Min Dae

18 05 2011

Vroeër die jaar het ons gehoor dat 21 Mei blykbaar die weerkoms gaan wees.  Dit nou volgens die drogbeelde van ene Harold Camping en blykbaar is daar baie mense wat hom glo.  Ek het selfs nou die dag verby ‘n reklame bord gery waar dit ook verkondig word.  Daardie goed is soos ek verstaan nie goedkoop nie, maar tog was iemand bereid om om die kostes aan te gaan.  Daar is ook ‘n teorie dat die aarde gaan vergaan op 21 Desember 2012. 

Eerlik?  Die laaste ding waaroor ek my sal bekommer.  Ek sien baie uit na payday op 25 Mei en ek maak al planne vir 2015.  Ek sien geen rede hoekom ek nie 133 jaar oud kan word nie.  Daarmee bedoel ek 133 jaar oud op moeder aarde sonder dat ek my ooit buite haar atmosfeer sal begewe nie.  Ons is wel ‘n einde van die wêreld belowe, maar ek is redelik oortuig dat dit nie ‘n voorspelbare datum sal wees nie. 

Ek het dalk ‘n onregverdige voordeel.  Ek kan ‘n week lank my tong uitsteek as ek op 22 Mei 2011 en 22 Desember nog hier is.  Die mense wat daarin onwrinkbaar glo het nie daardie luukse nie.  Sou hulle wel gelyk hê, wel dan het hulle nog steeds hulle gatte saam met ons gesien.  Hulle sal nie sout in die “ongelowiges” se wonde kan vryf nie. 

Ek het eendag iewers gelees dat NASA nie ‘n waarskuwing sal uitreik as hulle besef die aarde gaan vergaan nie.  Daar was blykbaar in die verlede al ‘n paar vloekskote gewees.  Die pandemonium wat gaan uitbreek, die verwarring en die totale wanhoop gaan glo meer skade as goed doen.  Ek kan nogal die punt van die argument insien.  As jy byvoorbeeld hoor dat die aarde binne ‘n paar uur ‘n geskiedenisles wees, wat kan jy nou eintlik doen?  Dalk bid asof jou lewe daarvan afhang.  Punt is dat ons dalk dink dat ons magtig is, maar eintlik is die mens so weerloos en so uitgelewer aan genade . . .

Vraag is eerder wat sal jy doen as jy weet dat jy nie die verantwoordelikheid van jou dade hoef te dra nie?  Jy kan ‘n Ferrari koop en afskryf sonder dat jy ‘n sent hoef te betaal?  Jy kan mense wat jy nie kan uitstaan nie vertel wat jy van hulle dink.  Jy kan die tyd gebruik om ‘n laaste paar drome te verwesenlik. 

Of gebruik ‘n mens die tyd om reg te maak wat jy verbrou het?  Jou verskonings te vra waar dit nog uitstaande is en om te vergewe wat jy nog nie oor jou hart kon kry nie?  Maak dit enigsins sin as daar oor ure of minute dalk niks sal wees nie?  Spandeer ‘n mens die laaste paar oomblikke net met die wat vir jou saak maak?  Om saam die ewigheid in te gaan?

Wat sal jy doen?  Sal jy verkies om te weet wanneer die aarde vergaan?

Breinvasbrand:  Wie was die regisseur van 2012?

Breinslosbrand:  Westerlike provinsie met 63.

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

18 05 2011
Gerda. J

eerste. ek sal al die mans van my jeug vir wie ek nee gese het gaan opsoek en laat hyg.

18 05 2011
Olga

wha ha ha ha. Sal jy hul darem nog herken? Hul sal hyg, ja, veral as hul lank genoeg hul baliepense probeer intrek.

19 05 2011
Gerda. J

😉 presies!

18 05 2011
Olga

ek wil nie weet nie. Maar dalk probeer regmaak wat ek weet ek verbrou het.

19 05 2011
demoerin

Mens moet maar elke dag so lewe dat dit nie saak maak of jy weet wanneer die einde van die wêreld is nie. Dit kos niks om ‘n goeie, verantwoordelike mens te wees nie.

19 05 2011
Selene Phoenix

Ek wil ook nie weet nie! Dit moet baie scary wees om te weet presies watse dag en hoe laat!

En hoekom bekommerd wees oor die 21ste Dec 2012? Daars nog baie dae tussen in… enige iets kan gebeur, soos ‘n motor ongeluk wat jou lewe vroeer neem!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: