Tone Krul

16 05 2011

Daar is niks verkeerd met lekkerkry nie, mits dit nou nie ten koste van iemand gedoen word nie.  Soos met alles op aarde is daar natuurlik die uitsonderings. 

Ek sal natuurlik baie lekker kry as die DA Soweto wen in Woensdag se verkiesing.  Dit mag dalk ten koste van die ANC wees, maar ek is seker dat dit vir die inwoners ‘n oorwinning sal wees.  Dit is dus nie ten koste van iemand nie.  Ek belowe, die dag wat dit gebeur krul my tone van lekkerte boontoe op om. 

Ek is een van daardie mense wat van die underdog hou.  Waar is daar iets meer opwindends om te sien hoe iemand wat almal afgeskryf het met die trofee wegstap nie.  Dit maak nie saak of dit op die sportveld of in die lewe gebeur het nie.  Dit bly ‘n plesier hoe iemand kan bewys dat hulle onregverdig geonderskat was.   Ek hou nie juis van boksies nie.

Ek hou daarvan as die uitvaagsels van die samelewing op hulle neuse kyk.  Dit laat ‘n mens sommer weer glo dat goed altyd kwaad sal oorwin.  Ek het nou die dag van iemand in ‘n gewapende roof gehoor wat haar ringe in haar mond weggesteek het toe die skurke juwele geëis het.  Dalk gelukkig om daarmee weg te kom, maar sy het die rowers goed op hulle neuse laat kyk.  Al wat my tone nog meer sal laat krul is dat hulle dit moet weet en onmagtig moet wees om enige iets daaromtrent te doen.

Ek hou dalk nie van inkopies nie, maar soms tref die lekkerte van iets wat jy bittergraag wil hê teen ‘n appel en ‘n ei teë te kom.  Ek het byvoorbeeld met een boekuitverkoping Pieternella van die Kaap teen R10 raakgeloop.  Natuurlik het ek ‘n stapel Pieternellas gekoop en glo my – as so ‘n gelukkie my vandag tref doen ek dit weer. 

Daar kan nie genoeg gesê word van die regte lied op die regte oomblik nie.  Dit is seker die naaste wat die lewe aan ‘n musical kan kom.  Heeltemaal toevallig, maar ook so geskik.  ‘n Kind wat uit hulle magie lag.  Die stories van waar diere (die 4 potige soort) op ‘n manier tot mense uitreik.  ‘n Volmaakte toneel of ‘n pragmotor.  Grootdoenerigheid wat voor iemand se oë opgeblaas word.

Dit is eintlik snaaks my tone is nie die heeldag gekrul nie. 

Wat laat julle tone krul van lekkerkry?

Breinvasbrand: Wie se slagspreuk was:  Waar ons graadkry met lekkerkry klaar kry?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1899 – 1902


Aksies

Information

5 responses

16 05 2011
Olga

eerste!!!
Pukke???
‘n Gelukkige kind. ‘n Gelukkige en tevrede oumens. “n Dier wat against the odds goed gevoed en versorg is.
Oe, dit sal ‘n blye dag as die DA die ANC op hulle neuse kan laat kyk. Kaapstad sal al genoeg wees. As hulle egter Soweto, Pta of Jhb kan kry….. Mensdom, ek swyg eerder voordat ek sê wat ek regtig wil. Ek sien darem Madiba en Mbeki spog nog nie met blink Vaseline koppe nie.

17 05 2011
demoerin

Ek is mal daaroor om na oumense se stories te luister. Ek kry ook lekker as die wiel vir iemand gedraai het – Soos die vrou wat een keer heel vermakerig die parkering gesteel het, waarvoor ek gestaan en wag het. Die parkering langs daai een het toe oopgegaan, en raai wat het sy laat val? Haar kaartjie vir die parkering. Daai kaartjie is nou nog in my kar – en haar ongeskiktheid het haar toe R150 uit die sak gejaag vir parkering… ek hou daarvan as die wiel draai, dit los sommer my tone in ‘n permanente krul.

17 05 2011
seegogga

Ek hou ook van die underdog, die lame ducks wat bo uitkom. Hulle se dis ‘n sielkundige probleem. Hierdie is ‘n tonekrul lekker positieswe stukkie skryfwerk

17 05 2011
Sonlig

Ja, ja – nie ten koste van ander nie ek weet!

Maar vergun my die volgende ou prentjie: Wie se tone sal nou nie lekker krul as die hoofnar teen laatmiddag vandag só ‘n verskriklike maagaandoening ontwikkel dat hy môre hééltemal onkapabel om sy kruisie te gaan trek nie?? Hy het genoeg spekkies om hom daardeur te dra…die “vaseline-look” te stawing!

Maggies man! My tone sal soooooooo krul, ek sal met krukke moet loop om my eie kruisie te gaan trek!!!

17 05 2011
Olga

whoopee whoop!
Ek het n ander begeerte vir ie vaseline invaders. Maar dis so onchristelik dat ek maar in stilte begeeq.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: