Ras Sensitiwiteit

23 05 2011

Die ANC gaan my nog wragtig ‘n voorstaander van ongeletterheid maak.  Nie juis dat dit seker sal help nie.  Al kan ek nie hulle bogstories lees nie, kan ek nog hoor en sien.  Deesdae wanneer hulle ookal hulle monde oopmaak, styg my bloeddruk.  En al belowe hulle om Nasionale Gesondheids Versekering vir almal te gee, weet ek dat ek beslis heel agter gaan staan om bloeddruk medisyne te kry.

Die nuutste is Gwede Mantashe wat reken dat blankes te sensitief is oor ras.  Verskoon my?  Hierdie is weer ‘n sprekende voorbeeld van wys ‘n vinger na iemand en drie wys terug.  Reg oor die wêreld het die swartes probleme, is almal teen hulle en het hulle glo nie ‘n regverdige kans nie.  Almal staar hulle glo vas aan ‘n velkleur.  Wie is nou sensitief?

Ek het nog nooit ‘n blanke teëgekom wat aanstoot neem as hulle wit genoem word nie.  Hulle voel nie in die gesig gevat as hulle Boere genoem word nie.  Ons aanvaar selfs as ons Dutchmen genoem word, al was ons nie almal voor die voet Hollanders nie.  In ‘n mate word die name met trots genaam.

As jy egter net verwys na ‘n swarte se vel, dan is jy in die moeilikheid, behalwe nou as iemand as gevolg van ‘n swart vel bevoordeel kan word.  Jy sal met jou agterent in die tronk land as jy hulle enige naam toe dig.  ‘n K word is deesdae baie krasser as enige benaming na ‘n geslagsdeel.  Eerlik, die meeste mense respekteer dit en skram weg van die k-woord.  Bewaar jou siel as jy ‘n lied sing wat enigsins negatief teenoor die swart bevolking is. 

Al is die getalle duidelik (jammer dat ras nie eers as persentasie per bevolking uitgedruk word), mag jy nooit as te nimmer skimp dat alle misdadigers swart is nie.  Let wel, ek praat nie eers daarvan om te verwys daarna dat alle swartes misdadigers is nie.  As jy oorlog soek, waag dit om iets te sê soos dat alle swartes doodgemaak moet word. 

Dink aan Annelie Botes wat, nadat sy erken het sy is bang vir swart mense, van haar wel verdiende boekprys ontneem is.  Dit was seker nie sensitief nie.  Net soos dit nie sensitief was toe Hofmeyr die naweek uitgejou was oor sy k-woord liedjie terwyl hy ‘n SAMA gewen het vir beste album.   

Net vir die blote rede dat blankes moet begin om vir selfbehoud op te staan, is ons skielik te sensitief oor ras.  Dubbel standaarde as jy my vra.  Een stel reëls behoort tog vir almal te geld.  As dit sonde is om na iemand se ras te verwys, behoort dit vir alle rasse te geld.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wie is die voorsitter van die ANC Vroueliga?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Kit de Luca.

Advertisements

Aksies

Information

11 responses

23 05 2011
Gerda. J

winnie mandela. whoowhee, ek is EERSTE?

23 05 2011
Gerda. J

wel hulle beter dan maar hulle vanne verander. wereldwyd se^ zuma, nkozi, cele SWART MENS.

24 05 2011
J W W

Wel, as mens kyk na afrika en kyk na europa, wat sien jy? hmmm? Nou, as hulle maar slegs ‘n ander velkleur het en presies dieselfde is as ons, hoekom is afrika so faktap?

24 05 2011
demoerin

😆 Snaaks genoeg kan ek nie help om te lag as jy daaraan dink dat ons ekonomies eintlik nou beter af is as Europa en Amerika.

24 05 2011
Olga

more, more.
Die grootste bewys dat die anc die skuldige party aan rasse haat is, is bbbee. En wie het dit begin? Mandela homself. Toe noem hy die regstellende aksie.
Dis soveel erger as rasse sensitititeit wat hul op wit mense afdruk. En . . . . Dis duidelik vir al die wereld om te sien.

24 05 2011
demoerin

Angie Motshekga.
Ek probeer my ore toedruk as een van daai donkergroen mense deesdae hulle monde oopmaak, want om te luister is net sleg vir my gesondheid…. All animals are equal, but some are more equal than others…

24 05 2011
Olga

as daar nou n slim spreker is wie n raap in sy smoel verdien, is dit wragtig bheki cele. Sy geleerdheid is duidelik in elke aanval van verbale diarree in die media. So mede tuiniers, laat ons bgin kweek aan dari raap. (hoe de 4k het hy aan die hoof van die polisie gekom?)

24 05 2011
Xena Phoenix

Die enigste twee ANC lede wat dalk ‘n nog varkies oor het, is Matthew Phoza en Kgalema Motlanthe. Dalk ook nog Trevor Manual, as sy mond nie nou finaal gesnoer is nie.

24 05 2011
Seekat

Die swarte se kultuur is maar net anders as die van witmense maar dit maak hulle nie minder mens nie. Hulle soek ook maar net geluk onder die son. Die probleem is nie die swartmense nie maar die politisie hulle skep n probleem wat nie bestaan nie en dan gee hulle die sogenaamde oplossing van die probleem. So al hoe hulle in bewind kan bly is deur die probleem so lank as moontlik daar te hou want dit is tot hulle voordeel en niks anders nie.

24 05 2011
Selene Phoenix

Ek verpes dit dat ons van rasisme aangekla word om elke hoek en draai! Die regering is mos nou al baie jare onder die ANC se mag… so hoekom betaal ons nog vir wat ons voorouers gedoen het?

En as hulle nie iets reg kry nie, is dit ons skuld wat ons is rasisties! Wat my meer die hel in maak is om te sing “Skiet die Boer” WTF??? Malema sing dit en daai jare het hom niks skade aangedoen nie… hy is vandag ‘n ryk laaitjie met baie “mag” so hoekom is hy nadelig beinvloed deur die apartheids jare??

Almal wit, pienk swart en groen is sensitief want dit word daagliks in ons kele afgedruk dat ons die skuldiges is, en daarvoor moet betaal! Al is dit ‘n Zimbabwier wat dit doen en niks met SA uit te waai nie!!

24 05 2011
Olga

wat het ons voorvaders verkeerd gedoen? Grond gekoop teen die prys wat die swart besitter wou he? Die grond benut? Hul het dit mos fair en square gekoop. N mens kan nie verkoop en dan jare tjank tot jy dit wat jy verkoop het terug kry nie. Mense wat kan dink noem dari paktyk bullshit. Verder, die suid afrikaner was deur die engelse verdruk en min bestaanreg gegun. Hulle, die suid afrikaner, die boer, het daaroor uitgestyg en seevier. Ek het nog nooit n boer hoor tjank as hul misluk dat dit die tommie se skuld is nie. Hul mag fluister DONNERSE TOMMIE! Dan sit hul skouer ani wiel en kry die wa deur die drif. Hulle sing nie masjiengeweer of skiet die tommie liedjies nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: