12 en op die pil

5 05 2011

Iemand het nou die dag kwyt geraak dat die land se skole kraamsale geraak het.  Dit is ‘n kommerwekkend uitlating en een wat niemand eers probeer betwis nie.  Helaas, ook nie eers iets daaromtrent probeer doen het nie.  Tot nou – die ANC Jeug Liga het ‘n plan.  Dit nadat hulle hofnar nou die dag gevra het dat hulle ondersteuners soos hase moet teel.

Die ANCYL wil by hulle nasionale kongres voorstel dat dit verpligtend moet word vir meisies om vandag hulle 12 is op die pil te gaan.  Let wel, hulle praat nie van die pil wat tussen die knieë vasgeknyp moet word nie.  Nee, dit is DIE PIL – die een wat seker maak dat daar geen onwelkome babas kom nie.

Ek gee toe, die snotneuse probeer darem iets doen omtrent die skokkende hoeveelhede tienerswangerskappe.  Tog – is die verpligting van die pil vir tieners die beste manier om dit te doen?  Ek ondersteun die toegang vir tieners tot voorbehoedmiddels, maar daar is ‘n wesenlike verskil van verpligting van voorbehoedmiddels.

Noem my oudtyds, naief of sommer pleinweg dom.  Persoonlik dink ek enige 12 jarige behoort nog gewalg te wees deur die idee van seks.  Dit was seker nog nooit die geval gewees met ouer tieners nie.  Ek dink wel daar is nog plek vir iets soos selfbeheersing en ja – ek dink tieners behoort nie seks te hê nie.  Baie tieners en hulle ouers verskil van my, dus is die toegang tot voorbehoeding noodsaaklik.  Maar om dit voor die voet verpligtend te maak van ouderdom 12 af?

Ek is seker dat dit ‘n oortreding van ‘n basiese mensereg is om iemand te dwing om teen hulle sin medisyne in te neem.  Ek kan nie dink dat dit goed vir jou hormone kan wees om so vroeg in so iets geforseer te word nie.  Die pil het ook newe-effekte en daar is geen rede hoekom onskuldige dogters gedwing moet word om dit te verduur nie.

Die wortel van alle kwaad is dan nog steeds daar.  Die toelaag wat betaal word vir kinders onder 6 jaar oud.  Terwyl dit beskikbaar is, gaan dit in elk geval so maklik wees om die pil so per ongeluk te vergeet.  Ek is dus ook nie so seker dat dit enigsins gaan help nie.

Verder is 12 jariges nog vir 4 jaar staatskos.  As hulle voor die voet almal vrygestel is van swangerskappe, gaan die wolwe dan nie juis op hulle toesak nie?  Daar kan dan geen glipsie wees waarvoor hulle pa moet staan nie?  Moontlik (waarskynlik?) teen die meisie se sin?

Dit kan ook niks goed tot gevolg hê vir morele waardes nie.  Die “stoute” meisies sal dan geen rede hê om enigsins uit die bed uit te klim nie.  Ten spyte van al die STD’s in omtrek, is daar nog steeds geen groter afskrikmiddel as ‘n baba nie.  Sou die voorstel op een of ander manier wet word, gaan STD’s fees vier.

Ek hou nie van die idee nie.  Wie gee om wat ek dink?  Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Na watter hormoon in die uriene word daar gesoek vir ‘n swangerskap toets?

Breinlosbrand:  44ste

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

5 05 2011
Sonlig

Beta-HCG

Joe – ek stem saam. Dis belaglik en net ‘n “lisensie” vir aktiwiteite waarna geen haan sal kraai nie.

Ek glo ook nie hulle kan so iets verpligtend maak nie.

Shame – mens moet eintlik jammer voel vir JM. Ek wonder hoe voel dit om so dom te wees?

5 05 2011
BB

My Ouma het altyd gesê: “The lower the IQ the higher the ‘drive'”. Dis SIEK SIEK SIEK dat ons regering selfs eens so ‘n stap oorweeg. (ek soek vergeefs na ‘n *kots* emoticon – skuus, maar regtig!!??) “Verpligtend” nogal… oits!!

5 05 2011
demoerin

Soos Sonlig sê -dit klink nt na ‘n lisensie om rond re neuk. Ek het nie woorde hiervoor nie….eers was dit die anonieme aborsies, en nou die pil op 12. Plaas hulle eerder die kinders leer van siektes en verantwoordelikheid vir jou eie liggaam, asook die sielkundige kant van ronddonder. Daar is geen manier dat’n kind va 12 psigologies reg kan wees vir ‘n seksuele verhouding nie. Ek het net nie woorde nie…..

5 05 2011
Olga

Human Chorionic Gonadotrope hCG?
Smyt hulle uit die skool. Of beter nog stuur die tieners na ‘n industriële skool en laat die pa onderhoud betaal. Maak dit verpligtend. Is hy nog op skool? Skors hom, laat die adder gaan werk pleks van op ‘n dag soos vandag (dis kindertoelae) oor die ma se skouer hang om R100 van die toelaag in sy eie sak ate steek. Laat die ouer, ouma, ousus, pleegouer wie ten minste toesig oor die meisie moes hou die baba op eie onkoste versorg. Die regtig snert dat die kinders op staatsonkoste verwek word.

5 05 2011
Twilight

Belaglik! Jy kan geen mens verplig om ‘n medisyne teen sy sin te neem nie. En die Pil het potensieel redelike gevaarlike newe-effekte. Die Pil gaan ook nie STD’s voorkom nie. Logika vertel my dat ten minste ‘n paar gevalle van seksueel oordraagbare siektes deur kondome voorkom word – wat slegs gebruik word om swangerskappe te probeer voorkom. Ek glo die meeste tieners sal nie voel dis nodig om die Pil EN ‘n kondoom te gebruik nie?

5 05 2011
Seekat

Daar is nou n hofsaak van kinderpornografie wat tans aan die gang is. As iemand dan nie mag fotos neem nie want dit is nog kinders en hulle word misbruik. Wat is dan die verskill deur te se dat kinders moet nou op die pill wees want nou is hulle oudgenoeg vir seks. Daar is nog steeds n wet wat se dat jy mag nie seks he onder die ouderdom van 18j nie. As jy dit doen seun of dogte kan jy wetlik vervolg word want dit is n oortreding van die wet. Maar ons hoofnar steur hom mos nie aan wette nie. Ek wil sien hoe hulle die een verby die grondwet sal bring om nie eers van die mense reg te praat nie.

5 05 2011
Olga

Die probleem met S.A vandag is dat daar ‘n spul ondergekwalifiseerde mense in beheer van elke afdeling van landsake is. Is die minister van gesondheid in enige mediese veld gekwalifiseer? Het die minister van kuns en kultuut ten minste een (1) graad in kuns, kultuur of geskiedenis? Het die minister ten minste ‘n graad in ekonomie stategie, sielkunde, for Pete’s sake het hy matriek? Maar dit is die mense wat ‘n land wil regeer en ou beproefde wette links en regs verander. Gaan die ancyl of die enige afdeling van die staat oor 20 jaar die 12 jariges wie nou op die pil gaan se bestraling of chemoterapie borg? O, ja, hulle doen dit mos alreeds. Dit is belaglik. Begin op die regte plek. Laat elke dogter, seun, man, hulle ouers en voogde verantwoordelik wees vir die kinders van tieners. Kla die ouers aan van verwaarlosing, die man of seun van verkragting, die dogter van wat dit ookal genoem word. Leer hulle om verantwoordelikheid te aanvaar, moet hulle nie beloon met R218 per maand nie.

5 05 2011
JWW

Die land is vol barbaarse diere wat nie hulle drange kan beheer nie, dis maar al !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: