Ek mag nie, maar ek gaan

5 04 2011

Toe ek in die laerskool was, was daar net een raad gewees om ‘n groot groep kinders uit die kwaad te hou.  Een van die juffrouens het haarself tuisgemaak voor die klavier en die res het ons aangemoedig om die dak te laat lig met ons gesingery.  Liedjies uit die FAK het nogal voorkeur geniet, maar enige land oor volk en vaderland was geskik.  Ons mag toe nog trots op ons land en herkoms gewees het.  Een van die liedjies wat ons geleer was, het soos volg gegaan:

JAN VAN RIEBEECK

Toe ek met my skippie daar in Tafelbaai kom

Toe kyk ek na die berg en ek vra hoekom

Is die berg so plat soos ’n tafel in die huis

Toe kry ek die antwoord dit hoort in die kombuis

REFREIN

Hiepiep hoera (3x) Suid-Afrika

(hiep, hiep, hiep)

Hiepiep hoera (3x) Suid-Afrika

Dan sê ons dankie, sê ons Jan van Riebeeck

Ons sal vir jou nooit vergeet nie

Dankie 1652 net vir hierdie dag

Baie, baie, baie dankie,

sê ons Jan van Riebeeck

Ons sal vir jou nooit vergeet nie

Dankie 1652 net vir hierdie dag.

Blameer dus Laerskool Piet Retief dat ek vandag nog Stigtersdag herdenk en seker vir die res van my lewe gaan herdenk. 

Persoonlik is ek nie ‘n groot aanhanger van Jan van Riebeeck nie.  Hy is immers die heel eerste Suid-Afrika leier wat aan korrupsie skuldig was.  Hy is deur die VOC in 1639 vanaf Tolkin, Vietnam, terug geroep omdat hy vir sy eie sak handel gedryf het.  Wat ek so oor die jare van hom oorleef het, vertel my dat ek kort voor lank gebrandmerk, gegesel en moontlik self op ‘n brandstapel verbrand sou wees.  Tog sê ek vandag vir hom en die VOC dankie. 

Punt is, as daar nie ‘n handelstasie in die Kaap gebou was nie, het ‘n sekere matroos nie in die 1800’s besluit om in die Kaap af te klim en te bly nie.  Hy sou nie vir hom ‘n vrou gevat het, ‘n stukkie grond bekom het en ‘n nageslag in Suid-Afrika gemaak het nie.  Ek sou waarskynlik nie vandag gelewe het nie en ek sou nie ‘n Suid-Afrikaner gewees het nie.

Dit is tog immers deel van my identiteit, wat ek is.  Ek is ‘n blanke, Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner.  Aangesien my voorvader 10 geslagte terug gedros het, ken ek geen ander land as Suid-Afrika nie.  Daarom is ek dankbaar vir die VOC en Jan van Riebeeck.  Ten spyte van alles wat omtrent 300 jaar later eers gebeur het, dink ek tog daar is genoeg son vir almal in Suid-Afrika. 

Vier jy Stigtingsdag?

Breinvasbrand:  Wanneer is Vereenigde Oost-Indische Compagnie gestig?

Breinlosbrand:  JWW was reg met Liverpool John Moore Universiteit.





Lunch Week 14 / 11

5 04 2011

Uilspieël

(Watter een pas nie en hoekom pas dit nie?)

  1. Viool; Trompet; Klavier
  2. Protone; Neutrone; Maxtrone
  3. Dennis; Macbeth; Hamlet
  4. Genis; Priester; Skollie
  5. Pen; Potlood; Swaard