Huis, paleis, pondok, varkhok

30 04 2011

Daar is ‘n Engelse gesegde wat daarop sinspeel dat dit niks is om ‘n huis te bekom nie, maar dat dit nie in enige aap se broek sit om ‘n huis ‘n tuiste te maak nie. 

Jou huis, selfs al is dit ‘n pandok, is tog sekerlik die een plek waar jy ten alle tuis moet voel.  Ek twyfel sterk of jy dit in ‘n skouhuis, een wat Top Billing toe mik sal kan reg kry.  Aan die ander kant, ‘n varkhok deug ook nie.  Mens moet darem nie die durf bymekaar skraap om jou tuiste in die oë te kyk nie. 

Hoe maak ‘n mens ‘n huis ‘n tuiste?  Gaan dit oor die meubels wat jy uitgesoek het en met sorg gerangskik het?  Gaan dit oor die blote verteenwoordiging van die mense in die huis?  Of is dit wanneer die huis die persoonlikheid van die mense wat daarin woon weerspeel? 

Terselfde tyd, waarna kyk jy heel eerste as jy in iemand se huis inkom?

Vertel my vandag julle vooroordele, filosofie ens betreffende huise.


Aksies

Information

11 responses

30 04 2011
Twilight

Ek twyfel of mens ‘n huis in een dag ‘n tuiste kan maak. Miskien deur in een dag als wat jy al jare bymekaar maak bymekaar te rangskik, ja. Maar ek kyk altyd heel geamuseerd na “make-overs” vir huise. En ook die huise wat so duidelik deur ‘n ontwerper aanmekaargeslaan is. (Baie van hulle is juis in daai Top Billing kategorie.) Op die ou end – al klink dit dalk simpel – is dit eintlik maar die mense wat in ‘n plek bly wat ‘n huis ‘n tuiste maak. ‘n Paar jaar terug het my pa sielalleen op ‘n Karooplaas in ‘n ou pondokkie gaan bly. My ma het 1400 km daarvandaan agtergebly. Een dag bel my pa hoogs ontstoke: Hy het vir homself kos gemaak en die hele spul verbrand. Nou stink die hele plek na rook, hy’t niks om te eet nie en hy voel sommer goor en baie jammer vir homself. My ma beluister die spul so en hoewel haar hart brand, besluit sy om die situasie lig te hanteer: “Ja ne, wat is ‘n huis nou sonder ‘n moeder?” spot sy. “‘n K@k plek”, antwoord my ou vader met ‘n huilklank in sy stem.

1 05 2011
Pikkelik

😆 😆 😆 Jinne Nelba, jy maak my dag!

2 05 2011
Xena Phoenix

Haai, Shame. Jou arme pa.

Die Top Billing Huise laat my aan ‘n museum dink. Wie wil in ‘n museum bly? Die spoke sal jou kom vang.

30 04 2011
Olga

kan n mens tuis voel in n huis wat iemand anders ontwerp en gemeubeleer het?

2 05 2011
Xena Phoenix

😉 Jy sal seker moet bel vir toestemming om jou skoene uit te kry.

1 05 2011
Klip

n Tuiste vir my is waar jy warmte ervaar , n plek waar jy instap en jy ervaar hier is lewe.
Ek het al in vele huise ingestap , en die gevoel gekry dat jy in n yskas instap. Mooiste meubels en elke ding is op sy plek. Gewoonlik as jy dan die vrou ontmoet wie se huis dit is dan is sy net so koud.

Ek het nou maar een ding oor hierdie mense wat so pynlik netjies is , jy voel skoon vuil as jy in hulle huis instap.

Ok ek moet ook se ek loop sommer as ek sien dat mense se honde meer tuis is op die meubels as die mense .

Ek kuier ook eerder in die kombuis as in die sitkamer.

n Huis moet lig he wat inskyn , ek verpes n donker huis,

1 05 2011
Pikkelik

Ek sekondeer!

2 05 2011
Xena Phoenix

‘n Donker huis sal enige mens na mensvleis van hulle eie polse dryf. Ek gee nie om vir ‘n ‘n hond of katte nie. Ek gril wel as die hond of kat uit dieselfde beker as die eienaar koffie drink.

2 05 2011
toortsie

My house is clean enough to be healthy and dirty enough to be happy!
Die belangrikste vir my is dat my MENSE gelukkig is, en dat die KUIERMENSE warmte, liefde ervaar as hulle my huis betree. As hulle soek vir stof, wat hulle beslis sal kry, en dit pla hulle, mag hulle met liefde ‘n lap gaan haal en begin skoonmaak! Maar andersins kuier ons HEERLIK saam!!
Ek het een keer ‘n oproep gekry dat ek besoekers gaan kry die dag. Ek kon net een keuse maak: of ek maak ‘n lekker koek, of ek maak die huis skoon. Ek sou natuurlik nie klaar gekry het met lg nie. ALMAL was dankbaar dat ek eerder die KOEK gekies het!!

2 05 2011
Xena Phoenix

Wyse keuse. Ek hou veral van die deel wat hulle die lap kan vat en self afstof as dit hulle pla.

2 05 2011
toortsie

ja wat! So, die stof pla hulle ook nie!! 😉

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: