Daar is tog iets in ‘n naam

6 04 2011

Noem dit snobisme of selfs goeie smaak, maar daar is tog iets aan ‘n naam.  ‘n Sekere verwagting wat met die naam geskep word dalk, juis omdat die naam al vir jare met daardie naam geassosieer word.

Kom ons neem nou byvoorbeeld Cola aanhangers byvoorbeeld.  Die Coca Cola aanhangers sal nooit ‘n Pepsie as Coke aansien nie.  Die Pepsie drinkers trek hulle neuse weer vir Coke op.  Nie een van die twee gaan val vir ‘n naamlose Cola nie.  Dit klink dalk vir mense verspot, maar daar is ‘n defnitiewe smaak verskil tussen die verskillende make.

Vandag, sommer net vir die pret, wil ek so ‘n bietjie onder julle persoonlike voorkeure krap.  Ek gaan ‘n paar goed noem en julle moet my vertel watter brand julle daarvoor kies.  Sal ons sommer ‘n hoekom ook in gooi?  Vertel sommer die ander goed by as ek dit nie gelys het nie wat ‘n spesifieke brand moet wees.

  1. Petrol
  2. Koffie en Tee
  3. Toiletpapier
  4. Inkopies
  5. Fliek
  6. Tekkies
  7. Wegneemetes
  8. Melk
  9. Tandepasta
  10. Sjampoe

Ek moet seker eerste gaan:

  1. Petrol – Ek gooi so ver moontlik net Engen in.  As daar geen Engen in sig is nie, sal Total doen.  Ek kry oor die algemeen goeie diens daar (hulle vra meestal om bande na te gaan en vensters te was).
  2. Koffie en Tee – Ek koop Jacobs Kronung Koffie.  Die hoekom is ‘n lang storie, maar dit is ‘n lekker koffie.  Ek drink nie tee nie, maar koop Joko vir gaste – soos ek verstaan is dit van die lekkerder tees.
  3. Toiletpapier – Ek kan regtig nie minder omgee wat ek deur my alie trek nie, mits dit skoon lyk.
  4. Inkopies – So ver moontlik koop ek alles by PnP.  Hulle borg Jool en verskeie liefdadigheidsprojekte en stel ook maklik gestremdes aan.  Ek voel tuis in hulle winkels en hulle vra darem nie ‘n arm en ‘n been vir alles nie.
  5. Fliek – Nie juis pyne nie, verkies wel Sterkinekor Classic.
  6. Tekkies – Adidas.  Hulle kos ‘n fortuin maar hou my jare lank.
  7. Wegneemetes – Ek is deesdae nogal op Sushi, tot dit seker winter raak.  Ek koop dit gewoonlik by die Food Lovers Market (ideaal vir enige kos inkopies)
  8. Melk – Clover 2% Lae Vet melk.  Dit hou in my ondervinding die langste en ek vermoed dit het iets te doen met die houer waarin dit verpak is.
  9. Tandepasta – Deesdae Colgate Supreme White.
  10. Sjampoe – Het nie regtig pyne, maar gebruik deesdae Organics.

Wat gebruik julle?

Advertisements

Aksies

Information

15 responses

6 04 2011
Gerda

Ek moet seker eerste gaan:

1. Petrol – Enige plek, solank dit LRP is, en verkieslik waar daar goeie diens is, maar meestal by Engen.
2. Koffie en Tee – Ricoffy, Frisco Strong Blend, maar meestal die goedkoopste.
3. Toiletpapier – Enige Toiletpapier, maar deesdae, twinsaver, 2 ply, want dit hou werklikwaar baie langer.
4. Inkopies – Enige plek, solank daar spesiaale pryse ook is.
5. Botter – Stork, Rama, Flora (Hang af watter een die goedkoopste is), as ek werklik nie geld het nie, koop ek sommer Blossom Lite.
6. Tekkies – Enige Tekkies want ek dra 2 keer ‘n jaar tekkies. Solank dit mooi by my voet, en liggaam pas.
7. Wegneemetes – Chinese kos, Kentucky, vis, russian of chips, by enige winkel, mits die winkel vir my baie skoon is.
8. Melk – Long Life melk, enige, (hang af van pryse), drink nie baie melk nie, en dit hou langer.
9. Tandepasta – Aquafresh
10. Sjampoo – Head en Shoulders (As ek nie geld het nie, koop ek die goedkoopste wat daar is, maar ek kry rowe op my kop, as ek met enige ander shampoo was

6 04 2011
PlaasJuppie

1. Petrol – Solank dit skoon petrol is en nie water in het nie gee ek nie ‘n flenter om nie. Omdat ek tweekeer by total petrol gekry het met water in vermy ek hulle. Meestal BP omdat dit op ons pad is en omdat hulle ‘n wild bean cafe het.
2. Koffie en Tee. Goedkoop Ricoffy omdat ek galonne van die goed drink. Plunger koffie 4x per jaar op spesiale dae (My en haar verjaarsdae, Huweliksherdenking en Kersfees)
3. Toiletpapier – Enige two ply. Die one ply is soos skuurpapier
4. Inkopies – Builders Warehouse…O jy bedoel kos? Checkers Hyper vir die maandelikse goed, PnP vir melk&brood en nood aankope. Woolies vir groente en poeding
5. Fliek – Mnet/DSTV. Mr Video op spesiale dae (sien bo)
6. Tekkies – bloues.
7. Wegneemetes – Enige iets behalwe Mcdonalds en KFC
8. Melk – Whatever 2% laevet op die spesifieke dag by PnP te vinde is
9. Tandepasta – Wat ookal die goedkoopste was my Checkers Hyper laasmaand. Gewoonlik darem Golgate of Aquafresh…3 maande terug was die goedkoopste ongelukkig handeseep.
10. Sjampoo – Bob martin 😉

6 04 2011
Olga

1. Petrol, ons het ndt total op die dorp. Maar ek verkies engin. Weet nie regtig van my kar nie.
2. Ricoffy as joko of 5 rose op special is, stock ek op. Dan is dit nie veel duurder as apietee nie.
3. Toiletpapier hoef net nuwe papier sonder swart kolletjies te wees. Die recycled soort, gee my die horries.
4. Ek gaan van winkel tot winkel en koop my bruiksware waar dit op special is. Pnp in my omgewing bly heeltemal te aa om al my kopies te kry. Dan ondersteun ek my beursie.
5. Ek vermy fliek sover ek kan.
6. Tekkies, ai, ek het al by pep en mr p ook gekoop en moet se, sover het high tech die langste gehou. My noolste nolie sweer ook blou by adidas. My bad boy bronx.
7. Ek verkies my vis tjips uit tasties en dan natuurlik kfc.
8. Melk nes dit kom.
9 tandepas vandat my tandarts n paar jaar gelede gese het ons het NET goeies, koop ek maar wat op special is, maar my eerste keuse is rooi close up.
10. Gill sjampoe.

6 04 2011
Olga

hi gertjie. Nuwe foon?

6 04 2011
Son

Petrol – Engen of Caltex
Koffie en Tee – Ricoffy; Joko (plunger koffie soms vir die lekker – enige brand wat my oog vang)
Toiletpapier – Dubbellaag met mooi prentjies op
Inkopies – Checkers (Pick ‘n pay as checkers nie naby is nie) En dan het ek natuurlik al aandele in Clicks 😉
Fliek – DVDs (mag nie sê waar en hoe nie)
Tekkies – Jy sal my nie dood sien in enige iets wat soos ‘n tekkie lyk nie. Ek verafsku die goed
Wegneemetes – McDonalds / Debonairs
Melk – ek drink nie skoon melk nie
Tandepasta – Aqufresh Minty
Sjampoe – elke maand iets anders, maar voorkeur vir L’Oreal

6 04 2011
seegogga

1. Enige petrol, solank dit net nie diesel is nie- total het perongeluk verlede jaar dieselin gegooi- met meer as R2000 se nagevolge. Maar ek is ‘n SASOL GIRL en as ek SASOL kry, dan gooi ek hom!
2.Ricoffy en as ek geld het KENNA. Tee:ROOIBOS EN JOKO.
3. Die goedkoopste wat ek kry.
4.Hier by ons is ‘n Spar, Ceckers en Blogs. ek ondersteun al 3.
5.Ha, watter fliek? Naaste een was op Hermanus en hy isook nou toe. Maar Dreamworks m\aak mooi flieks. Ek hou van ‘n goeie fliek
6.Ek het nie voorkeure nie, maar sonder my egte skaapvelpantoffels gaan ek nerens nie
7.Merino Grill maak die lekkerste take-aways- enigiets wat jou hart begeer. Jy bel net en bestel net en dan gaan haal jy bietjie later!
8.Ek is partikuler met melk. Hou van 2% Clover , maar die hoofsaak is dat dit eers oor ‘n week moet verval. Ou melk wat amper af is is UIT!!!
9.Goedkoopste, gewoonlik Aquafresh of colgate
10. goedkoopste,gewoonlik palmolive, of soms die dures wat my kinders hier vergeet het.s

6 04 2011
Gogga

1. Petrol – Die goedkoopste een. Gewoonlik Jet
2. Koffie en Tee – Tassimo pods vir tee en koffie. Die koffie tee en hot chocolate is ook baie lekker met gestoomde warm water.
3. Toiletpapier – Andrex (quilted)
4. Inkopies – Waitrose (die begin van die maand) Sainsbury’s (vir die middel van die maand) Tesco (vir die einde van die maand)
5. Fliek – Cineworld in Canary Wharf want hulle het lekker nachos
6. Tekkies – Nike (just do it)
7. Wegneemetes – Tiffin Tin (Indian), Loon yee (chinese), KFC, me love sushi. nou verstaan julle hoekom ek so groot soos ‘n baba olifantjie is (my boetie se woorde)
8. Melk – Chocolate or Cravendale
9. Tandepasta – Colgate
10. Sjampoe – Pantene Pro V

7 04 2011
Xena Phoenix

😆

Ek erken, ek is onbekend met die name.

7 04 2011
J W W

1. Petrol – ENIGE plek solank dit net Unleaded is – dit word tog alles by dieselfde plek gemaak, die verksillende plekke moer net hulle eie additives by.
2. Koffie en Tee – House of coffees Filter koffie, en as ek nie moerkoffie kry nie, Jacobs Kronung
3. Toiletpapier – enige – trek dit deur my gat anyway
4. Inkopies – Checkers, SPAR
5. Fliek – Nie juis baie nie…
6. Tekkies – Enige, maar verkies Hi-Tec
7. Wegneemetes – KFC, Romans, Steers…. die lys is lank
8. Melk – Spar se house brand VOLROOM – dis eenvoudig die beste melk wat ek al gekoop het en hou die lankste
9. Tandepasta – Enige soort, gewoonlik die eerste een op die rak
10. Sjampoe – Head & Shoulders, thats it !

7 04 2011
demoerin

1. petrol – die eerste een wat ek verygaan
2. koffie – Douwe Egberts of Nescafe Gold
3. toiletpapier – Die goedkoopste double ply
4. inkopies – die eerste een op my pad
5. fliek – nie baie nie, maar ek is ‘n groot liefhebber van die groot teater by Montecasino, ry K.
6. tekkies – op die ooblik Reebok
7. wegneemetes – geen spsifieke voorkeur
8. melk – definitief net Clover volroom
9. tandepasta – herbal white en ultimate whitening
10. sjampoo – elke keer ‘n nuwe een.

7 04 2011
Sonlig

1. Petrol – Die naaste een wanneer die liggie begin flash. My man glo egter mens ry verder op BP.
2.Koffie/ Tee – Jacobs Kronung Mild en Lipton se Yellow Label piramidesakkie.
3. Toiletpaier – Die goedkoopste WIT dubbellaag. Girls het julle geweet die patroontjies (ink) is sleg vir…uhm…infeksies?
4. Inkopies – P & P
5. Fliek – Ster Kinekor Junction (Kids FREE on Tuesdays)
6. Tekkies – Nike
7. Wegneemetes – Pizza Perfect
8. Melk – Clover Fat Free of P & P Fat Free (Dis dieselfde melk wat in beide bokse gaan – believe me…I have inside information)
9. Tandepasta – Colgate…die witte
10. Sjampoe – Wissel gereeld. Op die oomblik…Tres semmé

‘n Paar ander goed wat ek móét noem is: Cross & Blackwell Mayonaise; Mitchum deodarant; All Gold tamatiesous; Mrs Balls blatjang en Sunlight Liquid opwasmiddel. You get what you pay for!

7 04 2011
Twilight

1. Petrol – BP, want die firma het daar ‘n rekening 😉
Die res – whatever ek voor lus het en wat ook al die goedkoopste is. Maar ek koop nooit weer iets anders as HTH floaters vir die swembad nie.

7 04 2011
Charms

Petrol – BP, want dis die naaste aan my huis en gelukkig nie ver nie want as R my kar leen kry ek dit gewoonlik leeg terug

Koffie en Tee – Frisco en Lipton

Toiletpapier – Three ply met die wit hondjies op – geen gekleurdes nie

Inkopies – PnP, Checkers, Spar, Clicks en Woolworths

Fliek – Verkies DVD’s by die huis

Tekkies – besit geen tekkies nie

Wegneemetes – KFC en Scooters vir die mansmense – ek hou nie van wegneemetes nie

Melk – Clover volroom

Tandepasta – Aquafresh Whitening

Sjampoe – Brazilian smoothing shampoo. Ek hou ook van L’Oreal se produkte

7 04 2011
toortsie

1. diesel op die plaas
2. Koffie – Nescafe Classic; Gegeurde Rooibostee
3. Inkopies: Spar, Checkers P&P
4.Fliek – Sondagaand op TV of DVD wat ek uitneem
5. Tekkies, het altyd Nike verkies, dra deesdae Salomon, dis beter vir Off-Road
Wegneemetes: KFC, en nou kan ek nie daai lekker broodjies se naam onthou nie, so met allerhande vars goed daarop. O, nou onthou ek: subway!!
Melk – Uitkyk se Volroommelk
Tandepasta: Sensodyne Cool Gel
Shampoo: Amway se shampoo en Conditioner vir droë hare

8 04 2011
Sonlig

Ja, mens het seker off-road tekkies nodig vir daai mielielande…

😉 😉 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: