Terug Skool Toe

1 05 2011


Ek het nog altyd gedink ek sal daarvan hou om terug te gaan skool toe.   Weer as ‘n leerling, so st 8 ouderdom.  Ek het net een doel ingedagte as ek weer agter ‘n skoolbank inskuif.  Ek wil sien hoe vinnig ek uit die skool uit geskop kan word. 

Ten spyte van my stoute streep, was ek eintlik baie voorbeeldig op skool gewees.  Ek het redelik goeie punte behaal en het oor die algemeen gedoen wat van my verwag word.  Daar was tye wat my mond my in die moeilikheid gekry het, maar niks waaroor daar huistoe geskryf was nie.  Die onderwysers het dit wys geag om die aftog te blaas, voordat ek lekker op dreef was.  Ek het nooit ‘n detensie brief of iets gekry nie. 

Ek sal dus die skool so ‘n bietjie op horings wil neem – die onderdrukte rebel in my los laat.  Ek gaan laat opdaag vir klasse en loop as die onderwysers my verveel.  Ek gaan die onnies vertel as hulle stront praat en ek gaan hulle elke kans wat ek kry vas vra.  Ek sal hulle sommer vertel om van hulle troontjies af te klim as hulle dink hulle is verhewe bo die gewone aardlinge.  Ek gaan glad nie huiswerk doen nie en ek gaan nie iets soos handboeke hê nie.  Dit is sonde om ‘n boom te mors vir niks.  Ek hoop om darem tot die eerste toets te hou, net sodat ek vir die onnie kan vertel om onder die klip te gaan soek.

Dit klink na vet pret, maar helaas.  Soos ek verstaan gaan dit in elk geval deesdae so in die skole.  Wat natuurlik net my pret bederf.

Sal jy graag wil terug gaan skool toe – as dit is soos dit was toe jy laas op skool was?  Wat sal jy graag wil gaan doen?

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

2 05 2011
toortsie

Xena!!! Merrie!!! Ek sit jou NOU op Ritelin!! 😦

2 05 2011
Xena Phoenix

Ek? Hoekom? Ek het mos niks gemaak nie!

2 05 2011
toortsie

maar dit klink dan nou al of jy BEPLAN om iets te doen!!

2 05 2011
Olga

more, more. Dit klink na vet pret. Ek kry net gou slippertjies. Dan kom ek ook.

2 05 2011
Xena Phoenix

Wat gaan jy by die skool doen, Olga?

2 05 2011
Klip

Aangesien ek net in die sondag skool en toe verbetering skool toe was , wil ek net weer terugaan st6 toe om my engelse juffrou weer te sien. (Miss Johnson), Ek het sooooo baie om vir haar te vra. (Sy het darem maar my demone of liewers hormone aan die gang gekry )
Ek wil ook graag net my sigarette saam vat en saam met die onnies pouse n lekker trek te maak .

2 05 2011
Pikkelik

Ek was nie rerig in die skool nie, my vlees was daar maar die gees… En dan het ek natuurlik net tot by st 6 skool gegaan, sommer so deur die lokasieskool se venster! 😀 Nee wat, ek sukkel genoeg met John se graad 1 huiswerk. Ons sit maklik vir 2 ure op ‘n dag en huiswerk doen, ek wil nie weet hoe dit sal gaan in matriek nie. Skool is, was en sal nooit vir my wees nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: