Road Kill

11 04 2011

Ek is beslis nie ‘n voorbeeld van mededeelsaamheid waar dit ander padgebruikers insluit nie.  Ek het al hoeveel kere gal gebraak oor die verbruikers met minder of meer as 4 wiele.  Terselfde tyd is ek in die opsig ‘n sprekende voorbeeld van blaffende honde wat nie byt nie.  Hoe ek ookal fietsryers, motorfietsryers, voetgangers, vragmotors; diere ens soms slegsê, sal ek enige iets in my vermoë doen om ‘n ongeluk met hulle te vermy.

Hoewel daar wetgewing is wat menslike padverbruikers moet nakom (al ignoreer hulle dit dikwels) moet ek nog die dier teëkom wat die wet gebestudeer en toegepas het.  Hulle verstaan die basiese beginsel beter as baie mense.  Sorg dat jy uit die pad kom of jy word padkos.  Hulle instinkte is oor die algemeen beter as enige mens s’n.  Tog gaan ek nie net aanvaar dat die dier wat op die pad is vanself uit die pad gaan beweeg nie.

Waar ek dus diere langs die pad gewaar, sal ek ten minste my voet van die petrol afhaal.  Volgafstande in inderwaarheid enige dag van die dag of nag geldig, dus behoort dit nie ‘n probleem vir my medemotoriste te wees nie.   Dit is seker selfsugtig van my, maar diere kan derduisende rande se skade aan jou kar aanrig.  Tog gaan ek ook nie ‘n klein dier doodry nie as ek dit kan verhelp nie.

Daar is egter mense wat anders dink.  Ek verwys nou nie na mense wat ‘n dier in die normale loop van omstandighede sal dood nie.  Daar is mense wat die diere op die pad jag vir een of ander sadistiese plesier.

Soos die naweek toe ons by ‘n verkeerslig wegtrek (die verkeerslig by die volgende kruising is pas rooi, dus gaan ‘n mens weer moet stop), jaag daar ‘n vent met sy Focus verby om die duiwe te probeer raak ry.  Hy het een getref dat daar net vere spat, net om gedwee by die volgende verkeerslig te gaan wag.  Van daar het al die duiwe gaan begrafnis hou en hy het normaal verder gery.

Was dit normale verkeer kon ‘n mens dit dalk insien, maar hy wou aspris ‘n duif in sy kanon in ry.  Dit sou niks van hom afgeneem het om rustig tot die volgende kruising te ry nie, dit sou hom inderwaarheid petrol gespaar het.  Dan sou daar egter een meer duif in die wêreld gewees het.

Hoe voel julle daaroor?  Is dit geregverdig om met ‘n kar diere op die pad te jag?  Net vir ekstra skop?  Of geld die beginsel van lewe en laat lewe nog steeds?

Breinvasbrand:  Wat word ‘n bullbar in Australië genoem?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Magnus Huss.


Aksies

Information

10 responses

11 04 2011
seegogga

Eerste. Mens noem so ‘n ou ‘n sadis.

11 04 2011
Olga

n cow catcher?
Tweede.

11 04 2011
Olga

toe nie. Blykbaar n nudgebar of n roobar.

11 04 2011
Olga

vir my is lewe en laat lewe van kardinale belang. Meeste van die tyd. Dis nou behalwe die rot wat by in my kas tussen my foto albums en teddies wil kom plak. Sodra ek hom hoor, en die klein mur is glad nie inkennig nie, spuit ek alles daarbo vaal met insekdoder. Maar glo my, 2 dae later is hy terug.

11 04 2011
JWW

Aag nee wat duiwe kan mens maar met graagte doodry – daar is eenvoudig te veel en hulle teel onbeheerst aan, om nie te praat van op my kar KAK nie…. ek verpes voels, hulle of raas of kak op my kar net na ek hom vir 2 ure lank gewas het.

In Australia noem somige die bullbar ‘n AboBar – soos in aboriginie (spelling??)

12 04 2011
Twilight

Nee, sies, mens leef en laat leef soos Olga sê. Ek voel altyd aardig as ‘n voël per ongeluk teen die ruit vasvlieg en sal ook alles doen om kleiner (en groter) diere te vermy as hulle oor die pad loop. ‘n Trop beeste langs die pad of wat oor die pad loop kan groot skade aanrig. Beste is maar om stadig tussen hulle deur te ry en nie te toet nie, want dan verskrik jy hulle net en hol hulle dalk juis voor jou in.

12 04 2011
demoerin

Ek het nog nooit iemand gesien wat dit doen nie. Hel, dit is barbaars!

12 04 2011
Olga

more, more. Ai, vandat ek hier gelees het, het ek weer onthou van die kat. 1980. Dit het op die sypaadjie gesit. Toe ons verby ry moes die kat besluit het om chicken te speel. Ek voel nog die slag onder my voete. Die ruk van die kewer toe die agterwiel oor hom gaan. Dit doen vir pret? Nee, regtig. Nie vir my nie. Jare later, die ou voeltjie. Daar was 2 van hulle, het dalk geleer vlieg. Toe was daar net 1. Ek sal dit nooit vir pret kan doen nie.

12 04 2011
terugblik

Ek sê leef en laat leef, behalwe as dit by ongediertes kom wat my woonplek met my wil deel, soos geitjies, slange, muise, paddas en rotte. Veral die eerste twee.

13 04 2011
Charms

Ag nee hel, wat gaan aan met party “mense”?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: