Sondag

10 04 2011

Daar is tog iets aan ‘n Sondag, iets wat dit anders as ander dae maak.  Ek is nie seker of dit net die geval onder diegene is wat hulle self Christenne noem nie of net omdat dit die einde van die naweek is nie.  Baie mense voel ook swaarmoedig op ‘n Sondag, vandaar die term Sondagaande Blues.  Vir baie mense is dit ook verlangdae, sommer na mense wat hulle nie eers ken nie.  Sondag is dan ook tradisioneel ‘n rusdag, ‘n dag om die batterye te herlaai vir die week wat voorlê. 

Wat maak Sondag vir jou anders as ander dae?

Sondae is vir my ‘n dag wat sinoniem met kerk is.  Ek probeer dus as dit enigsins moontlik is, my bas in die kerk kry.  Ek het die keuse om op ‘n Saterdagaand, Sondagoggend of Sondagaand te gaan.  Saterdag is mos nie Sondag nie, dus gaan ek nooit op ‘n Saterdagaand kerk toe nie.  Sondag is ‘n rusdag en ‘n mens rus mos deur te slaap.  Sondagoggend dienste meng dus onvergeeflik met my slaap in.  Ek gaan wel op Sondagaand kerk toe en sorg altyd dat ek vir die tyd oop is. 

So ver as moontlik probeer ek nie op ‘n Sondag inkopies doen nie.  Ek sal eerder na werk tyd inruim of my Saterdag daarvoor gebruik.  Melk het soms ‘n manier om op ‘n Saterdagaand te AWOL, dus breek ek soms my reël om op ‘n Sondag winkel toe te gaan.  Net vir noodinkopies.  Ek gaan fliek nie op ‘n Sondag nie en ek sal ook nie sommer op ‘n Sondag drink nie. 

In teenstelling daarmee, as ‘n begeerte om kos te maak my om een of ander rede oorweldig, sal dit gewoonlik op ‘n Sondag gebeur.  Ek sal dan ook skottelgoed was en so ‘n bietjie probeer skoonmaak ook.  Ek sal gewoonlik die bestandele vooraf koop en sal dus nie winkel toe hoef te gaan nie.  Ek sal ook ‘n hele paar ure aan my blog spandeer of ‘n Sondag.  Ek het ook nie juis ‘n probleem daarmee om my miere op ‘n Sondag te bevredig nie. 

Skynheilig soos ek is, is die Sondag egter verby die oomblik wat ek by die kerk uitkom.  Ek gee dan baie gemakliker dan geld uit – soos met my weeklikse Beker & Boontjie uitstappie – en voel nie skuldig nie.  Ek sal egter nog steeds nie gaan fliek nie. 

My Sondag eindig gewoonlik deur vroeg te gaan slaap. 

Hoe spandeer jy gewoonlik jou Sondag?


Aksies

Information

9 responses

10 04 2011
seegogga

Eerste? Hier sit ek nou in my kamerjas en tik, en dis kwart voor 11. Na Sterdagaand wat nie eindig voor 2 vm nie, is dit BAIE mOEILIK om 9.30 vm in die kerk te sit. Gewoonlik ky ek dit darem reg, net nie vanoggend nie. Ons het nie ‘n aanddiens nie, tot my spyt. Na kerk- winkel toe. voorheen gewoonlik SPAR TOE, waar mens dan al die nuus van die week kry by die ander Bredasdorpers wat presies dieselfde as jy kom doen het. Voorheen is daarna meestal uit see toe, deesdae is ons luier. Na ete slaap manlief weer, ek kom sit en slaap voor die laptop. En dan is dit mos tyd vir blues….,ne! Maar bo alles is Sondae tyd vir lui wees.

10 04 2011
Xena Phoenix

As kinders het ons ook altyd na kerk winkel toe gegaan. Daar moes koekies gekoop word vir ons Sondagoggend brunch.

10 04 2011
Olga

sondae is tot die voeltjies in my tuin minder uitbundig. Dalk het die meeste raasbekkies al hul migrasie begin. Ek dink sondae aanddiens is ideaal. Ongelukkig is dit ons sondaars nie beskore nie. 9 uur sondag oggend is it ons tyd.

10 04 2011
Xena Phoenix

Die voëls gaan dalk ook kerk toe. 😉 Beteken dit kerkgaan is vir die voëls?

Ernstig nou, Sondag is ‘n dag vir rus en vrede.

10 04 2011
Anna F

Omdat ons die pastorie is word daar (half en half ) verwag dat die pastoriegesin in die kerk sal wees, maar ek sukkel nogal om by te hou met verwagtings.. Vanoggend het ek pleinweg kerk gebank en my man is aleen weg. Oor die algemeen ,veral in skoolkwartale is Sondae ‘n besige dag en baie ver van ‘n rusdag af..

10 04 2011
Xena Phoenix

Baie Welkom by Herriemerrie, Anna. Hoop ons gaan jou nog baie hier sien.

Snaaks hoe mense se verwagtinge booie kan word. Ek moet erken, die feit dat ek nie kinders het nie, maak sake baie beter.

10 04 2011
Gerda. J.

saterdagaand vir kerkdiens kan wenner wees. sondagslaap tot die son jou agterent warm bak, lekker ontbyt dan die matte toe plak met koerante. nou is die realiteit vroeg gat lig kerk toe gaan en daarn is dit net nog n dag.

10 04 2011
Xena Phoenix

Gerda, moet ‘n mens nie jou neus by die deur uit sit vir Sondag koerante nie? Een van die redes hoekom ek sommer die koerant op my selfoon lees.

11 04 2011
Seekat

Sondag is die einde van die naweek maar die eerste dag van die week. Dit is nou net die laaste paar jaar wat jy begin kalanders kry wat sondag as die einde van die week aan dui maar dit is nie reg nie dit sal altyd die begin van die week bly. Saterdag is die sewende dag van die week. Sondag was altyd baie morbied vir my ge wees maar nou geniet ek elke sondag want ek sien uit na maandag om weer te begin werk. Dit is seker maar omdat ek my werk geniet en nie kan wag om maandag weer aan te gaan na die rus. Sondag oggend gaan ek kerk toe dan die res van die dag lee ek net laag en doen niks slaap of kyk TV as daar viets is wat die moeite werd is. Soms doen ons nood inkopies soos brood of melk of iets wat kort maar dit wag gewoonlik tot die aand toe en nie in die dag nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: