Hallo Maatjies!
Dit is darem ‘n skande! 😡 Ek is ‘n heksie wat ‘n meulekopter kan vlieg, maar ek kan nie ‘n kar seil nie. 😳 Die maatjies gaan dink ek is te dom om te seil. 👿 En julle weet mos almal, ek is die slimste en mooiste heksie ooit! Daarom moet ek leer seil!
Daar is net een klein ou technikon probleempie! 😳 Karre sit soos ‘n sak aan my! 😈 Hoe moet my hande by die petrol bykom en my voete die wielroer vashou? 😕 Ek is nie ‘n stuk gomtor wat kan rek tot ek alles bykom nie!! 👿
Die karmakers dink sommer hulle is koningin by! Maar ek sal hulle wys! 😈 Ek gaan al die karretjies klein toor en dan kan net ek seil! Dit sal hulle ‘n les leer. 🙄
Ek moet nou gou die regte toorwoorde gaan soek! 😀 Tata, Maatjies
Wie runnik saam?