So bly ons nederig

25 05 2011

Iemand het my eendag vertel dat hulle masjiene hulle nederig hou.  Die masjien het male sonder tal net doodeenvoudig geweier om te werk soos moet dit moes.  Die man kon dan doen wat hy wou, op sy kop staan en Jan Pierrewiet deur sy anus fluit, dit sou nie gewerk het nie.  Hulle was dan genoodsaak om op hulle knieë voor die masjien te staan.  Soms het dit gewerk en soms nie.  Maar een ding was gewis:  daardie masjiene het hulle nederig gehou. 

Ek moet dalk noem dat (as ek reg kan onthou) die gebeure in die 80’s afgespeel het.  ‘n Tyd waarin Suid-Afrika nie die nuutste speelgoed kan koop het soos dit hulle gepas het nie.  Nie dat die ooms van die tyd hulle laat vermaak nie, hulle het net doodeenvoudig self die nuutste wonder gebou.  Wat gewoonlik heel goed gewerk het, maar daar was ook soms gesukkel. 

Sanksies is al lankal iets van die verlede.  As ons wil eerlik wees, moet ons erken dat ons met die jare saam arrogant geword het.  Niks is buite ons bereik nie en ons dink nie daaraan dat ons feilbaar is nie.  Met die regte hulpbronne, die nodige kennis en ‘n bietjie geluk kan enige iets bereik word.  Hoekom dan nie?  Enige inligting waarna jy tog kan smag is beskikbaar op enige tyd en enige plek.  Al wat jy hoef te doen is om dit reg aan te wend. 

Waaroor moet ‘n mens dan nou ook nederig wees?  Dit is dalk die fout wat ons maak, een wat een of ander duistere mag gereeld ons neuse deurvryf.  Ons word nog gereeld aan ons eie onmag herinner – in my geval is dit wanneer die internet nie so maklik beskikbaar is nie.  Waar die ooms in die verlede nog hier en daar aan iets kon karring of skop, sit ons met ons hande in ons hare.  As dit nie werk nie, werk dit nie.  Jy kan niks meer doen as om seker te maak dat alles wat moes in, in is nie. 

Miskien is die internet daar om ons geduld te leer.  Geen vinnige oplossing nie, niemand wie se fortuin jy kan vertel nie, niks wat geskop kan word nie.  Jy moet maar net weer probeer – en weer en weer en weer.  Tot jy miskien jou doelwit bereik.  Die les sluit dalk volharding in.  Dit is baie makliker om jou doelwit te verander as om deur te druk met wat jy oorspronklik beplan het. 

Dus, Groot Internet Vermaker, ek kry die boodskap.  Kan ek nou betroubare, vinnige, altyd werkende internet kry?

Hoe hou julle die Groot Internet Vermaker gelukkig?  Kan ‘n mens dit iets voer, iets offer of ‘n produk aanskaf wat jou nooit in die steek laat nie?  Is dit dalk net n verlore geveg en moet ek net leer om op my tande te byt?

Breinvasbrand:  Wat is die bestandele van “Humble Pie” (letterlik)?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met Noord.


Aksies

Information

5 responses

26 05 2011
leonvonmoltke

Ek verswets maar vir Vodacom, nie dat dit eintlik help nie 😉

26 05 2011
demoerin

Meestal afval.
Yik.

26 05 2011
Gerda. J

dit sal in ons omgewing bliss wees as net die internet staak. gewoonlik werk niks. as vodacom af is dan is hul gebruikers geskroef want dan is telkom ook af. en dit gebeur so gereeld soos klokslag.

26 05 2011
Olga

internet is 1 ding. Ons het vir byna 36 ure niks gehad nie. Behalwe vir omtrent n halfuur gstermiddag. Ek is nou regtig gatvol, nie nederig nie.

28 05 2011
seegogga

Ai, waare gaan die wereld heen? onthou julle die dae voor TV?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: