In Chicago hak Matron Mama Morton af met: “In this town, murder’s a form of entertainment.” Ek dink dit is ‘n tipe vermaak waarvoor Suid-Afrikaners al – om dit liggies te stel – gatvol is. Dit gebeur net te veel, sommer net vir die lekker. Nogtans word ons nog steeds deur kleurvolle moordenaars gefassineer. Hoekom? Is dit vrees, walging of dalk die die potensiele moordenaar in elkeen van ons? Dalk is dit omdat van die moordenaars goeie stories word en die mens was nog altyd gefassineer deur die onbekende.
Belle Gunnes is seker een van die raaiselagtigste reeksmoordenaars van alle tye. Die motief vir haar moord was gewoonlik geld. Teen die einde was daar bereken dat sy ongeveer $250 000 uit haar moorde “gemaak het – dit sou in 2008 ongeveer $6.3 miljoen gewees het.
Gunnes is op 11 November 1859 in Sør-Trøndelag, Noorweë gebore. In 1877 het Gunnes swanger na ‘n dans gegaan waar sy in die loop van die aand deur ‘n man in die maag gekoop. Sy het die baba verloor en die man het skotvry gekom. Haar persoonlikheid het glo drasties op die punt verander. Die skopper is kort daarna dood aan maagkanker en in 1881 het Gunnes na Amerika geëmigreer.
In 1884 is sy met Mads Ditlev Anton Sorenson getroud en hulle het 4 kinders saam gehad, sowel as ‘n ouer aangeneme dogter. Hulle het ‘n klein bakkery gehad, wat nie baie suksesvol was nie. Dit het afgebrand en die paar het genoeg van die versekering gekry om ‘n ander huis te kon koop. Hulle jongste twee kinders is as suigelinge aan akute colitis dood. Die simptome sluit naarheid, koors, maagwerk en laer maagpyn in, wat baie ooreenstem met die simptome van vergiftiging.
Sorenson is 1900 dood. Die een dokter het bepaal dat hy aan strignien vergiftiging dood is, maar hulle huisdokter het volgehou dat hy ‘n vergrote hart gehad det wat tot sy dood gelei het. Die owerhede het bepaal dat sy dood nie verdag was nie en – teen sy familie se wense – geen nadoodse ondersoek was gedoen nie. Sy het $8500 van die versekeraars na sy dood gekry.
Haar tweede man was Peter Gunness, ‘n slagter van La Porte met wie sy in 1902 getroud was. Hulle het op Gunnes se huis in La Porte gebly wat voorheen ‘n bordeel was. Op die grond het sy ook met varke geboer. Peter was ‘n slagter van beroep en daar word gemeen dat hy Gunness geleer het hoe om te dissekteer. ‘n Week na hulle troue, het sy baba dogtertjie raaiselagtig gesterf terwyl sy alleen saam met Gunness in die huis was. Peter is later dieselfde jaar dood nadat ‘n worsmaker op sy kop geval het. Gunness het $300o na sy dood gekry en sy broer het sy oorlewende dogter kom haal.
Intussen het Jenni Olsen (toe 14), Gunness se aangeneme dogter aan ‘n vriendin vertel dat haar ma haar pa doodgemaak het. Sy was voor ‘n jurie gedaag en het toe alles erken. Sy het in 1906 verdwyn, volgens Gunness is Jenni na ‘n bekende afronding skool gesteel.
Gunness het Ray Lamphere aangestel om haar op die plaas te help. Sy het haarself ook in ‘n hoekie vir eensames geadverteer vir mans wat net so welaf soos sy was. Sy het daarop aangedring om hulle te ontmoet en het gewoonlik ook ‘n storie gehad oor haar verband wat agter was. Die mans het tussen $1000 en $32 000 aan haar gegee om die plaas te behou.
Intussen het Lamphere ongeduldig begin raak en Gunnes het hom in 1908 afgedank. Gunness het ‘n paar keer by die polisie oor hom gaan kla en het self onsuksesvol probeer om hom kranksinnig te verklaar. Lamphere is in 1908 deur Joe Maxon vervang. Skaars 3 maande later het Maxon een oggend wakker geword toe hy rook geruik het. Hy het net-net ‘n vlammedood ontsnap. Die polsie het wel drie ander lyke gekry. Een van ‘n onthoofde vrou en twee dogters by haar. En Gunness was weg.
Lamphere is van moord aangekla. Tydens sy verhoor het dit uitgekom dat die onthoofde vrou ‘n huishoudster was wat Gunness kort voor die brand gehuur het. Die polisie het bepaal dat die erg verbrande lyk van die vrou ongeveer 1.61 m lank was, terwyl Gunness 1.73 m lank was. Haar tand krone is ongeskende gekry, terwyl die vuur fel genoeg was om goue juwele te laat smelt.
Maxon het intussen vir die polisie vertel dat hy die ongelykte oppervlakte van die varkhok moes gelyk maak. Die polisie het gaan grawe en die een lyk na die ander uitgehaal. Onder andere die lyk van Jenni Olsen, twee ander kinders en die mans wat vir Gunness kom kuier het. Gunness het daarvan gehou om haar lyke op te sny. Sou sy te moeg gewees het na die moord, sou sy die lyke opgekap het en vir die varke gevoer het.
Lamphere is in die tronk dood. Tot vandag toe is dit nog nie seker wie die lyk van die vrou was wat in die huis gekry is nie. Daar is genoeg rede om te glo dat Gunness wel ontsnap het. Lamphere het dit ook in die hofsaak te kenne gegee. Maar terselfde tyd, was daar geen bevestigde gevalle waar sy weer gesien was nie.
Die vraag is: Het die 40 of meer moorde Gunness op die ou einde ingehaal of het sy met moorde – self op haar eie bloedkinders – weggekom? Ons sal seker nooit weet nie.
Breinvasbrand: Wat was Belle Gunness se doopnaam?
Breinlosbrand: Olga was reg met 1602
Wie runnik saam?