Winter Oorlewing

25 05 2011

Die waarskuwing is uitgereik:  Gauteng behoort vanaand te bibber.  Mag dalk nie die eerste keer vir 2011 wees nie, maar dalk die intenste op datum.  Ek glo altyd dat die tweede deel van Winter (of Somer) gewoonlik die ergste is.  Ironies genoeg, die deel na die kortste dag en langste nag.

Ek neem aan almal het hulle kombersies, warm klere uitgepak en wens nou dat hulle kan hiberneer.  Vandag wil ek hoor wat het julle nodig om die winter te oorleef?  Oorleef is dalk ‘n bietjie dramaties.  Kom ons vra eerder wat word benodig om die winter met so min skete en pyne deur te kom.  Hoe maak julle winter ‘n tyd om na uit te sien?

Ek weet dat winter nie verkoues en griep veroorsaak nie.  Dit word veroorsaak met virusse en daar is 200 stories hoekom mens meer vatbaar is in die wintermaande.  Wat ook al, punt is dat ‘n dik kop, seer keel en snot neus gewoonlik in die winter kom besoek aflê.  Jy kan dit aanvaar of hoop om die jaar te wen.  Mens moet verkieslik voor die winter jou griep inspuiting kry en jouself dan probeer troos met vitamien C.

Koud kry is nie vir my lekker nie, hoewel koud kry self nie skadelik is nie.  Daar word blykbaar meer kilojoules verbrand as jy sit en bewe.  Klank aanlokkend, maar nie so aanlokkend as om warm en snoesig te wees nie.  ‘n Lekker warm baadjie is ‘n moet.  Ek haat dit as my tone koud kry, dus sal ek aan die begin van die winter ‘n paar stewels of twee koop.  Stewels smeek vir sokkies, anders sal jou voete stink.  Kry dan sommer ook ‘n pantoffeltjies en hoop iemand brei vir jou ‘n paar bedsokkies.  ‘n Kat of ‘n hond op die bed help ook om jou voete warm te hou.

Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar my hande en voete droog meer uit in die winter.  Kanferroom of Zambuksalf is ‘n moet.  Noudat ek daaraan dink, as die virusse jou vang, gaan jy Vicks ook nodig hê.  Net vir huislike gebruik en moet verkieslik elke oggend afgewas word.

Mens is soveel luier om in die winter te gaan rondloop, vermaak by die huis is dus ook ‘n moet.  Rekenaars en DVD’s is goed, maar niks wen ‘n lekker boek in ‘n warm bad nie.

Laastens, vet mense kry minder koud.  Lekker winterkos is dus ‘n moet.  Ek dink aan souskluitjies, beestert, bredies, gebakte poedings ens.  Jy kan natuurlik alles met sjerrie afsluk, maar dit is nie ‘n goeie idee in die oggend nie.  Dit gaan nou nie help om op ‘n kafeien deur die dak te stoot kry.  Kry dus ook maar Warm Sjokolade, Milo, Horlics of sommer al 3.

Wat is jou wintersraad?

Breinvasbrand:  In watter halfrond bly die Eskimo’s?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Angie Motshekga.


Aksies

Information

20 responses

25 05 2011
Gerda. J

hond of n kat op jou bed? wat van n man in jou bed?

25 05 2011
Xena Phoenix

Gaan nie my voete warm maak nie.

25 05 2011
Gerda. J

as kanada op die noordpool is dan woon eskimos op die noordpool. is eskimos n indianestam?

25 05 2011
Klip

Die koue front gaan seker weer die geboorte syfer opstoot in 2012

25 05 2011
Klip

Ek is mal oor die hoeveld in die winter , die ryp in die oggende , en die lekker sonnige winters dae, as dit bwolk en koud is dan is n lekker warm bed die ding.

Ek het nog nooit in my lewe op n warm kombers geslaap nie.

25 05 2011
Xena Phoenix

Jy bly nie dalk in ‘n yshut iewerste nie? Waar het jy nogal jou naam in die sneeu gepiepie?

25 05 2011
Klip

Het darem as kind die geleentheid gehad om n gaaitjie in die sneeu te pie-pie

25 05 2011
Selene Phoenix

Ek is nou nie juis ‘n winters mens nie… maar hou van die serpe, bootse ens in die winter!

Somer is makliker, jean mooi hemp en plakkies! Dis ek daai… Winter is soveel moeite en ek weet nooit wat om aan te trek nie!

25 05 2011
Xena Phoenix

😆 Ek kry rede om te kerm in elke seison. Ondankbaar – ekke.

25 05 2011
leonvonmoltke

Ek is ook nie juis ‘n eskimo nie. Ek het laasweek heerlike skaapskenkels gemaak.

25 05 2011
Xena Phoenix

Ja!! Dit is mos nou Winterskos. Hoop jy het ‘n lekker rooiwyntjie ook gehad.

25 05 2011
Seekat

Baie Brandewyn met n vollyf vrou wat baie vashou plek het dan saam met dit n gaansveerkombers en n sagtebed wat jou geen kaans gee om weg van mekaar te le jy rol outomaties na mekaar dit maak lang winter nagte kort.

25 05 2011
Xena Phoenix

Sien jy dink soos Klip. Geen wonder so baie mense woord in die eerste kwartaal gebore nie.

25 05 2011
BB

Ek isse wintergirl – dus het ek nie eintlik raad nie. Ek love die warm aantrek-sop-goulash-Glühwein-cuddle-effek. Ek glo in koue water terapie ook. Somer & winter – die laaste 30 sekondes + onder die stort word die warm kraan heeltemal toegedraai en brrrrrrrrrr……. maar as jy daar uitklim en jy’s goed afgedroog, kry jy nie meer koud nie. Dis goed vir die spiere en vir die bloedsomloop, die hart en die liggaam oor die algemeen. En dis uiters ekstreme selfdissipline – maar beslis nie ‘n straf nie. Dit gee my uiterste genoegdoening op ‘n weird manier 😕 is ekke mal Dr X??? 🙄
ehhhhhhmmm ok, moving on swiftly…

25 05 2011
Xena Phoenix

Klink nie vir my normaal nie, maar ek kan in sien dat jy na die koue nogal lekker warm kan kry. Ek vat maar eerder my kanse sonder die koue water. 😉 Selfdissipline is juis nie my sterk punt nie. Lyding ook nie.

25 05 2011
Olga

winter, beurtkrag en ons het beurtsein. Ek gaan iets oorkom. Ek is nie winter of somer mens nie. Ek verkies die tussenin tye. Maar leke dik sop, warm kakao met smeltende marshmallows, geurige DUN pannekoek met die suiker heeltemal gesmelt, druppend as jy dit oplig, n warm-uit-die-oond chelsea bun en geurige bredies met bleek bo, sous deurtrek onder kluitjies, pas net soveel beter by winter.

25 05 2011
Xena Phoenix

Dit is vir my ook interessant dat hoe kouer die temperatuur, hoe meer sukkel tegnologie. Die Ironie is dat hulle van bo die ewenaar kom en dus mos gewoond moet wees aan bibber.

25 05 2011
Olga

o, ja, ek doen nie die duvet of kombers voor die tv ding nie. Ook nie tv kyk in die slaapkamer nie.

25 05 2011
Son

Ek is klaar gatvol vir die winter en hy het nog nie eers begin nie! Blegh!

25 05 2011
Xena Phoenix

Ek stel hibernasie voor. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: