My stem te koop

7 04 2011

Vanjaar word ons mos met twee vakansiedae in Mei heuning om die bek gesmeer.  Die tweede vakansie dag, 18 Mei, word daar eintlik verwag dat jy in ‘n tou moet gaan staan om jou kruisie te gaan trek.  Jou kruisie gaan help om te bepaal wie die volgende burgermeester is en hoe die geld wat jy aan die munisipaliteit oorhandig het, aangewend gaan word. 

Plaaslike verkiesings klink na ‘n mors van tyd, maar op die einde van die dag bepaal dit dalk meer as die nasionale verkiesing hoe jou daaglikse lewe beinvloed gaan word. 

Kla oor ‘n munispaliteit sal daar altyd gekla word.  Die enigste ding waaroor die publiek hoef te kla, is dat hulle enigsins vir die dienste moet betaal.  Ek meen, ons moet nog steeds inkomste belasting betaal.  Hulle kan mos die dienste daaruit dek.  Goed, ek weet ek praat nou snert.  Die publiek behoort eintlik onbewus van die munisipaliteit te wees, munisipale dienste behoort ‘n onsigbare, ondankbare werk te wees. 

Onbewus beteken nie onsigbaar of oneffektief nie.  Die oomblik wanneer iemand die munisipaliteit wil vloek, dring die munisipaliteit hulle op ‘n onvergeeflike manier op die publiek op.  Ek verwag dus van die munisipaliteit om te werk, sonder groot drama, sodat ek vergeet dat hulle daar is.  Die oomblik wanneer hulle (0f hulle kontrakteurs) droogmaak, dan krap hulle my lewe om en dit is nie waarvoor ek hulle betaal nie. 

Ek verwag dus om altyd in die lig te sit en dat my water beskikbaar, skoon en drinkbaar moet wees.  Straatligte is nie net daar vir straatbrakke om hulle bene te lig nie, dit kan maar gerus lig vir die pad verskaf.  Verkeersligte moet altyd werksaam wees en indien dit wel die gees gee, moet daar iemand wees om die verkeer te reguleer.  Die vullis moet stiptelik met so min as moontlik ontwrigting verwyder word.  Parke behoor ‘n lus vir een en almal te wees en hulle kan sommer sypadjies skoon en netjies hou. 

Soos met elke verkiesing is my stem te koop.  Pryse is die jaar as volg:

  • ANC en alliansie vennote – R 1 miljoen en vrystelling van munisipale gelde
  • Onbekende partye – R 500 000
  • IVP, ACDP en onafhanklike kandidate – R250 000
  • VF+ – R250 000 plus ‘n dosyn lekker koeksisters weekliks
  • Uitstekende onafhanklike kandidate – Ek is oop vir oortuiging
  • DA – Gratis, Pasella, Mahala en verniet. 

Wat verwag jy van jou munisipaliteit?  Wat kos jou stem?

Breinvasbrand:  Wie is Johannesburg se burgermeester?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Brynhild Paulsdatter Storseth





Lunch Week 14 / 11

7 04 2011

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

Op; Regs; Af; Later; Bo; Links;  Agter; Onder; Nou; Voor.

Gemeenskaplike faktor?