Lunch Week 15 / 11

15 04 2011

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil.  Identifiseer dit met die sanger.)

Ons onderbreek die nuusberig – Liewe genugtig!  Groot bolle vuur het nou net uit die lug gekom.  Dit lyk beslis die einde van die wêreld aangebreek het.  Die man op die maan gaan binnekort nie meer alleen wees nie.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. She calls up her friends.
    They already know
    And they’ve all got tickets to see his show.
    She tags along, stands in the crowd.
    Looks up at the man that she turned down.
  2. He sat in her boudoir while she freshened up
    Boy drank all that Magnolia wine
    On her black satin sheets suedes and dark greens.
    yeah
  3. Allrite now were gonna do the basic steps
    To the left,
    Take it back now y’all
    One hop this time
  4. One day I’m gonna take you to London
    We’ll stay at a fancy hotel.
    And baby
    you’ll knock ’em dead in the disco
    But tonight this ‘ll do just as well.
  5. Oh tell your Aunt Louise, tell anything you please
    Myself already knows that I’m okay
    Oh you can tell my eyes to watch out for my mind
    It might be walking out on me today




Daardie Paal

15 04 2011

Iewerste het almal al ‘n fliek, program of advertensie waar daar ‘n brandweerpaal was.  Al ooit gewonder waar dit vandaan kom?

Rondom 1870 was baie brandweerstasies oor 3 vloere gewees.  Die onderste vloer was waar al die voertuie en toerusting gehou was, die tweedevloer waar die mans ontspan het as hulle nie met iets besig was nie en die derde vloer was waar die hooi vir die perde gestoor was.  In die winter het hulle die hooi met ‘n paal vasgemaak op die trokke en in die somer was dit ook op die derde vloer gebêre.

George Reid, ‘n brandweerman van Chicago, het eendag sommer met die paal afgeseil om op ‘n noodoproep te antwoord.  Dit het sy bevelvoerder so beindruk, dat hy in 1878 aansoek gedoen het om permanent so ‘n paal in die stasie te plaas.  Die paal was natuurlik die grap van die jaar gewees, tot daar eendag besef was dat die spesifieke tak altyd eerste by ‘n brand opdaag.  Die paal is vinniger en veiliger as om by trappe af te hol.  En natuurlik ook soveel meer pret.

Ongelukkig word die paal deesdae as ‘n gevaarlike werktuig gesien en het baie lande begin om dit te verbied.  Iemand kan natuurlik lelik seerkry as hulle per ongeluk hulle greep verloor en val.  Die wrywing van die paal kan brandwonde veroorsaak (raai maar self waar) en die brandweerman kan ook moontlik deur ongesiene  voorwerpe beseer word.  Sou hy / sy te vinnig afgly, kan hulle te hard land en daarmee dan hulle bene breek.

Daar is veiligheidstappe in plek gestel om die glyers te beskerm.  Van dit sluit valdeure in, sodat iemand nie per ongeluk langs daar kan afval nie.  Die deure maak net oop terwyl iemand met die paal afgly.  Verder is daar oop kussings onder wat die val ‘n bietjie kan breek.  Nogtans word brandweerstasies deesdae so gebou dat dit op die grondvlak is.  Die gebruik van die paal is dus onnodig.

So word nog ‘n tradisie nek om gedraai.