie klere, wat veral gebruik word om die verskillende bewusmakingdae te vier.  Dink aan die wit strikkie om bewustheid teen kindermishandeling, ‘n swart strik teen misdaad, pienk vir borskanker en rooi vir VIGS.  Jy kan maar lint van elke kleur koop, daar is iewers ‘n dag wat daarmee baat sal vind.

My persoonlike gunsteling saak-maak-gebaar is gewrigsbandjies.  Jare terug het ‘n mens die WWJD bandjies gewees, maar dit het nie juis lank gehou nie.  Toe kom Lance Armstrong met sy helder geel bandjies.  Kort voor lank was daar ‘n bandjie vir alles gewees, daar is deesdae tot ‘n grys bandjie teen uitwissing van renosters.  Dit is prettig en maklik, jy hoef dit nie vir elke bakatel af te haal nie. 

Ons kan natuurlik vra hoekom dit vir ons belangrik is om die goed te adverteer?  Waarvan die hart mos vol is, loop die mond mos oor.  Is dit net ‘n manier vir die individue om uiting te gee, sonder om almal te verveel?  Is dit ‘n advertensie vir iets waarvoor jy omgee?  Help dit die omgee saak enigsins?

Breinvasbrand:  Wat is die woorde wat op die Lance Armstrong Bandjies gekry word?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met afval (hart en lewer).  Die pastei is eindelik umble pie, maar dit klink humble en is humble – dus het dit humble pie geword.

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

26 05 2011
Olga

Eerste!!!!
Livestrong?????
Ai, ek moet dan ‘m bandjie laat maak wat sê: “Vodacom se moer.”

27 05 2011
Gerda. J

mense hou van onder mekaar praat maar waneer dit crunchtyd is trek hulle baadjies oor die t hemde aan en verdwyn stil stil.

27 05 2011
demoerin

Ek weet nie of dit die saak help nie, nie tensy jy weet dat die geldjie (of deel daarvan) wat jy vir die bandjie of t-hemp betaal het wel aangewend is vir die saak nie. Gaan loer by BB oor haar SHOUT post.

27 05 2011
Twilight

Ek hou nie daarvan om iets te adverteer nie – hoe verdienstelik ook al.

27 05 2011
Olga

ek probeer steeds agter die kapvan die byl kom met die jeug se liefde vir klere wat levis, jeep, volcom, quicksilver ens skree.

27 05 2011
Selene Phoenix

Ek het as kind a WWJD armbandtjie gehad, maar nog nie een van die nuwe rubber bandtjies nie… sal ‘n renoster een koop (ek dra baie grys klere) maar net as daai geld regtig vir die renosters gaan!

27 05 2011
Seekat

Die bandjie iedee het iets met Amerika se wetgewing uit tewaai nou verkoop hulle die goed hier ook maar dit is nie nodig nie jy kan maar net die geld vat sonder om iets te gee. Ek praat nou nie as n ingeligde persoon nie maar ek dink om n nie winsgewende organisasie te bedryf in Amerika (iets met belasting of so iets) moet jy iets gee anders betaal jy belasting ek weet nie presies nie maar dit kom daar op neer dat dit is goed om iets vir die donasie te gee anders is daar moeilikheid vir jou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: