Slegte voorbeeld van Seks Opvoeding

8 04 2011

Demoerin pleit vandat vir verantwoordelike, ouerlike seksopvoeding by hulle kinders.  Dit het my aan ‘n ware storie laat dink – ek het dit by die vrou, kom ons noem haar Tannie Dot, self gehoor.

Daar was ‘n tyd waar dit doodsonde was om vulgêr te wees.  Die blote verwysing dat iemand moontlik swanger is, kon jou ‘n pak slae op die hals gebring het.  Goed soos menustruasie, geslagdele en enige verwysing na seks was taboe.  Die ooievaar het babas gebring en basta met die res.

Die voorval het in die laat 40’s en vroeë 50’s afgespeel.  Die jong Dot was ‘n meisie van goeie inborste gewees.  Alles gedoen soos dit ‘n goeie Afrikaner dogter betaam het.  Haar ma het haar en haar suster ook vroeg-vroeg van die lewe vertel.  As ‘n wakker Afrikaner dogter nie uitkyk nie, kan sy in die moeilikheid land.  Sy mag nooit ‘n man soen voordat sy getroud is nie anders gaan sy ‘n baba kry.  ‘n Baba vir ‘n ongetroude vrou was die grootste skande ooit.

So het Dot oor die agterdeur begin loer.  Sy was nogal ‘n mooi meisie gewees en daar was nie ‘n tekort aan bewonderaars nie.  Sy het dus ‘n heel besige sosiale lewe gehad.  Sy het egter nooit haar ma se raad vergeet nie.  Sy het gesorg dat nie een van die jongetjies haar ooit soen nie.  Sy was ‘n ordentlike meisie en ‘n baba sou nie deug nie.

Tot die dag wat die een jongetjie onthuts wou weet nou hoekom mag hy haar dan nie soen nie.  Sy het hom onomwonde ingelig dat soen haar ‘n baba sou laat kry.  Groot was haar verbasing toe die jongetjie skater van die lag.  Hy was ‘n geleerde man boonop.  “Kom sit,” nooi hy haar “sodat ek jou ‘n paar dinge kan vertel voordat jy in die moeilikheid land”.   Sy het regtig tot hy haar anders vertel het geglo dat sy sal swanger raak as sy ‘n man soen.

Dot was hom so dankbaar, dat sy ingestem het om met hom te trou en hulle het 5 kinders saam gehad.  As ‘n mens tannie Dot egter moet glo, was die kinders die gevolg van nagvlugte gewees (die oom was ‘n vlieënier).  Darem nie van soen nie.

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

8 04 2011
Jan Twak

Ek sou natuurlik vir die mooie Dot gesê het ons hoef nie te soen nie, maar daar is baie ander goed wat ons kan doen.

8 04 2011
demoerin

Bwahahaha… yip, dis soen wat babas bring!

8 04 2011
Xena Phoenix

Maar sien, dan het julle dalk net een kind by Dot gehad, ipv 5. 😆 😉

8 04 2011
Olga

Ai, verantwoordelikheid in hierdie opsig sal net op een manier verkry word. Dreig met geweld. Sny alles wat hang af. Alles. Ai, kennis se dogter, in matriek,het ander dag met die bediende wie haar groot gemaak het rusie gemaak. Toe skree die vrou, sal haar maar Lena noem, op haar dat sy moeg is om ‘m ou tampon te sien. Sy wèèt wat sy weet. Ewentwel, die ma besluit toe om die dogter dr toe te neem net om vir eens en altyd ou Lena se mond stil te kry. Want sien, Lena baklei al van Aug af, dat sy sekere wasgoed nie meer kry nie. Ai, die baba word oor twee weke TWEE WEKE gebore.

8 04 2011
Sonlig

Dis die media se skuld!!!!! Dot was maar net onskuldig…soos ekke tot omtrent in Standerd 4!

In elke movie sien mens die volgende: Held en heldin baklei; Held en Heldin vind mekaar, soen en VOILA! In die volgende toneel is daar ‘n baba!

Tot en met my ontnugtering het ek géén van my ooms gesoen nie! Ek was te bang! Veral vir daai een oom wie se naels nie altyd so mooi skoon was nie!

8 04 2011
Sonlig

Oukei, dit was movies van lank terug. Deesdae sien mens min babas in flieks – tensy die fliek oor babas gaan.

9 04 2011
toortsie

deesdae sien mens net hoe spring hulle in die bed!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: