Laviga en die volhoender

1 04 2011

Hallo Maatjies

My ouma Heldina het altyd gevertel dat as die klok gaan slaan, gaan ek slap vries.  🙂  Die volhoender se ouma was seker maar baie dom.  🙄  Kyk net daar?  😯  Die kerk het ‘n praat gepraat en toe raak die volhoender rooi en staan botstil.  😈 

Miskien het ek die volhoender ‘n bietjie misgetoor. 😳  My ouma het gesê ek sal goed kan toor as ek baie gim.  😉  Ek gim nou elke dag. 

Een van die dae is ek die mooiste en slimste heksie wat die beste kan toor.  😆  Julle gaan dan baie bly wees dat julle my maatjies is.

Tata Maatjies





Lunch Week 13/11

1 04 2011

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil.  Identifiseer dit met die sanger.)

Ek het ‘n leeu gesien, vir die eerste keer. Daar in die noorde by die rivier van drome waar niemand ‘n leeu sal verwag nie.  Ek is so opgewonde, ek sal nooit ‘n oog opmekaar kan sit nie.  Maak jou oop jou oë en jy sal verstom wees wat jy kan sien. 

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. Is it in his face
    Oh no, that’s just his charm
    In his warm embrace
    Oh no, that’s just his arms
  2. I know times are getting hard
    But just believe me girl, someday I’ll pay the bills with this guitar
    We’ll have it good, we’ll have the life we knew we would
    My word is good
  3. No, no, no
    Don’t it always seem to go
    That you don’t know what you got ‘til it’s gone
    They paved paradise, and put up a parking lot
  4. See it started at the park
    Used to chill at the dark
    Oh when you took my heart
    That’s when we fell apart
    Coz we both thought
  5. Yeah you should see my little Sis
    You should see my my little Sis
    She really knows how to rock




April Gek Telbord

1 04 2011

Ek is mal oor April Gek grappies.  Dalk nie die grappies self nie, eerder hoe mense soms soos ‘n sak klippe kan val.  Agterna is hulle rooi in die gesig en weet dat hulle vir ‘n sucker gevang is.

Die idee van die skrywe is om ‘n telbord te hou van al die April Gek grappies wat vandag gemaak word.  Kom ons kyk wie kan die meeste identifiseer.

Ek gaan maar by Jakaranda begin.

Eers loots hulle vandag ‘n kompetisie oor “Ugly Duckling”.  Ouers moet met foto’s hulle lelike kinders inskryf vir die kompetisie waar die wenner ‘n make over gaan kry.  Net kinders tussen 2 en 13 jaar oud kwalifiseer.  Baie mense is natuurlik baie ontsteld daaroor.  Dit is egter nie al nie.

Hulle het vanoggend ook aangekondig dat hulle programme van Maandag af gaan verander.  Die ontbyt program gaan voortaan net Country en Rap musiek speel.  Hulle trek die grappie omtrent elke tweede jaar, so ek twyfel of iemand nog daarvoor val.

Mens moet nogal versigtig wees met die koerante.  Soos die parlement deesdae is, wonder ‘n mens soms of hulle nie elke dag ‘n April Gek dag het nie.  Ek vermoed nogal sterk dat Sandton wat vuil motors voortaan gaan beboet ‘n April gek grap is.  Waarvoor ‘n hele paar beroeps kommentaarleweraars soos ‘n sak klippe val.

Watter April Gek Grappe het julle vandag al raak gesien?