So dikwels hoor ‘n mens dat ‘n mens nie juis oor Diens in Suid-Afrika kan kla nie. Daar moet in die eerste plek diens wees, voordat ‘n mens daaroor kan kla. Dit is dalk nie heeltemaal waar nie, maar dit is soveel lekkerder om met ‘n wit brood onder die arm te kla.
Diens is basies net ‘n aksie om die klient te help. Die houding van die diens betaal hoe goed of sleg die diens ontvang gaan word. Jy kan die klient immers help sonder om jou rug in die proses te breek. So vinnig moontlik, met so min moeite is moontlik. Met daardie houding is die kanse goed dat die klient nie juis ‘n hoë opinie oor die firma gaan koester nie. Sulke trakeloosheid, lei gewoonlik ook na foute en kliente wat vinnig omgekrap word.
As ‘n minimum behoort diens so vinnig en effektief as moontlik te wees. Mens kan baie strooi opvreet solank jou tyd nie gemors word nie. Doen iets die eerste keer reg en baie dinge sal vergewe word. Terselfde tyd kos vriendelikheid niks nie. Jy kan effektief wees met ‘n vriendelike groet ook. Almal lyk in elk geval mooier as hulle glimlag. Dit hou natuurlik hulle eie beloning in. ‘n Vriendelike groet of ‘n glimlag moet iemand met goeie maniere op dieselfde wyse beantwoord. Dit plaas ‘n knorrige klient in ‘n baie beter luim. Jy kan tog nie op iemand skree wat vriendelik is nie.
Uitmuntende diens is wat my liries maak. Dit is maatskappye wat uit hulle pad gaan om my gelukkig te hou of te gemoed te kom. Hulle krap ‘n mens nie onder elke bossie uit nie. Wanneer jy hulle wel kry, beter jy soos ‘n neet vasklou. Hulle is gewoonlik vriendelik, effektief en niks is vir hulle te veel moeite nie. Hulle produk keuses gaan ook verder as “Vat dit” of “Los dit”. Ideal vir die meer kieskeuriges onder ons.
Vandag wil ek by julle weet watter plekke bied uitmuntende diens? Plekke wat julle sonder om twee keer te dink by enige plek sal aanbeveel. Dalk die kafee op die hoek wat jou koerant vir jou bêre as jy ‘n bietjie laat is? Miskien ‘n motorhandelaar wat bereid is om jou nuwe kar turkoois te verf. Miskien dalk net ‘n tandarts wat jou tande regtoor sonder ‘n boor? Goed, dalk is my verwagtinge ‘n bietjie hoog. Hoe sal jy uitmuntende diens beskryf en waar kry jy meer as wat jou hart begeer?
Breinvasbrand: Wie het die eerste kasregister uitgevind?
Breinlosbrand: Olga was reg met Geezer Butler, Ozzy Osbourne, Tony Iommi en Bill Ward.
Eerste!!!!
James S. Ritty in 1879 toe het John F. Patterson sy patent gkoop en verbeter.
Goeie diens? Hmmmm!!!! Dalk die kassiere by pnp in Lydenburg wie gesien het ek sukkel toe neem sy my handsak en haal my beursie uit. Sy het oopgemaak en vasgehou, ek het die geld uitgehaal.
Kameraz in Rosebank. Absoluut tops! As jy op ‘n Saterdag daar staan dan is dit opmerklik hoeveel mense ou vrinne met die personeel is, almal kom weer terug.