Onderhoud Nood

14 04 2011

Daar heers tans nogal ‘n groot debat in Beeld oor die twee kleuters wat die naweek in hulle huis doodgebrand het.  Die dood van kleintjies is altyd tragies, veral as dit nog op so ‘n wrede manier geskiet.  Dit is net menslik om iemand verantwoordelik te hou, maar geen beskuldiging gaan die tweetjies weer lewendig maak nie.

Hoewel ‘n mens nie ‘n tragedie ongedaan maak nie, kan jy wel lesse leer en dit toepas om hopelik so ‘n tragedie in die toekoms te voorkom.  Ek sidder om te dink dat die enigste brandweerwa oppad na die brand gebreek het.  Ek besef dat die brandweer moontlik nie die nodige wonderwerk kon verrig het nie.  Tog, was daar ‘n beter kans as hulle wel by hulle bestemming gekom het as wat hulle verleë of traak-my-nie-agtig langs die pad gaan staan het.

In die geval is daar ‘n dogtertjie (3) en ‘n seuntjie (2) wat die gelag betaal het.  Hulle is egter nie die enigstes nie.  Ons kan hoop dat hulle die laastes is, maar daardie hoop gaan waarskynlik beskaam.  Die probleem is dat geen mens kan waag om hulle lewe in die staat se hande te plaas nie.  Jy moet op eie genade sien kom klaar.  Die ambulanse, die polisie en die brandweer sal opdaag wanneer dit hulle behaag.

Daar is seker weinig te doen met die houding van die mense wat vir die nooddienste werk.  Die minste wat ons kan verwag, nee, waarop ons moet aandring is dat die hulpbronne daar moet wees vir die wat wil probeer.  Dit sluit voertuie in!  Voertuie wat gebruik kan word wanneer daar ‘n nood toestand ontstaan – dus moet die sleutels beskikbaar wees, die drywers moet toegang tot brandstof hê, dit moet teen vandalisme beskerm word en dit moet in ‘n goeie lopende toestand wees.

Geen regdenkende mens koop / ry ‘n kar sonder om die nodige voorsorg te tref vir onderhoud nie.  ‘n Kar is vir die meeste van ons ‘n vervoermiddel, iets om van punt A tot punt B te kom.  Die meeste privaat karre is nie aangeskaf met die idee om mense lewens te red nie.  As privaat motoreienaars soveel sorg in hulle karre sit, hoeveel te meer sorg moet daar net nie in noodvoertuie gaan nie.  Die idee met gereelde onderhoud is om te voorkom dat die voertuig iewers breek.  Bitter eenvoudig, mits jy nie politieke voornemens het nie.

Ongelukkig kan nie een van ons sê dat ons lewe nooit op die reaksie van nooddienswerkers gaan afhang nie.  Van ons het die luukse dat ons privaat dienste kan bekostig, maar selfs dit is nie ‘n waarborg nie.

Hoe gaan dit reg gestel word?  Moet ons dalk ‘n kultuur kweek vandat jou werk jou trots is?  Moet ons dalk die lakses regtelik verantwoordelik hou?  Of moet ons dalk net die nooddienswerkers vol Bar One pomp?

Breinvasbrand:  Wat is ‘n I.C.E nommer?

Breinlosbrand:  Olga was reg dat die armes dit nie wou hê nie.


Aksies

Information

10 responses

14 04 2011
Olga

eerste.

14 04 2011
Olga

gereelde diens en instandhouding van voertuie behoort verpligtend te wees.

15 04 2011
J W W

I C E – In Case of Emergency

Dis mos maar hoe dinge in afrika werk, gee nie ‘n hel om oor die werk nie, maar ek wil graag die job hê…. ja nee kyk, 400 jaar lank probeer ons die kontinent beskaafe maak en ons feil mislik !

😡

15 04 2011
demoerin

Ek dink daardie mense moet ‘n eis teen die staat instel, en al wen hulle nie, sal dit miskien veroorsaak dat hulle twee keer dink oor partytjie hou met geld wat vir die brandweerwa se diens moes gegaan het. Dit is verskriklik hartseer, veral as jy gereeld ook hoor van ‘n polisievoertuig kon nie uitkom nie, want hulle het nie petrol nie, of net een uit die vier ry nog. Die staat is baie vinnig om te verkondig oor hoe ons belastinggeld vir die verskaffing van dienste gebruik word – en ons sien net meer en meer gevalle waar dit NIE so is nie. Poepholle!

15 04 2011
Olga

bel die polisie en hul kom 3 ure later indien ooit daar uit. Bel die brandweer en hulle trok breek en n ma sit in sak en as oor haar kinders. Die wyse waarop hul gesterf het, sal haar altyd nagmerries gee. Dit sal regtig goed wees as die anc nou uit die kussings gelug word. In ons vally het ek maande laas n verkeerskonstabel in die uitvoer van hul pligte gesien. Verlede het naweek 2 hummers in die dorp by my verby gery. Al 2 bestuurder met quart bier teen die mond. Lp registrasies. Die hoeveelste quart was dit?

15 04 2011
leonvonmoltke

Die permeasie van slapgatgeit is ‘n kanker in ons samelewing. Dit gaan baie moeilik en lank vat om dit uit te roei.

15 04 2011
Selene Phoenix

As hulle betaal word vir werk wat gedoen word, sou hulle dalk gewerk het! Maar dis mos lekker om met die staats motors rond te ry en dan wanneer daar gewerk moet word nie petrol oor is nie!

Dis net erg hartseer dat lewens so onnodig verloor word omdat iemand te slap gat is om te werk!

Daai twee kindertjies (en ander daar buite) wat die prys moes betaal het op so wrede manier is net nog ‘n bewys dat die sisteem nie werk nie… mense moet sommer hoog en laag gefire word sonder om vrae te vra en indien nodig van moord aan gekra te word! Dalk skrik hulle dan wakker en werk. Hulle gee ook slegte name vir die wat wel werk!

15 04 2011
Sonlig

My pa sê altyd: ” ‘n Ander man se genade is ‘n hel se genade”.

Dis darem terrible dat ons in ons diepste ure van nood op ander mense se genade, integriteit en commitment (of gebrek daaraan) moet staatmaak.

Daardie arme ou twee kindertjies!!

15 04 2011
PlaasJuppie

Dit is ‘n Afrika siekte. As jy vandag geld in jou sak het (of die staatskas, want vir die regerende elite is dit dieselfde ding) dan spandeer jy dit vandag. More moet vir homself sorg.
Vooruitbeplanning en onderhoud is volksvreemde begrippe. Eskom, Spoornet, SAPD, SANDF, Gesondheidssorg….alles sprekende voorbeelde. En die populasie betaal met lewens daarvoor.

16 04 2011
Twilight

Dit sal nie help om ‘n eis teen die staat in te stel nie, want die ouens wat geld verkwis terwyl noodsaaklike onderhoud nie gedoen word nie, is blykbaar onaantasbaar. Ek het self met staatsvoertuie gery. Meestal was hulle nie in ‘n slegte toestand nie en is hulle getrou onderhou. Al probleme wat ek ooit gehad het was met een voertuig waarvan die speedometer nie reg gewerk het nie en ‘n ander een wat in die middel van ‘n kruising met my gaan staan het. Blyk die battery was nie mooi gekoppel nie en de rede daarvoor is dat een van die werkers die battery naweke uitgehaal het en huis toe gevat het…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: