‘n Oog vir ‘n oog

3 05 2011

11 September 2001 – ek het pas die middag van my laaste klas afgekom.  Ek het sommer vir my middagslapie inspirasie gou die TV aangesit.  Sonder veel verwagtinge, daar is gewoonlik dan niks op wat my sokkies op en af rol nie.  Dit was egter nie ‘n gewone dag nie.  Ek was net betyds om te sien hoe die tweede vliegtuig in die Twin Towers vasvlieg.  Onmiddelik was enige idee om te gaan slaap gekanselleer.  Ek het inderwaarheid ‘n vriendin uit haar middagslapie gaan pluk en sy het nie lus gehad om my te vloek nie.

Almal het ‘n storie waar hulle was toe hulle gehoor het van die 11 September aanvalle.  Dit is een van daardie dae wat ons kon sien hoe geskiedenis gemaak word.  Nie iets wat ons agterna in ‘n koerant gelees het of in ‘n klaskamer geleer het nie.  Iets wat voor ons oë afgespeel het, waarvan toekomstige geslagte eendag as Geskiedenis gaan leer.

Selfs as ‘n mens die briljantheid van die aanvalle kan insien, dink ek die meeste van ons was gewalg daardeur.  Dit kon die begin van ‘n heilige oorlog gewees het, ons is almal herinner aan hoe weerloos ons eintlik is.  Dit is natuurlik nie ‘n aangename gedagte nie.  Die beskaafde wêreld was vol ongeveinsde simpatie vir Amerika en die oorlog teen terreur was volkome gesteun.

Dit het Amerika 10 jaar en twee oorloë geneem, maar uiteindelik het hulle die skuldige (volgens Barack Obama) aan die pen laat ry.  Maandagoggend het ons wakker geword met die nuus dat die Navy Seals Osama bin Laden dood gemaak het na ‘n skermutseling met sy mense.  Ongeag dit nou dagdrome, ‘n saamsweringsteorie of feite is:  Die Yanks vier fees, hulle het hulle wraak gekry.

Die feesvieringe kom egter met voorbehoud – daar word vir wraakaanvalle gevrees.  Amerikaners is gewaarsku om van die strate af te bly en nie aan groot byeenskomste deel te neem nie.  Hulle wraak kom met ‘n prys.  Al-Kaïda sal sekerlik wraak neem en Amerika gaan dit nie gedwee vat nie.  Daar sal dus nog ‘n wraakaanval wees.

Dit herinner my aan Mahatma Ghandi wat gesê het:  “An eye for an eye makes the whole world blind”.  Hoeveel wraakaanvalle gaan oor en weer gepleeg word voordat iemand siek word vir die sinnelose geweld?  Dit kan tog niemand iets in die sak bring nie.  Is daar ‘n middeweg sodat ‘n mens nie nodig het om dood te speel nie?  Aanval is mos die beste verdediging, maar is die prys daarvan nie te hoog nie?

Dink julle dat Osama bin Laden is regtig dood?  Het Amerika die situasie reg hanteer?  Is daar plek vir wraak in ‘n beskaafde wêreld?

Breinvasbrand:  Die hoeveelste president van die VSA is Barack Obama?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Perez Hilton.


Aksies

Information

6 responses

3 05 2011
Twilight

Dis hier waar enige begeerte wat ek ooit gehad het om dinge in swart en wit te sien, heeltemaal by die deur uitvlieg. Ek moes vanoggend vir my seun vertel en verduidelik van 11 Sept. Die onmiddelike aanname van sy kant af is dat die mense wat dit gedoen het – en by implikasie die godsdiens waaraan hulle behoort – sleg is. Nou ja, hy is 7. Sien dinge nog baie konkreet. En natuurlik is hy reg. Dit kan mos nie goeie mense wees wat onskuldige mense laat sterf nie? Maar toe moes ek ook verduidelik dat daar Christene deur alle eeue is wat net sulke slegte dinge gedoen het.

Ek weet nie of Osama bin Laden regtig dood is nie. Ek is nie lief vir Amerika wat hulle neuse oral insteek nie en as mens moet praat oor verdienste…mmm. Laat ek liewer stilbly.

Beskaafde wêreld? Watter beskaafde wêreld?

4 05 2011
BB

En ek sit en wonder nog steeds oor daardie datum waarmee die hele post begin 🙄
Anyways – ek dink OBL het grootskaalse terrorisme aangehits en ‘volgelinge’ aangespoor om sy ‘heilige oorlog’ te help veg. Hy self het nou nie juis sy handjies vuilgemaak nie, maar dat hy ‘n ikoon was vir menigte ekstremiste van die Islamitiese geloof is nie te betwyfel nie. En dan moet jy stopgesit word. Klaar. En of dit nou wraakaanvalle gaan ontlont – well, was 9/11 ‘n wraakaanval? of bloot ‘n terreurdaad? en elke dan en wan hoor jy van selfmoordbomaanvallers (onlangs weer in Indië 40+ dood) – en dit net oor ‘hulle’ maar ‘n standpunt wil maak. Die Amerikaners het nie maar net left right ‘n centre iewers ingebars en iemand van ‘n ander geloof uitgehaal nie. Hierdie is nié ‘n geloofsissue nie. En mag ook nie as een gesien word nie. Hierdie is survival – in groot mate op die lang duur die oorlewing van ‘n nasie.
Al wat my so vreeslik hinder is dat hulle praat van 3000+ menselewens verliese in die afgelope 10 jaar Afghan ‘oorlog’. Dubbeld soveel boere is vermoor in DIESELFDE tyd in SA – in vredestyd. Dis friggin’ betreurenswaardig. Hoe de hel gebeur soiets en die eens trotse boerevolk sit soos ‘n trop skape ter slagting, sien hulle lot aankom en kan net mooi niks doen om dit te verhoed nie?

4 05 2011
J W W

Wel, as big bully america nie aan almal se hokke skud nie, sal die terroriste hulle dalk nie aanval nie, want amerika wil graag die ooste se olie hê… dis al rede hoekom hulle alewig oorlog wil maak, dit vat nie ‘n rocket scientist om dit te sien nie, en america besit die wereld media, so hulle kan wereld opinie skep soos dit hulle pas. Hoeveel onskulidige vrouens & kinders het hulle nie doodgemaak met die 2de wereld oorlog in Japan met die atoom bomme nie? Nee wat ek voel minder as niks vir die kamstige onskuldige yanks wat teikens is vir sogenaamde terroriste nie.

4 05 2011
demoerin

Ek dink dit is glad nie reg hanteer nie. Nou is die hele wêreld se bollie geboek vir wraakaanvalle – en dit gaan gebeur. Ek gaan die eerste een wees wat vir Obama ‘n briefie stuur nadat sy burgers opgeblaas is, net om hom te herinner aan die dag wat hy sy land se mense in gevaar gedompel het.

4 05 2011
BB

Goeiste dinder!! So, volgens julle het wat nou weer die 9/11 aanvalle regverdig?? Nee, jong… en boonop glo julle nie die terreur aanvalle sou by default in elk geval plaasgevind het nie – wraak ofte not? Die wêreld se bollie is gebook deur extremiste – kyk maar net noord van ons… heng, for that matter kyk sommer maar na die ANC jeugliga se ‘bollie’… SA se bollie is lankal ge’book’ en ons loop (verskoon my herhaling) soos skape ter slagting oop oë daarin.
Ai, hoe wens ek Zim het olie gehad!!

4 05 2011
Olga

S. A se bollie was al geboek toe F. W. De Klerk ‘n sekere besluit geneem het. Ongeleerdes in die hoogste pos het net die poepery begin. Die stront storm is nog oppad. Oor die hele obl kwessie is dit jammer as dit nou net ‘n media foefie van Amerika is. Dit sal ek egter nie by hulle verby sit nie. Die mense is goedkoop sensasiesoekers.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: