Ek mag nie, maar ek gaan

5 04 2011

Toe ek in die laerskool was, was daar net een raad gewees om ‘n groot groep kinders uit die kwaad te hou.  Een van die juffrouens het haarself tuisgemaak voor die klavier en die res het ons aangemoedig om die dak te laat lig met ons gesingery.  Liedjies uit die FAK het nogal voorkeur geniet, maar enige land oor volk en vaderland was geskik.  Ons mag toe nog trots op ons land en herkoms gewees het.  Een van die liedjies wat ons geleer was, het soos volg gegaan:

JAN VAN RIEBEECK

Toe ek met my skippie daar in Tafelbaai kom

Toe kyk ek na die berg en ek vra hoekom

Is die berg so plat soos ’n tafel in die huis

Toe kry ek die antwoord dit hoort in die kombuis

REFREIN

Hiepiep hoera (3x) Suid-Afrika

(hiep, hiep, hiep)

Hiepiep hoera (3x) Suid-Afrika

Dan sê ons dankie, sê ons Jan van Riebeeck

Ons sal vir jou nooit vergeet nie

Dankie 1652 net vir hierdie dag

Baie, baie, baie dankie,

sê ons Jan van Riebeeck

Ons sal vir jou nooit vergeet nie

Dankie 1652 net vir hierdie dag.

Blameer dus Laerskool Piet Retief dat ek vandag nog Stigtersdag herdenk en seker vir die res van my lewe gaan herdenk. 

Persoonlik is ek nie ‘n groot aanhanger van Jan van Riebeeck nie.  Hy is immers die heel eerste Suid-Afrika leier wat aan korrupsie skuldig was.  Hy is deur die VOC in 1639 vanaf Tolkin, Vietnam, terug geroep omdat hy vir sy eie sak handel gedryf het.  Wat ek so oor die jare van hom oorleef het, vertel my dat ek kort voor lank gebrandmerk, gegesel en moontlik self op ‘n brandstapel verbrand sou wees.  Tog sê ek vandag vir hom en die VOC dankie. 

Punt is, as daar nie ‘n handelstasie in die Kaap gebou was nie, het ‘n sekere matroos nie in die 1800’s besluit om in die Kaap af te klim en te bly nie.  Hy sou nie vir hom ‘n vrou gevat het, ‘n stukkie grond bekom het en ‘n nageslag in Suid-Afrika gemaak het nie.  Ek sou waarskynlik nie vandag gelewe het nie en ek sou nie ‘n Suid-Afrikaner gewees het nie.

Dit is tog immers deel van my identiteit, wat ek is.  Ek is ‘n blanke, Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner.  Aangesien my voorvader 10 geslagte terug gedros het, ken ek geen ander land as Suid-Afrika nie.  Daarom is ek dankbaar vir die VOC en Jan van Riebeeck.  Ten spyte van alles wat omtrent 300 jaar later eers gebeur het, dink ek tog daar is genoeg son vir almal in Suid-Afrika. 

Vier jy Stigtingsdag?

Breinvasbrand:  Wanneer is Vereenigde Oost-Indische Compagnie gestig?

Breinlosbrand:  JWW was reg met Liverpool John Moore Universiteit.


Aksies

Information

19 responses

5 04 2011
toortsie

En EK sê ook dankie vir oom Jan van Riebeeck en AL die Hollanders wat saam met hom gekom het – ek stam immers van die Hollanders af (of moet ek sê, my nooiensvan is Hollands). Ek het net vandag gewonder hoeveel geslagte van my familie is al hier. en hoe diep my wortels is. En weet jy wat? Ek is TROTS daarop!
Jy MAG maar!

5 04 2011
toortsie

But WHY is my comment awaiting moderation??? 😦

7 04 2011
Xena Phoenix

Jammer, WP gooi soms mense in die modderpoel sonder enige rede.

7 04 2011
toortsie

Ek is gewoond om in modder te staan… 🙂
(net by ons is deesdae so min modder!!)

5 04 2011
Olga

1602?
Die land is my land, die land is jou land. Hoekom kan ons nie in vrede met mekaar lewe en die land opbou ongeag of ons vir die anc, die np, da of die munisipaliteit kwaad is nie? Dit wat ons bou en respekteur, kan behoue bly vir ons nageslagte.

7 04 2011
Xena Phoenix

Want sekere lede van die een groep wil nie die ander groepe ook plek gun nie.

5 04 2011
seegogga

Nou kom ons kyk of my komment aanvaar word. Ek dink ook dit was gaaf van die Hollanders om hierheen te kom – waar sou ek vandag gewees het? Daar is net een foutjie- hulle wou al see-in ipv binneland in- daarom is die kasteel half in die water gebou en die grond toe drooggele( vir wat- was daar nie genoeg grond in Afrika nie?) en hier by die Suidpunt van Afrika wil die mense aanmekaar te naby aan die see bou- met katastrofiese gevolge( ons weet mos nie hoe om dyke te bou nie).

7 04 2011
Xena Phoenix

Ek het nooit geweet die see is drooggelê (dws ‘n menslike handeling) nie. ek het net altyd aanvaar dat dit ‘n natuurlike proses was dat die see terug getrek het.

6 04 2011
J W W

Wel, ek wens soms ou oom Jan het eerder maar tuis gebly… dan sou ek en my familie lekker nog in ‘n beskaafde land soos Nederland gewoon het en nie al die rasse haat en uitwissing van blankes beleef het nie.

Mense, die land is in sy moer, en dit gaan NIE beter word nie…. wel dis my voorspelling as Siener JWW

7 04 2011
Xena Phoenix

As oom Jan tuis gebly het, was jy heel moontlik nie vandag nie. 😉 Jou hottentotoumagrootjie sou mos nie in Europa gekom het nie.

😛 Blykbaar is bittermin mense in SA suiwer blank.

6 04 2011
leonvonmoltke

Dankie vir die herinner!

6 04 2011
sisi dudu

Auk, sisi dudu gaken hom dai oubasie. bakietie,bakietie. gakom dai skiepies met die pampierboom by die vloer. sy vrou was die maria. hula gasiet hom dai mense se poppies da by cherchplain in kyptoun ver die voeltjies om te kak by did kop.

7 04 2011
Xena Phoenix

Jong Dudu, lyk my jy het nog iewers van Geskiedenis geleer.

6 04 2011
demoerin

Wie sê jy mag dit nie vir nie?
Elke geval, ek is bly Jan het hier gedraai, en toe is daar plek vir die Hugenote… yik, imagine ons kon nou nog in die kak weer Europa gebly het.

7 04 2011
Xena Phoenix

Jy weet mos, daar is ‘n algehele miskenning vir blanke geskiedenis in SA. Hulle het mos uit die hemel geval en ander groepe onderdruk. Die 300 jaar wat vooraf gebeur het, is mos net gekanselleer.

6 04 2011
Gerda. J.

sopnat en bedremmeld. toegesneeu. nee dankie.

6 04 2011
Dion

Ja, ek herdenk Stigtingsdag, en die ander dag wat ek altyd onthou en herdenk is Geloftedag. Hierdie regerinkie kan dit maar noem wat dit wil…

7 04 2011
Xena Phoenix

Ek onthou eintlik elke liewe een van die ou vakansiedae. Luiaard soos ek is, dink ek mos dat hulle almal by die nuwe vakansiedae gehou moes word. 😉 Ek moet toegee dat stigtingsdag en Gelofde dag spesiale betekenis inhou.

9 04 2011
My herkoms « Toortsie se Blog

[…] Lees wat skryf die merrie. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: