Nuut, gebruik en vodde

13 04 2011

Olga skryf vandag dat sy nie van die teddiebere onder haar sorg kan afstand doen nie.  Ek stem volmondig met haar saam.  My teddiebere (onder andere) is myne en ek deel nie graag nie.  Ek sal ook self veel eerder ‘n nuwe speelding gaan koop as om van myne afstand te doen. 

Die rede is dat ek sentimenteel is – niks meer en niks minder nie.  Ek het in beginsel niks teen die herversprei van gebruikte speelgoed, klere of komberse nie.  As jy iets nie meer gebruik nie en bereid is om daarvan afstand te doen, hoekom nie.  Iemand anders kan dit wel gebruik en is dalk heeltemaal desperaat daarvoor.  Dit kos jou immers niks nie. 

Tog is daar deesdae ‘n neiging onder liefdadigheid organisasies om op nuwe goed aan te dring.  Hulle soek nuwe speelgoed vir kinders, nuwe klere vir die mense wat niks het nie en nuwe komberse vir die mense wat op straat bly.  Die laasgenoemde steek my veral dwars in die krop.  ‘n Tweedehandse kombers is sekerlik tog net so dienlik as ‘n nuwe een?  Dit gaan immers vuil word, verloor word, gesteel word en verkoop word vir drankgeld.  Hoekom dan nuwe komberse uitdeel?

Terselfde tyd kan gebruikte klere naakheid net so goed bedek soos nuwe klere.  Kinders speel net so lekker met gebruikte speelgoed as nuwe speelgoed.  Juis daarom ondersteun ek uit beginsel nie ‘n groep wat op nuwe klere aandring nie.  Dit blyk ‘n onnodige vermorsing te wees. 

Dit gaan nie oor suinigheid aan my kant nie.  Kanse is dat ek in elk geval ‘n nuwe kombers, speelding of klere sou gekoop het.  Dit steek my net dwars in die krop.  Aan die anderkant van die munt is daar mense wat onbruikbare vodde sal skenk en dan trane van dankbaarheid sal verwag.  Dit het waarskynlik gelei tot die nuwe goed vereiste.  Skenkers moet realisties wees en darem gemors van bruikbaar kan onderskei. 

Tog het ek al gesien hoe vrouens in my asblik krap en hoe hulle gesigte ophelder vir my vodde en selfs bederfde groente.  Baie van ons het nie ‘n idee wat armoede is nie.  Ek wil my amper verstout om te sê dat die wat hulle neuse vir gebruikte goed optrek, nog nie hulp nodig het nie.  As hulle regtig hulp nodig gehad het, sou hulle nie kieskeurig gewees het nie.

Ek gun iemand wat aan aardse besittings gebrek ly, waardigheid.  Waardigheid is egter nie gelykstaande aan luukses nie.  Iewers moet daar ‘n onderskeid wees.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  In Sound of Music, waarom het Maria nie haar lelike, enigste rok vir die armes geskenk nie?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Ralph Macchio.


Aksies

Information

12 responses

13 04 2011
Olga

sjym man, die rok was so lelik, die armes wou dit nie he nie.
Eerste!

13 04 2011
Olga

weet jy, as die straatkinders/mense my die kombers kan wys wat hul verld jr gekry het, ja, dan het hul die nuwe kombers verdien. Maar my wyse moedertjie het my geleer om nie n gegewe perd in die bek te kyk nie. Dus, gaan dit saak maak dat dit nie n nuwe kombers of teddie was nie? In die winter is n ou kombers defnislis beter as geen kombers. Kind verdien n nuwe speelding, toegegee. Maar gestel nou my kinders kom pak my teddie brigade en neem dit na n weeshuis, gaan hul dit regtig weier omdat van hulle al sowat 30 jaar oud is?

13 04 2011
toortsie

Ons plaasmense wys nooit iets van die hand nie. Ek vra soms verskriklik om verskoning as ek die ding gee en dit nie meer so goed is nie, en hulle is ALTYD dankbaar. Verlede week het ek my vrieskas skoongemaak. Skaapvleis hou so 3 maande, dan is dit nog nie “sleg” nie, maar het dit soms ‘n effens galsterige smaak. Ek sê toe hulle moet kyk of hulle dit nog kan gebruik, dit sou beslis niemand siek maak nie. ALS is weggedra!
Ek dink net party organisasies word oorval met goed wat regtig vodde is…

14 04 2011
seegogga

Julle laat my dink aan die man bydie ashoop. Ek het eenkeer gaan goed weggoooi na ek strandhuis skoongemaak het. Die huurders het 1 en ‘n halwe brood agtergelaat. Twee seuntjies wat fluks kom help sakke weggooi het, het elkeen ‘n geldjie gekry en die heel brood. Ek het gese dat hulle dit vir hulle ma moet gaan gee om vir hulle broodjies te maak. Toe kom ‘n groot man van ver af aangeslente en vertel my hoe swaar hy kry, hoe min werk daar is en het ek nie vir hom iets om te eet nie. Ek gee hom die halwe brood. Hy kyk so ontevrede daarna en se:’Is dit dan nou al wat ek kry?”
Ek het amper die brood teruggegryp. Het hy probeer help? Het hy gevra of daar werk is vir hom? en of ek van iewerk erens weet? Behoort hy aan ‘n organisasie wat bedelaars se regte op minimum donasies beskerm?

14 04 2011
J W W

Beggars cant be chosers….. dis hoe dit is – in elk geval ek gee nie vir straat bedelaars ‘n bleddie sent nie, nog minder die donnerse karwagte wat dink ek is simpel in my kop en kan nie my eie sakkies groceries in my kar laai nie, of weet nie hoe om uit ‘n parkering te ry nie… 😡

14 04 2011
Olga

ek gee die karnar n geldjie. Ten minste probeer hul darem. Ek moet toegee, ek vermoed al die krapmerk op my kar kom van die donners af. Ek het soveel giere en grille met my kar, ek sal weet of ek die bakwerk gekrap het.

14 04 2011
Selene Phoenix

Goeie more!

Ek stem oor die komberse… wys my fout met ‘n tweede handse kombers! As dit gewas is, is dit 100%! En nonsens met GMA wat sê ja in die somer maande verkoop hulle die komberse vir geld / kos / drank… waarop slaap hulle dan in die somer? Niemand se jy moet onder die kombers slaap in die somer nie!

Ek het as kind van my sus se tweede handse klere gekry om te dra. Dis die moeilikheid van middel kind… jy kry jou ouer sus se ou klere, en die jongste een kry nuwe klere want klere kan nou nie 3 keer gedra word nie! 😈 😆

14 04 2011
Olga

ek glo meeste kinders word groot op ‘handdowns.’ my oudste het bv die niggies (pa en ma se kant) se klere gekry. Tot sy op 5 groter (in lengte ook) was as hulle, toe 7 en 8.

14 04 2011
Olga

net so terloops, ek het op ousus se ‘handowns’ groot geword vandat 12 tot 20 was. Toe verhang ek weer die bordjies en word groter as sy.

14 04 2011
demoerin

By ons ook, die houseboy het my al paar keer uitgetrap oor goed wat ek weggegooi het.

14 04 2011
Olga

Bettie vertel my altyd sy sal self besluit wat is vodde. Want sover dit klere, lakens ens betref, sy sny die dienlike stukke lap in repe en maak lap matte.

11 08 2011
Cari

Goeie dag! Ons het ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie. Ons kyk tans na 6 kinders wat deur die hof van hul ouers weg geneem is. Ons het nou net klaar gemaak met ons aanbouings en na afhandeling van alles kan ons omsien na 20 kinders. Ek sê glad nie nee dankie vir enige tweede handse goedere nie. Dit beteken so baie vir die kinders en dit help my om hulle te help. Ek het nie mense wat my help met skenkings of donasies op ‘n maandelikse basis nie en dus help dit baie. So ons almal is gelukkig nie dieselfde nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: