Moord se Vyand

20 05 2011

In die 80’s en seker ‘n groot gedeelte van die 90’s was stories met privaat speurders nogal baie gewild.  Ek dink nou byvoorbeeld aan “Murder she Wrote”; “Culombo”; “Tropical Heat”; “Magnum PI”; “Remington Steele”; “Hardcastle and MacCormick” om net ‘n paar te noem.  Die ooreenkomste was baie.  Hulle was gewoonlik deur die polisie weggejaag, maar kon die saak baie vinniger as enige polisielid oplos. 

Deesdae is die private speurders nogal in die minderheid.  Daar was uitgevind dat DNA aansienlik vinniger is as enige speurder.  Boonop kan ‘n prokureur nie die DNA goed laat sê wat hulle nooit wou nie.  Dit is dus baie meer betroubaar.  Vandaar ook dat die dapper manne in blou (of swart of privaat klere) met die oom en tannies in wit jasse vervang is.  Almal nog op die staat se rekening, dit is darem nie in die gemiddelde (of selfs baie goeie) lab werker se salaris om ‘n goed toegeruste laboratorium in die motorhuis op te stel nie.  Dalk in Suid-Afrika, nadat hulle alles wat iemand iewers aangekoop het huis toe gedra het.  Met al die chemikalieë.  Nie dat ek sal kla nie, mits hulle vinniger uitslae lewer. 

In die 80’s en 90’s het kinders met speelwapens rondgehardloop en elke denkbeeldige moordenaar aangekeer.  Deesdae is dit mos ondenkbaar om te dink dat ‘n kind die verskil tussen ‘n regte wapen en speel ding gaan ken.  Hardloop hulle deesdae rond met handskoene en ‘n oorpluisies vir die DNA monster? 

Vroeër was boeke soos The Hardy Boys en Nancy Drew verslind gewees.  Self nog op hoërskool, maar darem oud genoeg om te bestuur, het hulle ook links en regs moorde opgelos.  Selfs die gewone boere kinders soos Trompie, Saartjie, Bienkie en Jasper het hier en daar ‘n misdaad opgelos.  Hoe het die polisie ooit sonder hulle klaar gekom?   Die neiging is vandag meer vampiere en towernaars. 

Ek het iewers ‘n punt gehad toe ek met die relaas begin het en dalk sal een van die baasspeurders vir my dit kan ontsyfer.  Ek het dit tussen al die leidrade verloor. 

Moorde het seker altyd die mens gefassineer.   Is dit omdat die mens stilletjies hoop om die held te wees om die mensdom van ‘n moordenaar te red?  Dalk is dit die moordenaar binne ons wat hoop om weg te kom.  ‘n Onopgelosde moord is tog soveel meer opwindind as knap speurwerk.  Dit smeek net vir ‘n beter speurder.

Ek moet egter bieg – ek hou nie van misdaadstories nie.  Ek het natuurlik hier en daar die programme gekyk, maar ek sal nou nie my lewe om die programme beplan nie.  Netso is speurverhale nie hoog op my prioriteitslys nie.  Wie wil in elk geval ‘n speurder word as jy ‘n spioen kan wees?

Wil jy eendag ‘n moord oplos?

Breinvasbrand:  Wat was Magnum se voornaam?

Breinlosbrand: Roland Emmerich

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

20 05 2011
Olga

wat?

20 05 2011
Olga

wragtig.
Eerste.
Thomas.

20 05 2011
Olga

ek dink die early birds se 5c word vandag weggegooi of gemodderpoel.
Ek het n oompie dood aan die hedendaagse twak wat oral uitspring kleintjies kry tot in die (wat?) sesde of sewende geslag. Soos harry blarry potter, twilight, en wie weet wat nog. 4k, waar kan harry nog jonk genoeg wees om sy oeragterklein seun te speel? Het hy nie al met die eerste fliek harde baard gehad nie? Ag, nee, wat, vergas die kinders met werklikheid. Chitty chitty bang was mos geblerrienoeg!

20 05 2011
Skoor

Magnum is sy eerste naam.

P.I. is sy van.

Is ja!

😆

Mail my

20 05 2011
Gerda. J

as ek destyds geweet het wat om met n magnum te doen… het n mens toe al magnum roomys gekry?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: