Sleuteltjie-Sleuteltjie

9 05 2011

Seegogga het my uitgedaag om ‘n krater oomblik te beskryf wat my met sleutels getref het.  Al het my sleutels ‘n vendetta teen my, is daar nou nie regtig iets wat die moeite werd is om oor te vertel nie.  Ek het eendag my sleutels op ‘n strand verloor, maar het dit darem ontdek (en gekry) voordat die see dit opgeëis het.  Ek moes al verskeie kere terug hol kerk toe omdat die sleutels in die bank wegkruipertjie gespeel het.  Dit het ook al meer as een keer in ‘n publieke badkamer agtergebly.  Daar was ook die een onvergeetlike keer toe my sleutels in die Spur voetjies gegroei het.  Iemand het hulle egter gesien hol, hulle gevang en vir die bestuurder gegee.

Sien?  Niks om oor huistoe te skryf nie.  Ek het wel al bloed gesweet nadat ek ‘n kar verloor het.  As verstrooid jou middelnaam is, bekommer jy jou nie as jou kar nie is waar jy dink dit moet wees nie.  Dit is nie abnormaal om te vergeet waar jy parkeer het nie.  Dit help gewoonlik om jou stappe na te spoor of net mooi te dink en te hoop niemand sien jou nie.  Dit is ‘n perd van ‘n ander kleur as dit nie help nie.

Ek was een van die massas gewees wat my lisensie gekry het jare voordat ek ‘n kar gekry het.  As dit ‘n gat in jou sak brand, spring jy om elke denkbare geleentheid te ry.  As jy nou nog boonop alleen kan ry, loop jy so ‘n paar sentimeters bo die grond.  Anders was ek net mooi aan niks gewoond nie.

So ry ek die dag in dorp toe, laai my ma af en gaan parkeer die kar.  Nou om die storie mooi te verstaan, moet ek noem dat die dorpie Carolina is.  ‘n Plek met net 2 supermarkte, 2  parkeer areas en die sentrale sake sektor net 3 blokke lank is.  My ma raak aan die koop en sy stuur my om die kar te gaan haal.  Geen probleem, ek vlieg daar uit om die kar te gaan haal.  Daar is net een tegniese probleempie.  Ek kry die kar nêrens nie.  Ek loop van die een supermark tot die volgende een en terug – maar niks. 

Ek is op die punt oortuig dat die kar van eienaar verwissel het en begin nou net wonder wat ek vir my ma gaan sê.  Terwyl ek terugstap bestudeer ek die sleutels baie aandagtig.  Toe tref dit my soos ‘n hamer tussen die oë.  Ek het na die verkeerde kar gesoek.  Die sleutels in my hand wys dat ons met my pa se kar gery het en nie met my ma se kar soos ek gesoek het nie.  Nadat ek dit besef het, het ek sommer geweet waar die kar is.  Nadat ek seker 10 keer daar verby geloop het.

Het jy al jou kar verloor?

Breinvasbrand:  Wanneer is die Yale slot maatskappy gestig?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Suid-Afrika.

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

9 05 2011
Olga

eerste.
😆 😆 😆 wie anders as jy?

9 05 2011
seegogga

Ha, lekker gelag! Ek het ookal so na verkeerde kar gesoek. En ek verstaan alles wat jy se van sleutels, karre ens.

9 05 2011
Olga

O, ja. Wou sê ek het iets vergeet. 1857?

9 05 2011
Olga

Ek vergeet gereeld waar ek my kar gelos het. Daarom probeer ek sover moontlik my kar altyd so min of meer op dieselfde plek parkeer. Sleutels? Eisj. Ek het al my sleutels geloop en soek in Spar. Met die bestuurder gewapen, deur die winkel geloop oral gesoek en vir almal gevra tot die outjie by die groente weegstasie my gevra het watse sleutels hang aan my vinger.

10 05 2011
J W W

Julle klink darm erg verstrooid…. 😉

Ek kan eerlik sê ek het nog nooit my sleutels verloor nie, ek weet altyd waar my sleutels, my beursie en my selfoon is ten alle tye.

10 05 2011
demoerin

Ek het nog net een keer my karsleutel verloor….in ‘n Look & Listen. Weet julle hoeveel plekke daar in ‘n Look & Listen is waar jou jou slutel kan file? 😆

10 05 2011
BB

Og! Ek soek gereeld na my kar! 😳 ek het al die motorwag opgekommandeer om my te help soek! Sien, toe ek in die parkeerarea instap seg dié : “Ek het mooi na ‘hom’ gekyk!” Toe sê ekke: “Dankie! Aangesien jy so mooi gekyk het, wys my dan nou maar waar hy is?!” 🙄 ai, shame… die stomme ding :mrgreen:

10 05 2011
Celia Neveling

Ek het nou baie lekker gelag, presies net wat ek nodig gehad het vir die dag, mooi dag vir jou!

10 05 2011
Gogga

Lekker lag ons nou maar ek kan onthou terwyl ek so geloop en soek het hoe my maag so paar keer in my keel kom draai het as jy nie die kar kry waar hy (ek is seker) was nie

11 05 2011
toortsie

Ai tog! hoe dankbaar is ek dat ek nie alleen is nie! Ek verloor GEREELD my kar in die GROTE Bredasdorp!! Maar dan gebruik ek die tydjie wat ek hom soek om te ontspan, want dan is dit die enigste tyd wat ek nie jaag nie!! Nou een dag het ‘n baie netjiese boer by my verby gery en kon sien iets is nie reg nie. Hy stop en vra ewe of ek weet waar my kar is. Was erg verbaas toe ek antwoord: “Ek het nie die vaagste benul nie”!!! :mrgreen: Daardie dag het ek ook met iemand anders se kar gery en toe ek DIT onthou, toe kry ek hom!! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: