Bestaan Goedkoop Nog?

22 05 2011

Ek is nie seker hoekom die Beatles hiervoor blameer word nie, maar ons kan maar sê dat die laaste dekade of 3 die samelewing meer seksueel geword het.  Van die goed wat voorheen in die naam van goeie sedes gedoen het, was pleinweg belaglik.  Dit is seker ‘n wonder werk dat hulle soveel eeue saam met die mens gekom het.  Dalk tog ook nie, hoe lank het die mens so te sê kaal rond gedraf voordat die dun lagie beskawing opgesit is. 

Klere was seker die begin.  Ek skree natuurlik heel eerste halleluia daaroor.  Ek hou daarvan om asem te haal en rokke is wragtig vir die voëls.  Siende dat ons in Afrika bly, is dit selfmoord om elke stukkie vel te bedek.  Klere moes doodeenvoudig gemakliker, funksioneler en korter geword het.  Die fokus het later geskuif na aantreklikheid en nog later na uitlokkend.  Nie noodwendig iets verkeerd daarmee nie, mens kan mos maar die skepping waardeer.

Dit was egter nie genoeg nie.  Weereens is enige mens met ‘n brein dankbaar dat gereelde huwelike deesdae eerder die uitsondering as die reël is.  Eers was daar baie formeel vlerk gesleep.  Die pa moes in kennis gestel word, voordat die onderwerp van die hofmakery genader is.  Daarna het die meisie darem geweet sy word die hof gemaak en die pa het brommend gewonder wat is die ou se bedoelinge nie.  Die aantal verhoudings het meer en meer geword en die pa het al minder geweet.  Ironies eintlik – in teenstelling met die oppervlakkige verhoudings, het die seksualiteit daarvan toe geneem. 

‘n Eeu terug was ‘n meisie goedkoop as sy haar polse gewys het.  Later was daar geen hoop vir haar as sy haar knieë oop gehad het nie.  Iewers in die verlede was ‘n meisie ‘n slet as sy op haar eerste afspraak gesoen het.  Vandag is dit nie snaaks as die eerste afspraak in die bed opeindig nie.  Klink ek nou na ‘n ou vrou.  Jy het nie eers ‘n verskoning van ‘n afspraak nodig om in die bed te spring nie.  Jy het in der waarheid nie eers ‘n verhouding nodig nie. 

Dit laat my wonder wat die definisie van goedkoop vandag is.  Bestaan daar nog iets soos ‘n los meisie?  Wat bepaal dit?  Kan ‘n mens ook ‘n los man kry?  Wat is vandag se definisie van ordentlik?

Breinvasbrand:  Wat was Vivian in Pretty Woman se kamer maat se naam?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Thomas.


Aksies

Information

10 responses

23 05 2011
Klip

Goeie more !

23 05 2011
Klip

Geen vrou is goedkoop nie .!

23 05 2011
Klip

Daar is darem niks mooier as n mooi vrou wat lelik sit nie !!!

23 05 2011
Gerda. J

n vrou wat met krom hangskouers sit seker nog met haar ken op haar hand kan nie mooi wees nie. 😆

23 05 2011
Klip

Wie het n huwelik nodig as jy “vriende met byvoordele” het ?

23 05 2011
demoerin

Kit de Luca

23 05 2011
demoerin

Ek glo nie klere, of die tekort daaraan, het enigiets met morele waardes te doen nie. Dit gaan oor die persoon, en in kinders se geval, hulle opvoeding.

23 05 2011
Olga

ja, kyk, n vrou wat mooi lyk in uitlokkende klere, is mooi. Ek dink die ‘prys’ word meer deur die houding as deur die klere bepaal.

23 05 2011
Olga

deesdae het hul nie eers meer n bed nodig om ‘bed toe’ te gaan nie. Deesdae is die inding, hoe meer en openbaarder die plekke waar hul ‘gebed’ het. En dit sonder om te date.

23 05 2011
Seekat

Iets wat my opval die laaste tyd is dat die meeste TV sterre veral die jong meisies meer aan die lyf het as n paar jaar terug. Die maar soos n kraai word al minder en word net op die loop planke van die mode wereld gesien. Goeie waardes bestaan nie meer nie. Dit is eerder n geval van soort soek soort jou eie waardes bepaal wat jy in die ander een sal soek anders sal jy iemand anders gaan kies wat by jou pas. As seks voor die huwelik uit is sal jy n maat kry wat die selfde dink soos jy. Die omgekeerde as dit nie vir jou n probleem is nie sal jy weer na so n persoon soek wat die selfde soos jy voel oor die saak en die Kloosterkoek uitlos wat dit nie wil doen nie wel dit is maar dan net weer jou eie waarde want die Kloosterkoek dink dan weer jy si n slet wat nie kan sit sonder om jou bene oop te maak nie. Soos hulle sal se dit is soos rama wat it spread so easy.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: