ID Foto Vloek

31 03 2011

Het jy jouself al ooit as ‘n reeks moordenaar gesien?  Nie?  Jy het seker nog nooit in jou groen boekie, ook bekend as ‘n identiteits dokument gekyk nie.  Om een of ander rede lyk almal altyd daar asof hulle uit die bose kom.  Anders gestel, baie min mense sal hulle ID foto gebruik as hulle bakkies vir Facebook.

Mens moet seker dankbaar wees vir klein genades – ons leef nie meer in die donker tye nie.  ID foto’s is deesdae in kleur en ‘n mens mag deesdae daarop glimlag.  Boonop is dit nie meer vat wat jy kry en dankbaar nie.  Jy keur jou foto goed voordat dit gedruk word.  Dit behoort vir ‘n groot verbetering te sorg, met die klem op behoort.  In die werklikheid, bly ‘n ID foto iets wat jy kan gebruik om kinders mee skrik te maak.  Anders is ek net te ongeduldig om ‘n maand een foto na die ander te laat neem in die hoop dat ek een kry wat soos ek lyk. 

Die idee van die foto is tog seker dat jy herkenbaar moet wees.  Dat enige swaap sonder ‘n gesukkel jou kan eien van jou ID boek, paspoort of lisensie.  Dit is dalk die sleutel, die foto’s is dalk net deur swape identifiseerbaar.  Net sodra jy dink alles is swaapbestaan, kom daar ‘n nuwe swaap uit.  Een wat alle beperkinge oortref en nuwe grense daar stel. 

Ek was een keer so hittete toegang tot ‘n land verbied gewees omdat die persoon wat my paspoort onder oë gehad het, besluit het dat dit onmoontlik ek kan wees.  Gelukkig kon ek my uit daardie een praat. 

Wat help ‘n foto in elk geval as dit geneem is toe jy 16 was en jy stap al aan 70 toe?  Nou dat ek daaraan dink, lyk jou foto as ‘n 16 jarige beter as wat jy op 70 sal lyk?

Hou jy van jou ID foto?  Kan jy die Moslemvroue blameer wat hulle foto’s met sluiers aan laat neem?

Breinvasbrand: Wie het “Mug shots” uitgevind?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Vitality.

Advertisements

Aksies

Information

11 responses

1 04 2011
J W W

Ek hou vol dat die kamera 20 kilos byvoeg. Ek lyk altyd vetter op die ID fotos, so dis my stelling en ek volstaan 😉

1 04 2011
J W W

Allen Pinkerton van america het mugshots uitgevind.

1 04 2011
J W W

Mugshots – Allen Pinkerton….. die WP gooi my comments weg grrrrrrrrrrrr!!!

1 04 2011
demoerin

Ek het nog altyd gedink die groen boekie is ‘n pot bollie, en al waarvoor dit iets werd is, is om moontlik jou ID te verifieer, of as jou ID moontlik nie meer as 20 jaar oud is nie. Maar kyk mooi, die tyd om daai boekie gereeld op te dateer is naby, die pryse is nie verniet opgesit nie. Ten minste met die bestuurslisensies word die foto ook opgedateer.

1 04 2011
leonvonmoltke

Ek hou NIKS daarvan om te sit vir daai fototjies nie.

1 04 2011
Olga

nes met die verifikasie van die matriek eksamen sit jy nou wragtig idees vir geldmaak in die anc se koppe. Kyk net hoeveel r140 rande kan hul elke 5jr in om die presidentiele sak aan te vul.
Maak my sommer noual bommers.

1 04 2011
Selene Phoenix

Ek was Maandag daar om my ID en Passpoort te hernu… ek mag nie gesmile het nie!! 😦 So ek lyk dik die hel in! My ander passpoort se foto like ek, maar die visa sin is goor verby!!

1 04 2011
toortsie

My foto is afskuwelik! ek het toevallig die dag by die biblioteek ingekom en sien toe dat daar ‘n baie lang ry is en hoor toe dat ons nuwe ID boekies met strepieskode moet kry. ek het vir hulle vertel hoe simpel die sisteem is, en my frustrasie is BAIE duidelik op die foto

1 04 2011
toortsie

Hoekom kan ons nie een ID/paspoort hê nie? en soos in die ou dae sommer die huwelikskontrak, vuurwapenlisensie, motorlisensie en sommer matrieksertifikaat en graad alles in een nie??

1 04 2011
PlaasJuppie

Die idee is dat as jy een oggend opstaan en jy lyk soos jou paspoortfoto, dan weet jy nou is die tyd vir daai vakansie.
Oor ID’s praat ons nie, ek het nog ‘n mullet op my ID foto…en ek is 60 kilos ligter. Inboek by die lughawe vir binnelandse vlugte is nogal prettig

1 04 2011
toortsie

60 kg!! jy kort ‘n nuwe id!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: