Bestaan Satanisme?

17 04 2011

Die eerste reël van ‘n goeie storie is dat jy dit nie met feite moet bederf nie.  Rapport vra vandag of Satanisme nie ‘n goeie storie is wat met weinige feite bederf is nie.  Satanisme, ‘n geloof waar Satan aanbid word met skokkende rituele en offers soos swart katte en selfs babas.  Afgryslik, maar hoeveel is hoorsê en hoeveel is waarheid?

Persoonlik was ek nog altyd gefassineer deur die onbekende.  Geheime organisasies, onopgelosde raaisels, ander gelowe en gebruikte.  Iets wat wel nog altyd uitgesluit was, was Satanisme.  Wat nie net ‘n ander geloof is nie, maar ‘n geheime organisasie op sy beste.  Waarskynlik nog meer bekend en meer tasbaar as iets soos die Illiminati of die Vry Messelaars.  Geen wonder ook nie, ek is so bang vir satan soos die duiwel vir ‘n slypsteen.  No pun intended. 

Nie dat dit beteken dat ek my kop in ‘n volstruisgat indruk omtrent Satanisme nie.  Ek sal byvoorbeeld nie huiwer om ‘n artikel daaroor te lees wat my pad kruis nie.  Ek voel die duiwel karring reeds te veel in my lewe soos dit is, ek hoef hom nie nog te gaan opsoek en geskrewe uitnodiging te rig nie.  Ek speel dus nie met okulte nie.  Ek glo dat ‘n mens sal kry wat jy soek en ek soek veel eerder God as die duiwel. 

Jare terug was daar sprake dat Amsterdam die hoofstad van Satanisme in Suid-Afrika is.  Daar was in die 70’s sprake dat daar 40 000 Sataniste in die land is.  ‘n Sogenaamde hoëpriester van satan het in 1978 aangevoer dit is eintlik 90 000 mense.  Suid-Afrika – nee, die grootste gedeelte van die wêreld – het iets soos geloofsvryheid.   In al die jare, het nie een van die Sataniste lus gevoel om die vryheid op te eis nie?  Openlik ‘n plek van aanbidding te bou en openlik lede te werf nie? 

Daar word altyd na ‘n motief vir moord gesoek en Satanisme is ‘n goeie motief sover dit die fasinasie van die publiek soek.  Baie mense verpes katte en dink niks daarvan om katte so wreed as moontlik dood te maak nie.  Vir hulle eie plesier.  Sinister, maar nie naastenby so sinister as wat kietsie op ‘n altaar tot ‘n einde gekom het in ‘n offer nie.  Rebellie bly lekker en kan ‘n mens ‘n groter, walghalsiger rebel kry as een wat teen God veg?  Is dit outomaties ‘n deel van ‘n georganiseerde geloof soos Satanisme?

Rapport beweer dat Huisgenoot in 1978 met ‘n artikel van duiwelspriester die hele debakel begin het.  Alles gegrond op die woord van iemand wat sê hy is ‘n Satanis.  As iemand gaan sê hy kan vlieg, gaan daar op bewyse aangedring word.  Tog het ‘n grustorie nie juis bewyse nodig om geglo te word nie.  Daar is selfs studies wat tot die gevolgtrekking kom dat satanisme weinig meer is as ‘n paar liedjies en gruflieks nie. 

‘n Groot bohaai oor niks?  ‘n Goeie poging om meer kleur in ons saai lewens te gee?

Aan die ander kant.  Ek het een keer ‘n fliek gekyk waarin die volgende kwyt geraak is.  “Die grootste oorwinnig van satan was om die mensdom te laat glo dat hy nie bestaan nie.”  As ons Satanisme ontken, maak ons nie dalk die oorwinnig vir die prins van duisternis makliker nie? 

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wie was die stigterslede van Black Sabbath in 1969?

Breinlosbrand:  JWW was reg met In Case of Emergency.  Dit is dus die nommer wat iemand op jou sel sal soek in geval van nood.


Aksies

Information

17 responses

17 04 2011
Olga

eerste!
Almal? Dis baie.
Geezer butler, ozzy osbourne, tony iommi, bill ward.

17 04 2011
Olga

na n opspraakwekkende artikel in enige koerant of tydskrif, gaan daar altyd glamour-lustiges wees wie skielig n satanis is. Dra iemand altyd of dikwels swart klere, is dit dadelik n satanis. Dra iemand altyd wit sak jy eerder hoor ‘boring.’

18 04 2011
Xena Phoenix

Party mense het die kuns vervolmaak om ‘n duiwel in alles en almal te sien.

17 04 2011
toortsie

Ek stem met jou saam – bly eerder weg! Gebruik eerder jou tyd om die goeie te soek.

18 04 2011
Xena Phoenix

Moenie vir skoor soek nie, jy kry dalk meer as waarop jy gebargain het.

19 04 2011
toortsie

Xena????? Stem jy met my saam? Of waarsku jy my???

18 04 2011
Selene Phoenix

Goeie more!

Ek wonder hoekom juis ‘n swart kat… baie weird! Ek sal nou nie gaan soek vir moeilikheid nie, en los die goed uit – maar vir ons om dit teen te baklei, gaan ons dit nie reg kry om dit af te maak as net stories nie.

Ek het ook al gru stories gehoor… en weet nie hoe mens dit sommer gaan stop nie, maar jy moet regtig siek in jou kop wees om sulke goed aan te vang!

18 04 2011
Xena Phoenix

Prins van Duisternis – swart en van daar seker die arme swart kat. Nie juis dat ek sal kan raai hoe ‘n sogenaamde satanis se kop werk nie.

18 04 2011
Sonlig

Ek glo wel dat dit bestaan, maar stem heeltemal saam met jou dat ek veel eerder my tyd bestee om Jesus in alles raak te sien in plaas van die duiwel.

Satan het presies soveel plek in jou lewe as wat jy aan hom toeken.

Maak nie saak hóéveel sataniste daar in ons land is nie – God is steeds in beheer en ons kan maar net bid dat iets of iemand betyds in hule lewens sal ingryp.

18 04 2011
Xena Phoenix

Ek het eendag iewers gelees dat ‘n Satanis selde ouer as 30 is. Dan is hulle uit die fase uit. Mens kan net hoop dat hulle nie blywende skade opgedoen het nie.

18 04 2011
Nikita

Satanisme bestaan en ek stem, moenie krap waar dit nie jeuk nie. Dis juis wat die Satan wil he. Klompie jare terug was ‘n paar onnies van die Moot deur Sunny Side Polisie deur die stad geneem [10pm-1am] [en twee hoerskole se hoofseuns/dogters] om ons te wys wat werklik in die stad aangaan daardie tyd van die aand/nag. Ek sal nie hier uitbrei nie, maar dit was skrikwekkend. – plekke waar satansaanbidders bymekaarkom [gereeld] is ook aan ons uitgewys.

18 04 2011
Xena Phoenix

Hi Nikita

Ek wonder nogal, as die polisie weet waar om hulle te kry, hoekom tree hulle nie op nie. Goed, net die blote beoefening van Satanisme is nie teen die wet nie. Tog is die offers van katte en mense wel teen die wet.

Daai tyd van die nag deur Sunnyside. Julle was baie dapper.

18 04 2011
Nikita

Gelukkig was ons in ‘n Polisie-kombi[bussie] en twee ‘ou manne’ [ervare] van die Polisie by ons. Alleen in ‘n kar sal ek dit nie eens na 6 daar rond nou waag nie. Hulle het slegs vir ons die plekke uitgewys waar hulle weet hulle bymekaarkomplek is, hulle tree seker teenoor hulle op – nie daaroor uitgewy nie. O ja, ook ‘n paar prostitute vir ons uitgewys LOL – selfs die prostitute het hulle geeien en gekamma-maak wegstap, hulle het met ons om die blok gery net om te wys die prostitute stap terug na hul ‘wagplek’ as hul dink die polisie is weg. [moet se, dit was nogal pret om met hulle daar rond te ry]. Hulle het ons selfs in plekke geneem waarna ek my hele lewe nooit in was nie [ook nie weer in sal waag nie] – o ja, selfs die opelug-slaghuis in PTA gewys [Marabastad] en jy kon die stank deur die toe deure/vensters ruik.

19 04 2011
toortsie

Een van Satan se slim planne om ons in sy mag te kry, is juis om ons te laat glo dat hy nie bestaan nie….

19 04 2011
Dion

Daar is wel die skynbare sataniste waarvan mens altyd hoor en ja, dit kan seker toegeskryf word as soeke vir aandag of sensasie. Daar is die wat offer, wat in toordery belangstel, wat God en die mensdom haat en wat satanisme ‘n lewensfilosofie maak. Mens hoor gewoonlik nie van hulle nie, met goeie rede. Ek stem saam, dis goed om vir Jesus in als raak te sien – geen probleem daarmee nie. Onthou ook, al die engele is ook Jesus se skepping. Dit sluit Lucifer in. As dit my hele lewensideaal is om gif te vermy, maar nie weet hoe dit lyk nie, gaan ek myself dalk binnekort vergiftig vind. Ken jou vyand en sy dade, sonder om oordadige tyd beter gespandeer aan God se Plan te mors.
Blywende skade? Ja. Aanhoudende stryd en gebed.
Wat in hulle koppe aangaan? Hmm, ek kan nie onthou nie. Dis baie diep weggebêre.
Toorts, spyker op die kop. As ons onsself wysmaak dat Satan nie bestaan nie, kan ons die geloof in God ook afskryf, want Satan is deur God geskape. Dis hartverskeurend dat regte sataniste (en Satan homself!) absoluut in God glo – soveel meer as “gelowiges” – juis omdat hulle absoluut in Satan glo. Hulle is nie eers skynheilig daaroor nie. Goeie stuk, Xena. Ons kan nog lank hieroor praat…

20 04 2011
toortsie

Het net vanoggend gelees dat dit belangrik is om te weet hoe die vyand opereer. Maar baie belangriker is om onsself te versterk sodat ons sy aanslae kan weerstaan…
Sommer die eenvoudigste aanslae wat daar is: skinder, hoorsê, nie ‘uit” te wees met die dinge van die tyd nie… sagte dingetjies maar SLU!!

23 05 2014
Johng263

Article Source a viral game app is not that much ededcdgdfedb

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: