Ek gun elke mens sy / haar obsessie. Wat onsinnig vir een mens kan wees, irriteer die wit waks uit ‘n ander mens uit. Ek kan verstaan dat dit ‘n probleem kan wees as dit ontwrigtend op iemand se lewe inwerk. Dit is veral kommerwekkend as iemand se obsessie rondom ‘n mens draai. Dit hou selde iets goeds in vir ander mense.
Daar is die obsessies waaroor ‘n mens kan lag – vir die lyer en nie saam met die lyer nie. Vir ander van die obsessies kan jy maar net jou kop in ongeloof skud. Met die obsessies sal enige iemand die lyer jammer kry en opreg wens dat hy / sy van sy eie obsessie gered kan word.
Daar is byvoorbeeld mense wat tellers is. Hulle loop heeldag en aldag en tel. In die oggend moet die wekker ‘n sekere aantal luie gee voordat hulle dit afsit. Hulle tel hulle tree na die badkamer, tel met hoeveel hale hulle tande geborsel word en seker ook hoeveel druppels hulle piepie. So gaan dit die hele dag tot hulle weer skape gaan tel.
‘n Baie gewilde obsessie is om hande te was. Hierdie mense glo hulle hande moet altyd skoon genoeg wees om mee te eet. Hulle was hulle hande vir elke moontlike, onmoontlike en denkbeeldige oorsaak.
Daar is ook mense wat alewig moet regpak of skoonmaak. Ander loop weer die heeldag dinge en rangskik. Party mense verpes dit as die kosse aan mekaar raak en nog ‘n groep dink dalk weer die heeldag aan seks en alles wat daarmee saam gaan.
Ek kan eerlik sê dat ek net hande was wanneer dit van my verwag word en ek tel net goed as ek uiters verveeld raak. Natuurlik het ek geen obsessies nie. Almal skeur tog seker suikerpakkies, strooitjies ens oop. ‘n Ding wat skeef is moet moes reguit wees. My ma het my buitendien geleer om regverdig te wees, daarom sorg ek dat alles mooi verdeel is. Daar is niks onnatuurliks daaraan nie.
Wat is jou obsessies? Wat is die weirdste obsessie waarvan jy al gehoor het?
Breinvasbrand: Wie het altyd oor die plaveiselblokke gespring en moes oor begin het as die voet ‘n lyn geraak het?
Breinlosbrand: Seekat was reg met Moses.
ga! Kan ek nou 5c?
Lyk my so! 😉
Ek het geen idee wat in wordpress gevaar het nie. Ek is ‘n voorstaander van vryheid van spraak en ek sal nooit mense die reg om hulle bekke te rek ontneem nie.
ai, ai, ai, obsessies en fobies is snaakse goed. Ek het n absolute ek weet nie wat nie vir kroes hare. (soos in n swart mens sn.) as hulle hare aan my raak, in n winkel of so, verbeel ek my sommer nou nou dat my vel brand. Dis net so belaglik.
Ek weet nie hoe daar mense is wat daarvan hou om met ander mense se hare te speel nie.
Hello! welkom terug na ‘n welverdiende rus!
Nee wat, ek dink nie ek het obsessies nie. En nou slaan my verstand vas. Kan ook nie aan ander dink nie. Daar is natuurlik mense wat ‘n obsessie het om geld bymekaar te maak. Dit raak later hulle baas.
Hi Fakkel
Nie gerus nie, meer soos in internetloos vir ‘n paar dae.
As ‘n mens nie mooi oplet nie, raak enige obsessie jou baas.
In die DVK (dae voor kinders) het ek ‘n hele paar pynlike opsessies gehad. Ek het ook die hande was ding gedoen, en die optel en regpak ding en nog 100 ander. Maar deesdae eindig my opsessies by jik, handy andy, waspoeier en stasoft (baie daarvan, my wasgoed moet lekker ruik). As ek klaar is met die skoonmaak kan dit maar heerlik deurmekaar wees. Ek weet mos dis skoon!
Wil jy nie vir my kom kuier nie? Jy kan jou obsessies met hartelus uitlewe en ek sal die kinders oppas. 😉
Skoon huis is die laaste van my obsessie.
dis so leke om n skoon huis te he, die reuk van mr min, handy andy en sanpic die wereld vol te he. Hoe gebeuq dit dat n kind, net 1 alle bewyse daarvan kan verwoes? Dink dan nog wat 4 of al 12 in die beurt aan jou huis doen! Dis tot vandag nog vir my n hartseer saak.
Hoekom dan nog die moeite doen? 😉
Ek dink nie ek kan dit ‘n obsessie noem nie, maar meer te danke aan my ma se ‘opvoeding’ as ek dit so mag noem… ek was my hande VOOR ek toilet toe gaan. Dit het wel al snaakse kyke in openbare plekke gekry – my ma’t altyd gewonder wat de dinder jou eie persoonlike ‘piepie’ dan nou só onhigiënies maak 😕 maar ek was darem daarna ook weer.
Ek was ook my hande as ek klaar gerook het. Ek is die vieserigste roker wat ek ken 😳 kan die reuk van rook nie hanteer nie. Maar ek het darem ook al geleer dat deo’s en parfuums beslis soos toiletsproei nie regtig die doel heilig nie – dit maak dit selfs erger… so ek het altyd wet-wipes in my sak, laai waarookaal vir ‘n vinnige hande afvee, ‘n mondsproei en ‘n lekker sagte room, waarmee ek die hande gougou kan invryf en sommer so leksel oor die g@tsig kan vee.
Die feit dat ek net pers en blou smarties uit ‘n boksie eet is nie ‘n obsessie nie, nê?! 🙄
Klink vir my eerder na ‘n geval van persoonlike smaak. Tensy jy nou naar raak vir ‘n rooie, dan is daar dalk ‘n probleem. Dit is seker nou ook nie jou skuld as dit sleg is nie.
Iets wat my mal kan maak, is wanneer iets nie werk soos wat dit moet nie. Ek is seker dit is nie ‘n obsessie nie, dinge moet mos funksioneel wees.