Ek is mal oor April Gek grappies. Dalk nie die grappies self nie, eerder hoe mense soms soos ‘n sak klippe kan val. Agterna is hulle rooi in die gesig en weet dat hulle vir ‘n sucker gevang is.
Die idee van die skrywe is om ‘n telbord te hou van al die April Gek grappies wat vandag gemaak word. Kom ons kyk wie kan die meeste identifiseer.
Ek gaan maar by Jakaranda begin.
Eers loots hulle vandag ‘n kompetisie oor “Ugly Duckling”. Ouers moet met foto’s hulle lelike kinders inskryf vir die kompetisie waar die wenner ‘n make over gaan kry. Net kinders tussen 2 en 13 jaar oud kwalifiseer. Baie mense is natuurlik baie ontsteld daaroor. Dit is egter nie al nie.
Hulle het vanoggend ook aangekondig dat hulle programme van Maandag af gaan verander. Die ontbyt program gaan voortaan net Country en Rap musiek speel. Hulle trek die grappie omtrent elke tweede jaar, so ek twyfel of iemand nog daarvoor val.
Mens moet nogal versigtig wees met die koerante. Soos die parlement deesdae is, wonder ‘n mens soms of hulle nie elke dag ‘n April Gek dag het nie. Ek vermoed nogal sterk dat Sandton wat vuil motors voortaan gaan beboet ‘n April gek grap is. Waarvoor ‘n hele paar beroeps kommentaarleweraars soos ‘n sak klippe val.
Watter April Gek Grappe het julle vandag al raak gesien?
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Permit-vir-vleisbraai-dalk-gou-n-moet-in-Vrystaat-20110401
Volgens die een moet Vrystaters van nou af R500 ‘n jaar betaal aan groen belasting om te kan braai. Behalwe nou as hulle tot Volksblad se kersfonds by gedra het.
New! Gmail Motion
Introducing a new way to interact with Gmail – using your body! Gmail Motion can help you improve the way you interact with your email.
Yeah rite.
http://mail.google.com/mail/help/motion.html
gaan lees sommer Son se grappie