Bestaan Satanisme?

17 04 2011

Die eerste reël van ‘n goeie storie is dat jy dit nie met feite moet bederf nie.  Rapport vra vandag of Satanisme nie ‘n goeie storie is wat met weinige feite bederf is nie.  Satanisme, ‘n geloof waar Satan aanbid word met skokkende rituele en offers soos swart katte en selfs babas.  Afgryslik, maar hoeveel is hoorsê en hoeveel is waarheid?

Persoonlik was ek nog altyd gefassineer deur die onbekende.  Geheime organisasies, onopgelosde raaisels, ander gelowe en gebruikte.  Iets wat wel nog altyd uitgesluit was, was Satanisme.  Wat nie net ‘n ander geloof is nie, maar ‘n geheime organisasie op sy beste.  Waarskynlik nog meer bekend en meer tasbaar as iets soos die Illiminati of die Vry Messelaars.  Geen wonder ook nie, ek is so bang vir satan soos die duiwel vir ‘n slypsteen.  No pun intended. 

Nie dat dit beteken dat ek my kop in ‘n volstruisgat indruk omtrent Satanisme nie.  Ek sal byvoorbeeld nie huiwer om ‘n artikel daaroor te lees wat my pad kruis nie.  Ek voel die duiwel karring reeds te veel in my lewe soos dit is, ek hoef hom nie nog te gaan opsoek en geskrewe uitnodiging te rig nie.  Ek speel dus nie met okulte nie.  Ek glo dat ‘n mens sal kry wat jy soek en ek soek veel eerder God as die duiwel. 

Jare terug was daar sprake dat Amsterdam die hoofstad van Satanisme in Suid-Afrika is.  Daar was in die 70’s sprake dat daar 40 000 Sataniste in die land is.  ‘n Sogenaamde hoëpriester van satan het in 1978 aangevoer dit is eintlik 90 000 mense.  Suid-Afrika – nee, die grootste gedeelte van die wêreld – het iets soos geloofsvryheid.   In al die jare, het nie een van die Sataniste lus gevoel om die vryheid op te eis nie?  Openlik ‘n plek van aanbidding te bou en openlik lede te werf nie? 

Daar word altyd na ‘n motief vir moord gesoek en Satanisme is ‘n goeie motief sover dit die fasinasie van die publiek soek.  Baie mense verpes katte en dink niks daarvan om katte so wreed as moontlik dood te maak nie.  Vir hulle eie plesier.  Sinister, maar nie naastenby so sinister as wat kietsie op ‘n altaar tot ‘n einde gekom het in ‘n offer nie.  Rebellie bly lekker en kan ‘n mens ‘n groter, walghalsiger rebel kry as een wat teen God veg?  Is dit outomaties ‘n deel van ‘n georganiseerde geloof soos Satanisme?

Rapport beweer dat Huisgenoot in 1978 met ‘n artikel van duiwelspriester die hele debakel begin het.  Alles gegrond op die woord van iemand wat sê hy is ‘n Satanis.  As iemand gaan sê hy kan vlieg, gaan daar op bewyse aangedring word.  Tog het ‘n grustorie nie juis bewyse nodig om geglo te word nie.  Daar is selfs studies wat tot die gevolgtrekking kom dat satanisme weinig meer is as ‘n paar liedjies en gruflieks nie. 

‘n Groot bohaai oor niks?  ‘n Goeie poging om meer kleur in ons saai lewens te gee?

Aan die ander kant.  Ek het een keer ‘n fliek gekyk waarin die volgende kwyt geraak is.  “Die grootste oorwinnig van satan was om die mensdom te laat glo dat hy nie bestaan nie.”  As ons Satanisme ontken, maak ons nie dalk die oorwinnig vir die prins van duisternis makliker nie? 

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wie was die stigterslede van Black Sabbath in 1969?

Breinlosbrand:  JWW was reg met In Case of Emergency.  Dit is dus die nommer wat iemand op jou sel sal soek in geval van nood.





Oplossing Week 15 / 11

17 04 2011

Algemene Kennis

  1. Charl Schwartzel (Olga / Dudu)
  2. Tongo (Olga / Dudu)
  3. Bruin (Olga / Dudu)
  4. Psalms (Olga / Dudu)
  5. 22 April (Olga / Dudu)

Uilspieël

  1. Yskas – Nie ‘n uitsaai ontvanger nie (Dudu)
  2. Sushi – Word koud geëet, nie warm (Dudu)
  3. Harmon Rabb – Karakter van JAG, nie NCIS nie (Dudu)
  4. Kyknet – betaal kanaal (Dudu)
  5. Indië – is nie ‘n eiland nie (Dudu)

Toorwoorde

  1. persoon wat nie ‘n kundige op ‘n vak gebied is nie (Olga)
  2. biologie (Olga)
  3. Van rus bly die werk ongedoen (Olga)
  4. Tas (Olga)
  5. onstuimig  

Couples Theraphy

  • Charl Schwartzel – Louis Oosthuizen (gholf) (Olga)
  • Victor Matfield – John Smith (rugby) (Olga)
  • Jacques Kallis – Graeme Smith (chokers) (Olga)
  • Wesley Moodie – Rik de Voest (tennis) (Olga)
  • Siphiwe Tshabalala – Steven Pienaar (sokker) (Olga)

Sportsterre in hulle gekose sport

Liedjiepret

  1. Great Balls of Fire – Jerry Lee Lewis (Demoerin/ Olga)
  2. End of the world – REM /Carpenters / Skeeter Davis (Demoerin/Olga)
  3. Man on the moon – Ballyhoo /REM (Demoerin/Olga)

Liriekeraai

  1. Sk8ter Boy – Avril Lavigne (Olga)
  2. Lady Marmalade – Labelle / Missy Elliot, Pink, lil Kim (Olga)
  3. Cha Cha Slide – DJ Jasper (Olga)
  4. Radio Dancing – Engelbert Humperdink (Olga)
  5. Achy Breaky Heart – Billy Ray Cyrus (Olga)