Blogsondes

2 05 2011

Ek het nou die dag iewers iets gelees oor Blogtrolle.  Verskoon my dus as ek nie die verwysing insit nie, maar ek kan wraggies nie onthou waar ek dit gelees het nie.  Volgens die artikel is ‘n Blogtrol iemand wat ‘n bespotting van iemand se hartseer en pyn maak.

Om ‘n voorbeeld te gee – iemand stig dalk ‘n blog waar hulle ‘n mollige dogter wat selfmoord gepleeg het na ‘n gespottery wil onthou.  Die Trolle sal dan toeslaan met ‘n verdere verspotting.  Daar sal goed soos wees dat die dogter almal ‘n guns gedoen het om selfmoord te pleeg, dat die ouers aandadig was aangesien hulle niks aan haar dik gat gedoen het nie ens.  ‘n Treitering oor die mense se hartseer tot die steen des aanstoots verwyder is.

Aangesien ek dikwels uit iets wat ek gelees het inspirasie vir my skrywes kry, het ek ook al ‘n Blogtrol gestalte aangeneem.  Smartvrate, simpatiesoekers en pleinweg belaglikhede staan my nie aan nie en ek sal gewoonlik nie skroom om daaroor ‘n herrie op te skop nie.  Ek het egter al geleer (persoonlike ervaring) dat mense wat die voorblaaie haal se familie en vriende soms ook blogs lees.  Een van my beginsels is om nie iemand te skop wat lê nie, dus hou ek maar eerder verby met persoonlike aanvalle op die slagoffer.

Elkeen kan op sy of haar blog seker maar doen waarvoor hulle lus het.  As hulle dus te nagedagtenis van iemand vir hulle lief ‘n blog wil stig, sal ek dit respekteer.  Ek kan eerlikwaar nie die nut insien om dit te gaan ontstig nie en dink beslis dat dit ‘n siek idee van ‘n grap is.  Veral as jy ure ‘n dag spandeer om sodanige blogs te gaan uitsoek, net omdat die tipe blogs jou walg.  Regtig, het jy dan nie ‘n lewe nie?

Aan die anderkant, is daar sekere “sondes” wat ek soms op ‘n blog sien wat my partykeer op en af van irritasie kan laat spring.  Die duiwel sal soms op my skouer intrek dat ek opsluit daarop moet reageer, anders sal ek nie ‘n oog opmekaar kan sit nie.  Dit maak dan seker ook van my ‘n blogtrol.  Terselfde tyd sal ek toe gee dat ek seker ook ‘n groot sondaar in ander mense se oë is.

Die top 5 blogsondes volgens my is:

  1. Copy en Paste.  Daar is seker ‘n tyd en ‘n plek daarvoor, maar om iets wat elke 2 maande in almal se posbusse land op te sit, is volgens my ‘n vermorsing van goeie blogspasie.
  2. Plagiaat.  Ek moet self fyntrap hiervoor – juis omdat ek soms ook van bronne gebruik maak.  Die geheim is egter om die inligting van jou bron joune te maak.  Sit jou eie grappies en sarkasme in.  Direkte vertaling kom ook neer op plagiaat, al het jy die link na die bron ingesluit.
  3. Bloggers wat openlik skoor soek en dan die kommentaar van hulle blog sluit om nie aangevat te word nie.  Vryheid van spraak het ‘n prys, mens moet verantwoordelikheid vat vir wat jy sê.
  4. Blogs waar elke liewe kommentaar sonder ‘n goeie rede modderdam toe moet gaan.  Ek modereer wel my speletjies se antwoorde, maar dit is om dit meer toeganklik te maak vir almal.  Almal kan egter sonder voorbehoud hulle mening lewer op enige iets wat ek kwytraak – sonder dat ek hulle goed gaan boelie soos dit my pas.
  5. Bloggers wat ‘n ander blogger stilletjies om ‘n hoek aanvat.  As jy oor iets wil blog wat jy by ‘n ander gelees het (al wil jy hulle sleg sê daarop), gee die skakel.  Dit is blote goeie maniere.
Wat irriteer julle soms van blogs?
Breinvasbrand:  As wie is Mario Armando Lavandeira, Jr beter bekend?
Breinlosbrand:  Saartjie Baumann

Aksies

Information

12 responses

2 05 2011
toortsie

Sjoe! met ‘n knop op my maag het ek nou gelees….
hoop nie ek was al skuldig nie. Maar dankie, dit was ‘n goeie inskrywing! Ek dink ons almal het dit nodig.

2 05 2011
toortsie

Oor die blok van kommentare. Weet jy dat daar nou 2 van my skryfsels uitgekom het met kommentare wat geblok is. En ek was ONSKULDIG!! Weet nie wat ek verkeerd gedoen het nie.

2 05 2011
Olga

tweede!
Perez. Hiltom?
Elkeen na sy smaak. Ek voel egter as die blog kapt kommentaar wil edit of moderate, blok dan alle kommentaar. Dis oneties om n ander se woord te plooi om jou eie wil te pas.

3 05 2011
toortsie

Ek moes een keer iets verander aan iemand se kommentaar. Daar was ‘n spelfout in die web-adres. Die adres wat die persoon ingetik het ons by ‘n plek gebring waar ons regtig nie wou wees nie!! 😉

3 05 2011
Olga

more, more. Hoekom beland soveel 5c in die spambox dan kan dit nie uitgehaal word nie?

3 05 2011
Olga

eisj! Hoekom post ek vandag ten minste 3 keer teen ‘connection failure’ vas voordat n 5c wys?

3 05 2011
demoerin

Copy en Paste irriteer die witwaks uit my uit… daardie e-mail het elke geval seker al 10 maal deur SA gegaan – en nou wil iemand dit nog vir my op ‘n blog plak ook.

3 05 2011
BB

Sela.

3 05 2011
seegogga

Genade, ek hoop nie ek is skuldig nie- gebruik darem my eie foto’s , eie gedigte en skryfsels, maar mens weet nooit…. Ek wou ook by party comment en dan is die comments toe. Nou hoe kan jy nou se wat jy wil, mmmm??? Oor die algemeen vind ek julle bloggers ongelooflik positief met julle kommentaar. Dis regtig onderskragend en ek waardeer dit baie. Baie dankie julle almal!

3 05 2011
seegogga

Ek wens net julle wilo meer comment- ek loooove comments, positief of negatief!!!!! Wys darem iemand het gelees.

3 05 2011
Xena Phoenix

Dankie vir almal se kommentaar. Ek moet erken dat dit ‘n post is wat al jare lank in my draai – wat ek nou net iets gekry het om dit aan te koppel. Vir my persoonlik is ‘n blog waar jy JOU gedagtes kan deel en terugvoer op JOU gedagtes kan kry.

😳 Ek moet erken dat ek wel foto’s op Google Images gaps.

13 04 2012
Wat werk vir my? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

[…] Xena skryf so oor blogsondes. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: