Nalatige Foute

4 04 2011

Ek verstaan dat dit menslik is om foute te maak.  Ek verstaan selfs van wys ‘n vinger na iemand en drie wys terug na jou toe.  Tog is dit iets wat my teen die mure uitdryf.  Die foute wat soms in die media gemaak word en die algemene traakloosheid daarvan.

Ek verwys nou spesifiek na koerante, tydskrifte en kommersiële webwerwe.  Die blote verskil tussen my (en ander bloggers) en hulle is dat hulle betaal word om ‘n werk te doen.  Mens sou dus verwag dat hulle, hulle werk met trots sal doen.  In sommige gevalle word daar van my verwag om te betaal vir hulle werk.  Verder is daar – sover my kennis strek – goed soos subredakteurs wat artikels nagaan vir foute.  Ek het begrip vir die ou foutjie wat af en toe almal ontduik om vir hulle van die gedrukte produk te kom lag.  Tog gebeur dit so dikwels, dat ek wonder of goed enigsins geredigeer of goedgekeur word voor dit aan die publiek opgedis word.

Ek gaan loer netnou byvoorbeeld op die Jacaranda Webblad om te sien wie gaan die naweek koning kraai.  Ek was uit my vel toe ek sien dit is Queen se beurt.  Tot ek besef dat hulle die foto van Brian May en John Deacon omgeruil het.  Vir ‘n stasie wat daarop aanspraak maak dat hulle die lewe se beste treffers speel, is dit ‘n onvergeeflike fout.

Terwyl ek nou aan Queen dink, onthou ek eendag op die radio (was nie Jacaranda nie) waar die omroeper “No-one but you” gespeel het.  Sy (Daniel Hugo) se kommentaar op die lied was iets in die lyn van “Hoor net hoe pragtig sing Freddie net daar” gewees.  Freddie Mecury was briljant, maar selfs hy sou gesukkel het om lied 6 jaar na sy dood op te neem.  Diana was die eintlike inspirasie vir die lied ook bekend as “Only the good die Young” gewees, maar dit het Freddie soos ‘n handskoen gepas.

Dit is net twee voorbeelde.  Ek kan amper ‘n onafhanklike blog begin vir die aantal kere wat wat die koerante droogmaak.  Ek het al gelees hoe Harry met Kate Middleton gaan trou en koerante verander die draad van die storie sommer drie of meer kere.  Was dit nie vir dieselfde name nie, het jy aanvaar dat dit verskillende stories is.

Die probleem is dat ‘n mens aanvaar dat die koerant die basies storie reg het.  Ja, hulle gooi baie sensasie by en verdraai die opskrif om seker te maak dat jy dit lees, maar die berig is waar die storie reggestel word.  Dit lyk egter asof hulle net enige strooi skryf om die bladsy vol te kry.  Dit is nogal ‘n groot fout om dit te aanvaar, deesdae kan algemene kennis nie meer uit koerante geleer word nie.

Waar is die dae wat mense trots in hulle werk gehad het of met ‘n aggresiewe rooi pen reggesien word?  Is dit net ek of vind julle dit ook amateuragtig?

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Van watter Universiteit is Brian May kanselier?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1946.

Advertisements

Aksies

Information

9 responses

4 04 2011
JWW

Ons leef in ‘n land, en tyd, wat dit nie meer saak maak HOE y die job doen nie, net dat jy hom doen, hoe ookal !

Liverpool John Moore universiteit !

4 04 2011
Olga

BBBEE!!!!!!
Ek stem nie met JWW saam nie, dit is nie solank jy die job doen, eerder dat die regte verteenwoordigende kleur die salaris kry.

5 04 2011
J W W

Wel, Olga, ek werk saam met swart EN witmense – en meeste van die blankes gee ook nie meer om HOE die job gedoen word nie, nes hulle kolegas ! 🙄

5 04 2011
leonvonmoltke

Moenie eers dat ek begin oor die kwaliteit van sake-joernalistiek in hierdie land nie!

5 04 2011
toortsie

Nou vra julle hoekom ek swaar koerant lees? Hoekom moet ek as dit nie eers die waarheid is nie?

5 04 2011
Olga

omgewing smeer aan enige mens af jww. Dis onvermydelik. Is daar nie meer kontrole oor enige iets nie? By die ingang van graskop van sabie af is n groot adv bord vir nedbank teller by crossing-inkopie senter malalane. Kontroleer niemand meer wat die werkers doen nie? Of is kwaliteit-kontrole net om te kyk hoe gereeld hulle geld inkry.

5 04 2011
Olga

wat my nou laat dink, het vr n dame by die haarkapster ontmoet. Sy het 5 jr in staatsdiens gewerk. Haar kontrak was jaarliks in jan hernieu. Sy het onlangs bedank. Toe word sy gedreig met n klousule in die kontrak. Toe lag sy hul uit en daag hul uit om die kontrak ding te doen. Sedert haar aanstelling het sy net 10 persent gekry van die salaris op haar kontrak. Hulle het haar begin op r4080 pm maar r40800 op kontrak. Elke jaar het hul die verhoging by die bedrag gesit, maar sy het net gekry wat sy moes. Toe sy die fout 5 jr gelede vir hul uitgewys het, was sy vertel dit maki saki, die regte bedrag is op die band wat hul van die onderhoud het. So ook elke jaar daarna. Kon die kontrak opsteller dan wragtig nie sy / haar fout agter kom nie?

5 04 2011
Gerda. J.

die vrou van gp.

5 04 2011
Sonlig

Ek dink nie dis noodwendig ‘n rasse-ding nie. Dis ‘n generasie-ding.

Generasie Y of Z (skies XP – ek vermoed jy’s een van hulle!) of watookal volgende is het net nie passie en waardes wat hulle werk aanbetref nie. Daar is geen trots nie – solank ek my salaris kry, kan ek my leefstyl handhaaf, want ek HET mos ‘n lewe.

Ek het verlede week die rooi pen nadergesleep omdat ek bloot nie bereid was om my handtekening op die powerste poging van ‘n notule wat ek in my lewe gesien het deur ons (blanke) girl Friday te sit nie. Mens! “excreta” is iets heel anders as “etcetera” en het jy (wat so pas 30 jaar oud geword het) nie reeds in klas een geleer dat daar ‘n punt aan die einde van ‘n sin kom nie?

Sy het VERSKRIKLIK aanstoot geneem en my ‘n hele dag lank geïgnoreer!

Maar ten minste kon ek my handtekening op ‘n (semi) professionele dokument sit.

Nog ‘n ding: Jammer om te sê mense, maar ek DISKRIMINEER teen CV’s met spelfoute in. Ek lees nie eers verder nie – liaseer hom net in leêr 13.

Nou hoop ek baie hard hier is nie ‘n spelfout iewers in hierdie kommentaar nie! 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: