Die Liewe Bed

12 05 2011

Ek haat huiswerk.  Dit is nie net ‘n ondankbare werk nie, maar dit lyk amper asof dit nooit einde kry nie.  Werk wat nou net afgehandel is, moet binne ‘n dag of twee (as jy gelukkig is) herhaal word.  Ek dink nie daar is enige werksbevrediging in huiswerk nie.

Oor die algemeen is huiswerk dan seker maar soos die Engelse sê “a necessary evil”.  Jy doen dit, omdat jy dit moet doen.  Ek meen, die troon by jou huis behoort die een plek te wees waar jy sonder voorbehoud kan neerplons.  Die een plek wat jy weet veilig is en waar jy met ‘n geruste hart van jou afvalstowwe ontslae kan raak.  Niemand kan tog in ‘n vuil bad skoon kom nie.

Verder is voedselvergiftiging glad nie lekker nie.  Jy moet gereeld jou kanse met kos vat, in jou eie huis kan jy dalkies jou hand oorspeel.  Jy verloor genoeg stukkies vel deur ‘n dag dat jy nie aan gister (of die vorige week) se vel moet vasklou nie.  Papier is nou ook nie so duur dat jy op die TV / Tafel / Watookal boodskappe moet los nie.  Dit kan boonop jou sinusse aanval en dit is nooit lekker nie.  Daar is dus ‘n bietjie logika in.

Wel, tot ‘n mens in die slaapkamer en meer spesifiek die bed kom.  Om een of ander rede word ons van kleintyd af geleer dat jy jou bed moet opmaak.  Hoekom?  Elke keer wat jy vir dit kyk, is daar “bewyse” wat lyk asof dit nooit opgemaak is nie.  Die netheid verdwyn by die deur uit die oomblik wat jy daarop gaan sit.  Ja, ek sit en lê soms op my bed al het ek geen behoefte aan slaap nie.  Elke aand klim jy tog weer in dieselfde beddegoed in en krap dit van vooraf deurmekaar.  Dit gaan nie skoner wees as jy dit opgemaak het het nie.  Hoekom doen ons dit dan aan ons self?

Waarskynlik net omdat dit beter gaan lyk as iemand in jou slaapkamer kom.  Ek wil my amper verstout om te sê dat die meeste mense wat niemand in hulle kamer verwag nie, nie hulle beddens opmaak nie.  Dit is vermorsde energie waarmee jy niks wen en niks voor kan wys nie.  Dit is buitendien so maklik om ‘n deur toe te trek as daar onverwags gaste opdaag.

Maak jy elke liewe dag jou bed op?  Van vooraf, sonder om net die komberse ‘n bietjie reg te trek?  Maak jy dit op ‘n koshuis / army manier op?  Is daar nog mens wat nie van pas lakens gebruik maak nie?  Gebruik net ‘n laken oor jou matras of het jy ‘n tweede laken ook?  Maak jy jou bed op as jy in ‘n hotel of gastehuis oorslaap?

Breinvasbrand:  Rangskik in volgorde van grote:  Koning; Dubbel; Enkel; Koningin.

Breinlosbrand:  Seegogga was reg met Kaap Agulhas.

Advertisements

Aksies

Information

25 responses

12 05 2011
seegogga

jippee, ek ken sowaar weer die antw, dink ek: ENKEL, DUBBEL, KONINGIN, KONING
Maar jy praat so na my hart. Ek maak rof die bed op( trek net bo reg) en frommel my nagklere onder die kussing in ( vir wat moet dit opgevou word, dit kreukel mos in elk geval) en dan is ek juit die kamer uit totr vannaand middernag. Soms vergeet ek omdat manlief lank na my wakkergeword het. Dis nogal ‘n skok om daar in te stap en te sien dat die bed nooit opgemaak was nie.

13 05 2011
Xena Phoenix

Ek kan nie ‘n bed net rofweg opmaak nie. Slaap hopeloos te wild daarvoor.

12 05 2011
J W W

Bed opmaak…. ga is jy nou laf !!! Ek verpes dit, maar dit moet gedoen word soms. !

12 05 2011
Gerda. J

soos wanneer jy gaste verwag? -:)

13 05 2011
Xena Phoenix

Of as ‘n mens die bed skoon oortrek. Jy is al klaar besig, so jy kan maar ‘n behoorlike job doen.

12 05 2011
Olga

ek maak my bed elke dag op. Jul het 3/4 bed uitgelaat.

13 05 2011
Xena Phoenix

😳 Vergeet so iets bestaan.

12 05 2011
Gerda. J

plukkie soms genoeg. en n vryf bo oor om gelyk te maak.

13 05 2011
demoerin

Ek maak elke oggend my bed op vandat ek kan onthou. Dis net iets wat jy doen, en mense wat dit nie doen nie laat my dink dat hulle lui en onnet is.

13 05 2011
Xena Phoenix

Lui en onnet?

Jy laat dit klink of dit ‘n belediging is??? 😯 😉

13 05 2011
demoerin

😆 Persoonlike persepsie, en dit is nie net oor onopgemaakte beddens nie.

13 05 2011
BB

Perception… ek weer voel so oor mense wat skottelgoed in die wasbak laat ophoop 😕 maar ek weet van beter – elke diertjie sy plesiertjie.
Boonop glo ek regtig dat beddegoed bietjie moet ge-air word 😉

13 05 2011
BB

Nee wat! My bed bly onopgemaak tot ek smiddags by die huis kom – ek gooi wel die duvet meesal oor die couch voor die venster – kry bietjie son en bietjie vars lug daar 😉 maar ek gaan slaap beslis nie in ‘n onopgemaakte bed nie – die paslaken maak die onderste deel darem redelik maklik – nou (in die winter) het ek ‘n ‘bersie-laken’ bo-oor – en hy word darem elke middag goed uitgeskud en ‘vars’ / netjies oorgetrek. Dis nie oor dit vir my te veel ‘pt’ is nie – dis seker om’t ewe wanneer jy bed oopmaak? Dis net dat tyd my inhaal en ek nie die small stuff fret vroegoggend nie, so naweke maak ek ‘op’ – sovêr as tot die duvet – hy word by default oor die bank gedrapeer vir sy belugting.

13 05 2011
Xena Phoenix

Ek het eendag gelees dat verveelde vroue skoon huise het. Dit is my verskoning en ek staan daarby. 😉

13 05 2011
demoerin

Bwahahahaha…ok

13 05 2011
Selene Phoenix

Hello julle!

Ek maak nie elke oggend bed op nie… trek net reg, want ek is gewoontlik laat in die oggend! Naweke maak ek meer bed op as in die week. Maar ons bed is ‘n mission!
– Trek matras beskermer reg
– Trek pas laken reg
– Warm kombersie
– Laken
– Duvet
– En dan die oorgooi duvet saam al die kussings!
– En dan al daai blerrie goed af haal om te gaan slaap… nee dankie nie elke dag nie!

Ek maak net Donderdae en soms naweke die bed ordentlik op!

13 05 2011
Xena Phoenix

Tweeling

Staan voor Manlief op sodat hy die bed moet opmaak. Slim, nie waar nie?

13 05 2011
Gogga

Ek sien nie die punt van bed opmaak nie maar as daar mense kom kuier sal ek maar die duvet so bietjie reg trek net ingeval hulle my kamer sien. As ons in ‘n hotel of gastehuis bly trek ek gewoonlik die bed reg want netnou dink hulle ons het op die grond geslaap.

13 05 2011
Xena Phoenix

Ek sal ook die bed in die gastehuis so effens regtrek. Net so effens.

Daar behoort ‘n etiket reël te wees oor mense se slaapkamers. 😉

13 05 2011
Twilight

Ek maak my bed gemiddeld vier keer ‘n dag op. Soggens wanneer ek opstaan en dan met gereelde tussenposes deur die dag wanneer my kroos dit as springmat gebruik het. (Dit help nie ek laat hulle dit doen nie, hoewel ek deur die “motions” gaan, want hulle doen dit soos hulle se alies.) Ons het darem net ‘n paslaken en duvet. Ek het lankal enige ekstra sierkussings en ander goed verban van die bed af. Op die oomblik slaap ek in elk geval in vier beddens ‘n nag. Gaan kruip langs Magnus in om hom aan die slaap te kry, gaan klim dan in ons bed, skuif na die spaarkamer want ons bed is te hard en luister fyn vir wanneer Marco wegloop uit sy bed en in my en Dirk se bed gaan kruip. Dan skuif ek oor na Marco se bed waar ek eintlik WOU wees, want dis die gemaklikste bed in die huis en raak so op ‘n manier aan die slaap. Ek sal ook net bed regtrek wanneer ek in ‘n hotel of gastehuis slaap.

13 05 2011
Xena Phoenix

Ek sou dit oorweeg het om doringdraad om die bed te span. 😉 Dalk moet jy Marco ‘n aanbod maak om beddens te ruil. Klink na ‘n wen-wen situasie. Hy kry die bed wat hy soek en jy kry die een wat jy soek. 😆

13 05 2011
Twilight

Doringdraad? Now, there’s an idea!

Ja, maar wat dan van my reputasie as ‘n nare moeder wat daarop aandring dat haar kinders in hulle eie beddens aan die slaap raak?

13 05 2011
Xena Phoenix

Jy kan jou reputasie verander na redelik and a true leader. 😉

13 05 2011
Sonlig

Nee – ek kan nie net terugklim in ‘n onopgemaakte bed nie. Dit slaap nie soos lekker soos gladgestrykte lakens nie.

Ek maak nie gedurende die week my eie bed op nie, maar hy is opgemaak wanneer ek by die huis kom. Winterbed opmaak oor naweke is die pits, maar ek doen dit anders voel die hele kamer deurmekaar.

By ‘n hotel of gastehuis sal ek net baie effens regtrek, maar as ek ‘n gas in iemand se huis is, sal ek dit perfek opmaak.

13 05 2011
Xena Phoenix

O Sonlig, nou praat jy ‘n ware woord. Om die bed op te maak wanneer jy by iemand oorslaap, is ononderhandelbaar. Dit is ‘n absolute moet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: