Wax on, Wax off

12 04 2011

Ek, Xena Phoenix, is ‘n selferkende bleeksiel.  Ek pas ook die stereotipe soos ‘n handskoen.  Ek is ‘n boekwurm en voel ook baie tuis agter ‘n rekenaar.  Probleme oplos is vir my ‘n fees – hoe moeiliker dit is, hoe beter.  Ek neig na introverties, is nogal half onbeholpe en boonop baie verstrooid.  Om die prentjie volmaak af te rond is ek ‘n brunet wat boonop bril dra.  Die punt wat ek wil maak is dat ek nie juis die praktieste mens ooit is nie en het ook nie juis ‘n begeerte om te leer nie.

Met die verloop van tyd het ek darem al hier en daar die nodige leer doen.  Waarskynlik omdat daar niemand anders was om dit vir my te doen nie.  Ek het gewoonlik ‘n baie goeie teoretiese idee van wat gedoen moet word en sukkel gewoonlik nie te veel as ek dit in praktyk moet toepas nie.  Gewoonlik!

Nou die dag beloer ek my kamer so onderlangs en kom agter dat die mure afskuwelike merke op het.  Dit moet af, dadelik indien nie gouer nie.  So spandeer ek my aand om dit te was.  Spons in die regterhand om dit behoorlik te skrop en lap in die regterhand om dit af te vee.  Ek het nie verniet Karate Kid op ‘n stadium gememoriseer nie.  Helaas, al my moeite is verniet.  Die muur het meer as net ‘n was nodig, die bid behoorlik vir ‘n lagie verf.

Ek het al persoonlik self Kollege se klippe geverf.  Wel, eers het ek dit eintlik net bemors en moes dit daarna ordentlik gaan reg verf om ons eerste jaars te bevry.  Dit was nie te moeilik nie, as ek reg onthou.  Die muur moet geverf kom en ek is nie nog lus om te sukkel om ‘n verwer te kry nie.  Ek het nogtans gou by Twilight gaan raad vra en dit klink maklik genoeg.  Ek moet net die nodige verf en borsels koop.

OOPS!!!  Dit is net hier waar die paw paw die muur nog verder bemors het.  Ek het geweet daar is iets soos verfkaarte, maar my nie veel gesteur nie.  Ek soek ‘n ligte room en het gedink ek loop net in en laat spander met ‘n blik.  Aikona, natuurlik sal net ‘n bleeksiel so dink.  Room is nie net room nie en witterig is nie net witterig nie.  Dit kos fyn kyk om ‘n wit / room te kry wat nie grys, pienk of geel lyk nie.  Nie so maklik om die prentjie in my kop in kleur om te sit nie.

Weer terug na omtrent elke mens wat ek ken.  Ek het onder andere my ma gestuur om fisies te gaan kyk en haar aanbevelings te gee.  So tussen deur kon ek toe ‘n blik verf laat aanmaak en myself bewapen wat vir die taak nodig gaan wees.

Hoekom het ek dan gedink verf is so maklik soos val uit ‘n boom uit?  As dit so ‘n gesukkel was net met die aankope wat, wat nog van die taak self?  Tyd sal seker leer.  Daar is geen beter skool as persoonlike ervaring nie.

Breinvasbrand:  Wie het die rol van die “Karate Kid” vertolk in die 1984 fliek?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Roo-Bar.





Lunch Week 15/11

12 04 2011

Uilspieël

(Watter een pas nie en hoekom pas dit nie?)

  1. Televisie; Yskas; Radio
  2. Sushi; Kerrie; Sop
  3. Abby Sciuto; Tony DiNozzo; Harmon Rabb
  4. Kyknet; E-TV; SABC
  5. Japan; Taiwan; Indië