Deesdae het baie wyne ‘n prop (twist cap) wat soos verlang gebruik kan word om die bottel te open of toe te maak. Dit is makliker bekombaar, geriefliker vir die gebruiker en wraggies ook meer higiënies. Om van goedkoper nie te praat nie. Kurk, wanneer en waar dit in die hande te kry is, is die duurste deel van ‘n bottel wyn. Dit is dus sinvol om van kruk afstand te doen.
Sinvol, maar dit bly sonde om met tradisie te konkel. Baie wyndrinkers glo vas dat ‘n wyn van ‘n bottel sonder ‘n kurk, net nie wyn is nie. Ons kan dus verwag dat kurkproppe nie sommer in die niet gaan verdwyn nie. Daarmee saam gaan natuurlik kurktrekkers en ‘n gestoei om die bottel oop te kry.
Party kurktrekkers is absoluut nutteloos. Dit befomfaai die kurk, wat nie een aks beweeg as jy die kurktrekker uit trek nie. Dit is natuurlik op die punt wat jy jou geluk moet beproef met ‘n ander trekker. Jy kan ook die die prop instoei, wat altyd die wyn se vloei rondneuk. Dit raak dan ‘n kuns om ‘n glas vol te kry.
Daar was ‘n tyd wat ‘n swaard ingespan was om ‘n bottel oop te maak. Die kop van die bottel breek gewoonlik redelik skoon en dan het jy ‘n punt wat jy kan vasgryp om die kurk kan uit trek. Ek het al gesien hoe iemand dit met ‘n broodmes doen, maar ek sal dit nie self doen nie.
Hoe kom jy by jou wyn uit? Watse tipe kurktrekker verkies jy? Verkies jy wyn in met ‘n twist cap of met ‘n kurk prop?
Wie runnik saam?