Nalatige Foute

4 04 2011

Ek verstaan dat dit menslik is om foute te maak.  Ek verstaan selfs van wys ‘n vinger na iemand en drie wys terug na jou toe.  Tog is dit iets wat my teen die mure uitdryf.  Die foute wat soms in die media gemaak word en die algemene traakloosheid daarvan.

Ek verwys nou spesifiek na koerante, tydskrifte en kommersiële webwerwe.  Die blote verskil tussen my (en ander bloggers) en hulle is dat hulle betaal word om ‘n werk te doen.  Mens sou dus verwag dat hulle, hulle werk met trots sal doen.  In sommige gevalle word daar van my verwag om te betaal vir hulle werk.  Verder is daar – sover my kennis strek – goed soos subredakteurs wat artikels nagaan vir foute.  Ek het begrip vir die ou foutjie wat af en toe almal ontduik om vir hulle van die gedrukte produk te kom lag.  Tog gebeur dit so dikwels, dat ek wonder of goed enigsins geredigeer of goedgekeur word voor dit aan die publiek opgedis word.

Ek gaan loer netnou byvoorbeeld op die Jacaranda Webblad om te sien wie gaan die naweek koning kraai.  Ek was uit my vel toe ek sien dit is Queen se beurt.  Tot ek besef dat hulle die foto van Brian May en John Deacon omgeruil het.  Vir ‘n stasie wat daarop aanspraak maak dat hulle die lewe se beste treffers speel, is dit ‘n onvergeeflike fout.

Terwyl ek nou aan Queen dink, onthou ek eendag op die radio (was nie Jacaranda nie) waar die omroeper “No-one but you” gespeel het.  Sy (Daniel Hugo) se kommentaar op die lied was iets in die lyn van “Hoor net hoe pragtig sing Freddie net daar” gewees.  Freddie Mecury was briljant, maar selfs hy sou gesukkel het om lied 6 jaar na sy dood op te neem.  Diana was die eintlike inspirasie vir die lied ook bekend as “Only the good die Young” gewees, maar dit het Freddie soos ‘n handskoen gepas.

Dit is net twee voorbeelde.  Ek kan amper ‘n onafhanklike blog begin vir die aantal kere wat wat die koerante droogmaak.  Ek het al gelees hoe Harry met Kate Middleton gaan trou en koerante verander die draad van die storie sommer drie of meer kere.  Was dit nie vir dieselfde name nie, het jy aanvaar dat dit verskillende stories is.

Die probleem is dat ‘n mens aanvaar dat die koerant die basies storie reg het.  Ja, hulle gooi baie sensasie by en verdraai die opskrif om seker te maak dat jy dit lees, maar die berig is waar die storie reggestel word.  Dit lyk egter asof hulle net enige strooi skryf om die bladsy vol te kry.  Dit is nogal ‘n groot fout om dit te aanvaar, deesdae kan algemene kennis nie meer uit koerante geleer word nie.

Waar is die dae wat mense trots in hulle werk gehad het of met ‘n aggresiewe rooi pen reggesien word?  Is dit net ek of vind julle dit ook amateuragtig?

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Van watter Universiteit is Brian May kanselier?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1946.





Lunch Week 14 / 11

4 04 2011

Algemene Kennis

  1. Wie was die eerste moord slagoffer? 
  2. Wat het Koning George VI se familie hom genoem?
  3. Wat was die wêreld se oudste aandelebeurs wat in 1602 gestig was deur die VOC?
  4. Wie was die figuur op die Suid-Afrikaanse geldnote gewees, voordat hy deur die groot 5 vervang was?
  5. Wie het Martin Luther King, Jr vandag in 1968 doodgemaak?