Afvlerk Voëltjies

10 04 2011

Die wet van gemiddeldes.  Hoeveel ek ookal daardie term haat, val ek oor die algemeen in daardie groepie.  Met ‘n storie wat nie die moeite werd is om te deel nie en sonder enige hoegenaamde krisisse.  Ons lewe ons lewe, sonder om dit vir ander te moeilik te maak en sonder om te veel droog te maak.  Ons koppe hak gewoonlik met net genoeg verantwoordelikheid uit.  Ons is okay en een van ons grootste sonde is dat ons diep in ons glo almal is okay.

Ons drink byvoorbeeld graag per geleentheid ‘n glas wyn of biertjie.  Met tye is dit dalk ‘n bietjie te veel, maar ons maak nou nie noemenswaardige skandes nie.  Dit is egter geen rede om die plesiertjie uit die bottel te bedank nie.  Ons sal nie eers oor sondaarsbelasting kla nie, dit raak ons nie te erg nie.  Ons verwag almal geniet ‘n drankie op hulle tyd en sal sonder om twee keer te dink vir almal ‘n ietsie aanbied. 

Af en toe druk die lewe en dan is dit maklik om te vertel hoe ons van ‘n hoë gebou gaan afspring.  Sou ons egter in die rigting van die toring beweeg, gaan niemand ‘n wenkbrou lig nie.  Ons sal waarskynlik net die uitsig van bo waardeer en seker maak ons val nie per ongeluk af nie. 

Ons dreig graag dat ons so dik soos busse is, waarskynlik met ‘n dik sny sjokolade koek voor ons.  Een wat ons met lus ook gaan opeet.  Daarna gaan ons met die beste ondernemings op aarde huis toe om more finaal met ‘n streng dieet te begin.  More is die voornemings en die sjokolade koek al lankal vergete. 

Ons vlerke is sterk en ons verwag dat almal net so sorgloos moet rondvlieg soos ons.  Nie dat ons noodwendig onsensitief wil wees nie, baie afvlerk voëltjies versteek hulle pyn / probleme sorgvuldig.  Die vrou wat vir 13 jaar nie na drank mag kyk nie, nadat sy ‘n helse stryd teen alkoholisme gestry het.  Die man wat regtig met depressie stry en ernstig oorweeg om sy brein weg te plaas.  Die meisie wat haar vinger in haar keel gaan afdruk omdat sy glo dat sy onaansienlik vet is.  Ons weet daar is sulke mense, ons verwag net nie dat dit mense sal wees wat ons ken nie.

Aannames en ons weet wat veroorsaak aannames altyd.  Aan die eenkant behoort gemiddeles seker as ‘n funksionele voorbeeld te dien aan die wat graag by hulle wil aansluit.  Aan die anderkant moet ons dalk ons onverskillige woorde begin opweeg en onthou dat dit dalk vir iemand onverdiend  ‘n dolk in die hart gaan wees.  Gaan die prys vir sensitiwiteit nie dalk humor wees nie?  Of het ons dalk net ‘n verwronge idee wat humor is?

Breinvasbrand:  Wie het die term alkoholisme gemaak?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Amos Masondo

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

10 04 2011
seegogga

Hoe klink dit vir my dan nou na Sondagaand blues? Maar ja, die wereld is vol afvlerk voeltjies- ons sien dit net nie altyd raak nie- en sommiges het geen tyd vir hulle nie.

10 04 2011
Olga

2de
dr magnus huss.
Sny tjoklit koek. Wow. Ek wonder hoe dit sal proe met n beker rosE… Dalk n n bier beker… Ag, wat die hele bottel?

11 04 2011
Gerda. J.

hkm sukkel met n bottel? kry die hele tassie.

10 04 2011
Olga

skuus, die onderwerp is afvlerkvoeltjies. Ai, ek is nog self 1. Toemaar, my vlerk is ook amper aangegroei. Olga, hou op stront praat.
Ai, weet jy, daar is eintlik so min wat n mens aan hulle kan doen. Vir party staan vanity, trots, hoogmoed of net plein onnoselheid in die pad. Ander sal deur lafhartigheid gekeer word. Te bang vir verwerping, daarom sal hul nie vra nie. Ander sal om dieselfde rede nie hulp aanbied nie. Dis n moeilike ene. Sien daar is ek alreeds onsensitief. Maar om dit af te maak met n grappie gaan ook nie help nie.

11 04 2011
Xena Phoenix

Lyk my ek het my weer so swak as moontlik uitgedruk. Dit is die tipe scenario wat ek bedoel.

Almal staan in ‘n parkeerarea en gesels. Niemand is juis haastig om te ry nie en kort voor lank stel iemand ‘n pub voor. Die idee is ‘n drankie of twee, dalk ook sommer iets te ete. Niemand is van plan om dronk te word nie. Dit is egter vir een mens in die groep ‘n baie slegte idee, omdat hy/sy ‘n alkoholis is – vir 3 jaar lank skoon – maar sy kan nie bekostig om na ‘n pub te gaan nie.

Dalk gaan hy/sy na die pub, vas oortuig om niks te drink nie. Iemand gaan sy/haar arm draai om tog net een drankie te drink.

Die probleem is dat niemand verwag het dat daar ‘n alkoholis in die groep is nie. (Daar is alkoholiste, maar hulle is mos nie tussen ons nie). Niemand sou ‘n pub voorgestel het of ‘n drankie aangemoedig het as hulle geweet het een is ‘n alkoholis nie.

Dit was dus onsensitief om die pub voor te stel. Aan die ander kant was dit ‘n goeie voorstel vir die meerderheid van die groep wat daar was.

11 04 2011
J W W

Nou waars die pub, en wanner kan ons ‘n drankie gaat drunk…. ek dink ek gaan iets nodig hê op die maandag ! :mrgreen:

11 04 2011
leonvonmoltke

In die laaste 10-15 jaar het die samelewing so PC geraak dat humor begin om vlymskerp dolke te raak. Miskien sal dit makliker wees as almal maar weer met almal grappies maak en mense minder sensitief is soos ‘n oop rou senuwee.

11 04 2011
seegogga

life goes on ne- sink or swim……….. swaar maar waar…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: