Dit is die dag waaroor almal deesdae praat. Party kan nie wag vir die skouspel nie en ander kan nie weer ophou kerm oor die sirkus nie. Punt is dat min mense heeltemaal koud gelaat word deur die troue van die dekade. Moontlik die grootste troue ooit.
Die hele troue amuseer my geweldig. Nee, ek geen nie regtig om hoe lank hulle getroud gaan bly en of Kate die mas kan opkom nie. Die mense se reaksie is vir my soveel meer interessant. Maak enige berig ook William en Kate oop en gaan direk na die kommentaar. Daar is ‘n magdom van mense wat nie een goeie woord oor die troue te sê het nie. Hulle is glo so naar dat hulle nie by hulle oë kan uitsien nie, maar sal nogtans op elke artikel ingaan om nog meer gal te braak.
Wie gee om? Wel, siende dat daar mense is wat die dag by die werk afgevat het spesiaal vir die troue, neem ek aan dat daar baie mense is wat wel omgee. Hulle is daar om elke oomblik te geniet – dalk as ‘n huldeblyk aan die gestorwe koningin van harte of miskien omdat hulle aan sprokies glo. Daar kort na ‘n moderne sprokie met ‘n gelukkige einde. Ander gaan vasgenael sit om seker te maak hulle kan elke oomblik kritiseer.
En ek? Helaas gaan ek die troue misloop, al sterf ek van nuuskierigheid. Prioriteite is ‘n bitch! Ek sal wel ‘n oog op die koerant hou en die hoogtepunte vir niks misloop nie.
Gaan jy die troue kyk? Hoe voel jy daaroor?
Geniet jou aand Xena en alles wat mooi is vir jou ………..
ek het gn glimps van die sirkus gesien nie. Het beter dinge om te doen. Ek sal maar huisgenoot skip vir die volgende maand of 3. Hulle joernaliste is mos te lui om n storie te lees en ploeg met dieselfde twak tot al die skare afgebreek het.