Wax on, Wax off

12 04 2011

Ek, Xena Phoenix, is ‘n selferkende bleeksiel.  Ek pas ook die stereotipe soos ‘n handskoen.  Ek is ‘n boekwurm en voel ook baie tuis agter ‘n rekenaar.  Probleme oplos is vir my ‘n fees – hoe moeiliker dit is, hoe beter.  Ek neig na introverties, is nogal half onbeholpe en boonop baie verstrooid.  Om die prentjie volmaak af te rond is ek ‘n brunet wat boonop bril dra.  Die punt wat ek wil maak is dat ek nie juis die praktieste mens ooit is nie en het ook nie juis ‘n begeerte om te leer nie.

Met die verloop van tyd het ek darem al hier en daar die nodige leer doen.  Waarskynlik omdat daar niemand anders was om dit vir my te doen nie.  Ek het gewoonlik ‘n baie goeie teoretiese idee van wat gedoen moet word en sukkel gewoonlik nie te veel as ek dit in praktyk moet toepas nie.  Gewoonlik!

Nou die dag beloer ek my kamer so onderlangs en kom agter dat die mure afskuwelike merke op het.  Dit moet af, dadelik indien nie gouer nie.  So spandeer ek my aand om dit te was.  Spons in die regterhand om dit behoorlik te skrop en lap in die regterhand om dit af te vee.  Ek het nie verniet Karate Kid op ‘n stadium gememoriseer nie.  Helaas, al my moeite is verniet.  Die muur het meer as net ‘n was nodig, die bid behoorlik vir ‘n lagie verf.

Ek het al persoonlik self Kollege se klippe geverf.  Wel, eers het ek dit eintlik net bemors en moes dit daarna ordentlik gaan reg verf om ons eerste jaars te bevry.  Dit was nie te moeilik nie, as ek reg onthou.  Die muur moet geverf kom en ek is nie nog lus om te sukkel om ‘n verwer te kry nie.  Ek het nogtans gou by Twilight gaan raad vra en dit klink maklik genoeg.  Ek moet net die nodige verf en borsels koop.

OOPS!!!  Dit is net hier waar die paw paw die muur nog verder bemors het.  Ek het geweet daar is iets soos verfkaarte, maar my nie veel gesteur nie.  Ek soek ‘n ligte room en het gedink ek loop net in en laat spander met ‘n blik.  Aikona, natuurlik sal net ‘n bleeksiel so dink.  Room is nie net room nie en witterig is nie net witterig nie.  Dit kos fyn kyk om ‘n wit / room te kry wat nie grys, pienk of geel lyk nie.  Nie so maklik om die prentjie in my kop in kleur om te sit nie.

Weer terug na omtrent elke mens wat ek ken.  Ek het onder andere my ma gestuur om fisies te gaan kyk en haar aanbevelings te gee.  So tussen deur kon ek toe ‘n blik verf laat aanmaak en myself bewapen wat vir die taak nodig gaan wees.

Hoekom het ek dan gedink verf is so maklik soos val uit ‘n boom uit?  As dit so ‘n gesukkel was net met die aankope wat, wat nog van die taak self?  Tyd sal seker leer.  Daar is geen beter skool as persoonlike ervaring nie.

Breinvasbrand:  Wie het die rol van die “Karate Kid” vertolk in die 1984 fliek?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Roo-Bar.

Advertisements

Aksies

Information

37 responses

12 04 2011
Olga

eerste!
Ralph macchio?

12 04 2011
Olga

as dit n goeie dik verf is, behoort 1 laag te werk, mits die ‘afskuwelike’ merke nou nie deur slaan nie. Onthou om die mat of teels met koerant te bedek want jy tog nie agterna die mat of teels ook vervang nie.

13 04 2011
Xena Phoenix

Ek het nog al my bokse wat ek oor jare gebêre het vir goed se waarborg. Sal dit maar oor die koerantpapier gebruik.

12 04 2011
PlaasJuppie

Nee toemaar, jy is verniet bekommerd.
Die aktiwiteit van verf is regtig so maklik soos val uit ‘n boom uit. Jy het die moeilike deel agter die rug.

Tensy jy natuurlik nie die grondseile/koerantpapier vooraf neersit nie…en dat in ‘n woede uitbarsting die hele teëlvloer ook verf omdat jy daarop gemors het. Dan neem die die opruimaksie ongeveer twee dae…of so hoor ek.

Anyway. Plak die bokante van die vloerlyste (skirtings) toe met maskeerband, gooi jou matte/teëls toe met seil of koerante. Sny al die hoeke in met ‘n kwas en verf dan die groot oppervlaktes met ‘n roller. Sit in elk geval twee lae op, al lyk dit dig na een. Twee lae verseker dat die verf die beste sal hou en die gekose kleurdiepte die beste sal uitbring. (Lees wat sê die blik. Gewoonlik so 4-6 ure tussen lae)

Dan tel jy die koerante op en trek die maskeerband af en voila! Easy Peasy.

13 04 2011
Xena Phoenix

Daar is aanwysings op die blik? 😯 😉

Ek moet byvoeg, toeplak vat baie langer as wat ek gedink het dit gaan vat. En daar is baie minder maskeerband op ‘n rol as wat ek gedink het.

Die stories wat mense darem kan vertel wat hulle in ‘n woede uitbarsting gedoen het. 😆

12 04 2011
JWW

Drop sheets is ‘n moet, en, moet nie vergeet om die ou verf eers behoorlik te skuur met growwe skuurpapier nie, anders klou die nuwe laag verf nie te goed nie – o prrat jy hier van Enamel, of PVA ?

13 04 2011
Xena Phoenix

Enamel of PVA?

Huh? Ek weet darem die verf het ‘n waterbasis.

12 04 2011
Gerda. J.

daar kry jy nou goeie raad en wenke.

13 04 2011
Xena Phoenix

Beslis. Baie dankie vir almal se woorde van wysheid.

12 04 2011
seegogga

enamel werk met terpentyn. As jouu mure enamel op het, moet jy eers ligggies sandpapier. PVA werk met water. As jou mure reeds pva( akriliese verf) op het, hoef jy nie te sandpapaier nie, jy kan net verf. Volg plaasjuppie se raad en jy sal ver kom. Pasop vir te veel verf op jou roller.

13 04 2011
Xena Phoenix

Hoe weet ‘n mens of die mure enamel op het?

13 04 2011
leonvonmoltke

Soos PJ noem, is die maskeerband belangrik, veral as mens se hand nie so behendig is nie!

13 04 2011
Xena Phoenix

Daardie maskeerband is geplak, alles wag nou vir die finale aksie.

13 04 2011
Olga

enamel blink en voel glad. Gewomlik, kombuis, badkamer en dalk laundry. Pva voel kalkagtig en is matt. Tog kry jy ook n matt finish enamel.

13 04 2011
seegogga

Selfs die matt finish enamel het ‘n gladder gevoel en effense glans. Meeste huise het pva op. behalwe badkamer en kombuis wat gewoonlik enamel op het. PVA het geen glans nie. Indien onseker, vra expert, maar j behoort die verrskil maklik agter te kom. Genietit!

13 04 2011
Selene Phoenix

Goeie more!!

Ek love verf… veral as mens ‘n verskil na die tyd kan sien! Love it! Ons hele huis is room / off white (ivory white) so dis bietjie boring, toe bring ek so rooi / roes kleur in op 2 mure… help darem! My ma het jare terug besluit om die plafonne te verf, eers ‘n onderlaag, toe wit… toe slaan die onderlaag deur toe moes sy weer wit verf… shame sy het ons huis se plafonne seker 4 keer geverf… haar rug was af! Nooit weer nie! En die veiligheids goed tussen vensters is ook ‘n pes om eers af te skuur en dan te verf!

Moet net nie alles wit gaan nie – jy bly nie in ‘n malhuis nie!

O ja, bly by PVA!

14 04 2011
Xena Phoenix

Ek het juis gister gesien dat ek dalk eerder nie te krities na my vensters moet kyk nie. Rome is beslis nie in een dag gebou nie.

13 04 2011
Pikkelik

My stukkie raad, baba olie haal feitlik enige verf van jou hande (en alle ander ongelukkige dele van jou vel wat nie die aanslag vrygespring het nie) af. Haal die ergste met terpentyn af en ruk dan die bottel baba olie, of soos dit in ons huis bekend staan ‘skilpad-olie’ uit en voila, jy is amper weer skoon. Sterkte!

14 04 2011
Xena Phoenix

Ek moet sê, ek was verstom oor hoe maklik ek die verf van my hande afgekry het. Terwyl die babaolie op standby was.

Dankie vir die raad

13 04 2011
Sonlig

My stuiwer: Mens kry verf met ‘n 5 jaar waarborg en verf met ‘n 7 jaar waarborg. Gaan vir die 7-jaar een….dan hoef jy dit net elke 7 jaar te doen!!!!!! 🙂

14 04 2011
Xena Phoenix

Sonlig, ek het wel 7 jaar verf gekry. Dit is baie werk om te verf, wil dit nie te veel doen nie.

13 04 2011
Gerda. J.

onthou n kep of mus vir jou hare. verf kom moeilik uit jou hare.

14 04 2011
Xena Phoenix

Ek het dit vergeet, maar was bevoorreg genoeg om nie op my kop te mors nie. Ek het wel na dese ‘n verf broek.

13 04 2011
Skoor

Sit tog net die draadloos aan anders gaan jy jouself dood verveel!

14 04 2011
Xena Phoenix

Skoor, ek doen niks (behalwe slaap) sonder my radio nie. Ons doen dan seker die painting jive.

13 04 2011
Selene Phoenix

O ja en moenie jou Tweeling oor nooi nie… ek mag dalk ietsie vir die keel bring, dan verf ons baie mooi patrone jou HELE huis en tuin vol!!! 😆

14 04 2011
Xena Phoenix

TSK!!!

Ek het dan gehoop jy kom my help. Jinne, watse ietsie het jy vir die keel? 😉 Klink na gif!

Ons kan mos nie die bure afskeep met die patroontjies nie. 😉

13 04 2011
seegogga

handeroom voor jy begin verf help ook blykbaar dar verf nie te vas aan vel sit nie. ‘n Glas coke of rooiwyn help. Jy kan altyd ‘n verfparty gee. Jy sorg vir snacks en wyn , kwassies en rollers, en jou vriende kom met ou verfklere en almal verf gelyk- vet pret. Bedek tog net eers alles wat bedek kan word.

14 04 2011
Xena Phoenix

Ek het alles uitgedra. Die wyn sou ‘n treffer gewees het, maar helaas.

13 04 2011
Seekat

Ek het net een raat vir jou jy moet die maskeerband nie lank los as jy klaar is nie. As die verf droog is trk dit af want n paar dae later en jy vergeet dan kry jy dit nooit weer af nie dit word hard en dan sit dit verewig daar.

14 04 2011
Xena Phoenix

O jinne!!! 😯

Enige raad hoe om dit dan af te haal?

13 04 2011
Sisi Dudu

so matj die advais niks die wolinteers, auk bakietie bakietie. maibie sisi dudu gakom daso tshwane mak hom die pynt djou huis.

14 04 2011
Xena Phoenix

Ja, kom asb Dudu. Voordat die maskeerband hard word. Ek kort iemand vir die job terwyl ek by die werk is.

13 04 2011
toortsie

Bleeksiel???? Ek glo darem nie!! 🙂

14 04 2011
seegogga

hoe vorder die jobbie? Hoekomvra jy nie daardie ou op die prentjie nie?Hy lyk nogal oulik en is boonop links- dus slim en kreatieff ook.

14 04 2011
Xena Phoenix

En hy gaan enige oomblik van die leer af klotter. Hy is in elk geval seker ‘n yank iewers, die foto van die net gegaps.

14 04 2011
toortsie

Is dit so???? Links – slim! Kreatief!??? 🙂 😀 !!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: