Skuld aan die gemeenskap

19 04 2011

Ek moet erken dat ek nie Pateet Laan slaafs volg nie, ek lê gewoonlik op straat wanneer dit uitgesaai word.  Tog met die minuut hier en daar wat jy wel sien, het jy ‘n idee wat aangaan.  Dalk nie in die fynste besonderhede nie, net genoeg om dankbaar te wees dat jou opwinding nie daarvan afhang nie. 

Ek het toevallig vanaand gekyk.  Blykbaar was Vince se meisie in die tronk gewees vir gewapende roof en sy is uitgevang.  Vince se familie verwag van hom om haar dadelik te los, juis omdat sy agter tralies gesit het.  Dit het my laat dink. 

Tronkstraf word aan mense toegeken wanneer hulle die wet oortree het as ‘n straf.  Wanneer die straf dus uitgedien is, behoort hulle skuld aan die gemeenskap vereffen te wees.  Hulle skuld die gemeenskap dus niks verder nie en behoort mos tegnies gesproke weer die drade van hulle lewe te kan optel.  Hulle het die prys van hulle fout betaal en behoort dus vergewe te word. 

Dit is egter nie die geval nie.  Jy kan dalk uit die tronk kom, maar die gemeenskap gaan jou die res van jou lewe in die tronk hou.  Mense met ‘n kriminele rekord sukkel om werk te kry.  Die tronkstraf het ook ‘n invloed op hulle persoonlike lewens.  Sodoende word hulle keer op keer verneder.  As daar geen inkomste is nie, niemand wat teleurgesteld kan word nie en niemand is wat omgee nie, is daar nie juis veel rede om misdaad te vermy nie. 

Gun ons dus mense wat klaar gestraf is ‘n regverdige kans om weer lid van die gemeenskap te raak?

Tog, al is rehabilitasie deel van tronkstraf, moet ons ook erken dat daar geen salf is te smeer aan sommige mense nie.  ‘n Pedofiel gaan weer een of ander tyd ‘n kind skade doen.  Iemand wat bedrog gepleeg het, kan baie maklik weer in die slaggat val.  Die vraag is eerder hoe onderskei ‘n mens tussen die wat regtig gerehabiliteer is en die wat net gedoen het wat nodig is om die gevangenis te verlaat?

Hoe sal jy byvoorbeeld voel as jou nuwe kollega Allan Heyl is?  Of dat Charmaine Phillips jou hare vir jou kap?  Gaan jy hulle ‘n regverdige kans gee?  Of gaan jy jou teen ‘n reputasie vas staar?

Breinvasbrand:  Wie was die hoofbrein van bankrowers bende waarvan Allan Heyl deel was?

Breinlosbrand:  Olga was reg met James S. Ritty.


Aksies

Information

6 responses

20 04 2011
Olga

dmi? Jww? Iemand?

20 04 2011
Olga

eerste!
Dan sal ek ma weer antw. Andre stander se bende.

20 04 2011
Olga

dis nou ma ongelukkig so, iemand wat uit die tronk kom, sal altyd die stigma daarvan saamdra. Maki saki dat hy / sy klaar geboet het vir die oortreding nie. Hul sal altyd die tronk saamdra. Dis baie onregverdig, maar dit bly n feit.

20 04 2011
Gerda. J

dis n feit dat iemand wie tronkstraf uitgedien het se skuld betaal is. maar daar is tog ook dies wie dink hulle het oorbetaal vir wat hulle verkeerd gedoen het. dan gaan doen hulle erger dinge. dit is al n jaar na et se moord. hulle het die skuldiges. wanneer gaan die saak afgehandel word? of is dit? wat was die vonnisse?

20 04 2011
Sonlig

Dis ‘n moeilike ding. Ek besef mens moet vergewe en vergeet, maar ek sal maar kriewelrig voel om saam met so iemand te werk. Ek sal ook nie daarvan hou dat my kinders met jeugmisdadigers moet omgaan nie – al is hulle gerehabiliteer. Hang seker af waarvoor hulle gesit het. Ek gaan beslis nie ook nie iemand wat vir bedrog gesit het, met geld vertrou nie. Maak nie saak wat die omstandighede was nie.

Ek dink nie pedofiele en verkragters kan gerehabiliteer word nie. Dis gewoonlik diepgesetelde probleme wat nie verdwyn na ‘n paar jaar in die tronk en baie sessies met sielkundiges nie. Dis ongelukkig al soveel keer bewys dat verkragters wat op parool uitgelaat is, binne die eerste paar dae hulleself aan dieselfde daad skuldig gemaak het.

21 04 2011
Xena Phoenix

Ek gee toe dat die nie heeltemaal ‘n swart en wit saak is nie. Die stigma wat gaan kleef is seker maar deel van die straf.

Ons wil graag glo dat ‘n tronk daar is vir slegte mense. Tog kan ons nie buite rekening laat dat daar ook goeie mense in die tronk is nie. Terselfde tyd is nie al die slegte mense in die tronk nie, maar sommer rondom ons ook.

Dieselfde beginsels geld nog steeds. Vertrou NIEMAND sonder meer met geld nie. Hou maar altyd ‘n oog oor jou kinders (baie – dalk die meeste -pedofiele / kindermishandelaars. sien nooit die binnekant van die tronk nie). Probeer jouself so ver as moontlik beveilig.

Ek het wel die binnekant van die tronk gesien en met die mense daar binne omgegaan. Hulle is maar regtig net soos ek en jy.

Terselfde tyd moet ek noem dat tronke ‘n wonderlike skool van misdaad is. Almal kan truuks uitruil en verbeter daarop.

Ek dink tog dat ek sal wil sien dat hulle regverdige, verdiende maar ook verantwoordelike tweede kanse kry. Vertroue moet tog nooit outomaties wees nie, maar verdien word. Nie net met tronkvoëls nie, maar met almal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: