Beloon vir lojaliteit

30 03 2011

Ek onthou dat ek nog op skool was, hoe die Clicks Klub Suid-Afrika getref.  Ek onthou R250 000 maandelikse prysgeld wat Edgars op die TV gehad het.  Destyds was dit nie te versmaai gewees nie.  Dit was ‘n huis se prys (skielik voel ek baie oud).  Soos vader Tyd aangestap het, het lojaliteits programme meer en meer geraak.  Daar is fliekkaarte, talking points en selfs lojaliteitsprogramme van versekering en banke.  Die mees onlangse is seker die smart card van Kies en Betaal. 

Die beginsel klink baie goed.  Hoe meer jy saai, hoe meer sal jy maai.  Die winkel beloon jou met ‘n sekere persentasie vir elke sent wat jy op hulle vloer spandeer het.  Helaas, mens kan nie deur die wêreld gaan sonder om soms met handelaars te doen te kry nie.  Dit kan dus seker as ‘n wen-wen situasie gesien word.  Jy moet koop, jy kan dus net sowel iets daarvoor terug kry.

Alles klink natuurlik baie ouliker op papier as in praktyk.  Ek weet van mense wat amper aan ‘n hartaanval beswyk het in hulle verbete pogings om hulle vliegmyle op te eis.  Ek het, seker soos elke Suid-Afrikaner, verlede jaar ernstig oorweeg om na ENB oor te skakel.  15 % terug op petrol aankope sal enige mens laat glimlag.  Gelukkig het ek eers na die fynskrif gaan soek voordat ek in die storie ingeboender het.  Jy ‘n halwe wonderwerk nodig om die 15% merk te bereik.  Terme en Voorwaardes is nie baie simpatiek nie. 

Kom ons raak prakties.  Soos reeds genoem, bied die kaarte jou die geleendheid om ‘n gedeelte van die geld wat jy spandeer het terug te kry.  Kaarte en die bemarking daarvan is nie goedkoop nie.  Administrasie is ook geldvreter soos min ander dinge, die meeste mense sal dit soos die pes vermy.  Die meeste besighede het meer as waardeur hulle ooit kom.  Hoekom die ekstra onkostes aan te gaan?

Die kliente kan baie beter en makliker beloon word om die kostes van die wins verhaal.  As jy 10% terug kry van elke rand wat jy spandeer, hoekom nie net bloot die winsgrens met 10% sny nie.  Sonder die administrasie en die ekstra kostes van bemarking. 

Goed, die maatskappy gaan dan nie lyk na ‘n maatskappy wat hulle kliente se lojaliteit koop nie.  Hulle gaan dalk goeie diens moet lewer om kliente te lewer.  Goed wat logies is, sonder tierkantlyntjies wat net daar is om die kliente die mus oor oor oë te trek. 

Die enigste nadeel daarvan om met die programme weg te doen, is dat party mense dalk werkloos sal wees.  Tog, met die geld wat bespaar gaan word, kan hulle dalk vir beter dienslewering aangewend word.  Dit is nou wat ek wen-wen sonder bog noem.

Hoeveel lojaliteitskaarte het jy?  Wat is jou gunsteling lojaliteitskaart?  Is daar wel ‘n plek vir hulle?

Breinvasbrand:  Wat word Discovery se lojaliteitsprogram genoem?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met 1995.

Advertisements

Aksies

Information

13 responses

31 03 2011
Twilight

Ek het nie lojaliteitskaarte nie en ek weier hulle volstrek. My beleid is: Hoe eenvoudiger hoe beter en as ek die hoeveelheid kaarte wat ek hoef saam te dra kan verminder eerder as vermeerder, dan doen ek dit summier. Die bank het my onlangs gebel met die aanbod op ‘n opgradering van my kredietkaart. Want ek is dan nou so ‘n goeie klient. Dekking van kanker….yadayada. Ding is net: Ek weet voor my heilige siel dat ek nie meer verdien nie. Inteendeel, ek het opgehou werk. So, hoe verwag die bank dat ek ‘n verhoogde limiet op my kredietkaart moet kan betaal? En waar dink hulle grawe ek die ekstra administrasiekoste uit? Dit terwyl ek eintlik so vies vir die bank is oor die probleme wat my man by sy werk met hulle het, dat ek veel eerder my rekening by hulle wil sluit. Ek het die tannie net daar kortgeknip. Haar verstomming was komies. Laat my wonder hoeveel mense daarvoor val.

31 03 2011
J W W

Ek verpes al die bleddie stupid kaarte wat al wat ‘n winkel en plek is, aan mens wil afsmeer…. veral clicks – as die till girl my nog eenkeer vra of ek ‘n clicks kaart het, en as ek nee sê, my dan een wil aanbied, gaan sy gedonnor word !!!! 😡

31 03 2011
BB

Ek was vir jare ‘n groot Clicks ondersteuner… maar ek stem saam – daardie payback kan hulle maar vir hulself hou, want ‘n Clicks shopping trip (ek het ál my toiletries daar gekoop) ontaard in: (i) of ‘n leë rak met ‘n ‘out-of-stock’ bordjie voorop (vir weke kan ek net my gunsteling sjampoe daar kry, maar nie sy conditioner-maatjie nie) óf daar is een kassier aan diens tydens etenstyd 🙄 óf my waspoeier word nie meer aangehou nie… aaaaarrrrrrggggggghhhhh… watookal, maar Clicks sien my deesdae wragtig net in ‘n noodgeval.
So, raak ek toe mos ‘n Dischem-fan… die tille is darem altyd voluit be’man’, maar ai!! Verlede week moes ek maar my gunsteling conditioner by Checkers om die hoek loop koop. Ek weet nie wie die beplanning/aankope doen nie, maar dit suck!
Ek doen ook nie meer die loyalty-card ding nie. Ek stem: as jy nie jou goedere se pryse kan sny vir AL jou kliënte, druk dit.

31 03 2011
demoerin

Ek het ‘n Edgars cash card. En ja, elke kwartaal of so kry ek R50 of R100 af. Seker beter as niks, omadat ek in elke geval by Edgars koop.

😆 @ JWW oor Clicks. Ek weet presies hoe jy voel. Probeer de volgende keer, ook sommer met telebemarkers, na hulle relaas of vra of jy ‘n clicks kaart wil hê : Nee dankie, jy het nie dalk ‘n bietjie dagga of ‘n pistool vir my nie? Bied my ten minste iets aan wat ek nodig het… 😆 Werk elke keer soos ‘n bom.

31 03 2011
demoerin

Vitality?

31 03 2011
leonvonmoltke

Ek doen meeste van my kalahari.net aankope met ebucks, dis die enigste lojaliteitsprogram wat ek nog regtig gevind het wat iets beteken.

31 03 2011
Olga

ek het edgars cashcard, clicks en sparkaart, en gebruik dit gereeld. Ek moet egter se jww, jy koop op die verkeerde plek. Niemand in NELSPRUIT, HAZYVIEW OF LYDENBURG het my al ooit om my kaart gevra of een aangebied nie. Ek glo nie jy kry in enige dorp in die laeveld iets wat jy self net redelike diens kan noem nie.

31 03 2011
Selene Phoenix

Goeie more!

Ek het reeds die PnP kaart en het ‘n Clicks kaart – gebruik dit elke keer as ons gaan fliek op ‘n Woensdag, dan kry mens afslag! Ek love die kaarte ens! Ek het ook stamps versamel by PnP en kon twee mooi potte koop teen baie goedkoop!

Ek het ook ‘n Spur kaart! En ‘n Vitality kaart!

31 03 2011
toortsie

Ek sou ook eerder verkies het om goedkoper te betaal ipv lojaliteitsterugbetaling. Maar ek dink dis dalk GOEDKOPER vir die winkel. Want hy gee net lojaliteitsgeld terug aan DIE WIE DIT TERUGEIS…..
My heel beste lojaliteitskaart is ENB se E-Bucks. Dit werk WONDERLIK! Op AL my aankope wat ek met my kredietkaart doen, kry ek Ebucks. Daar is nog maniere wat jy E-Bucks kan verdien, soos die petrol wat jy hierbo noem. FNB se bankkoste is ook van die laagste van al die banke. Ek het op ‘n stadium geskuif na ‘n ander bank en binne ‘n week was ek terug by FNB. Want ek betaal R69 bankkoste per maand solank ek net nie ‘n tjek uitskryf nie. O, die Ebucks – ek kan daarmee koop by Makro, Cape Union Mart en weet nie waar ook nog orals nie. Ek het op ‘n stadium een maal per jaar by Makro gaan draai en “met komplimente van FNB” ‘n hele winkelwa volgekoop. Verlede jaar kon my dogter ‘n KWay top kry met hulle komplimente en ek het al in hierdie jaar fantastiese stapskoene gekry, ook met hulle komplimente…

31 03 2011
Olga

ek en jy is by verskillende banke toortsie. Ek betaal deur my ore. Seker maar omdat ek by enb is. 6et dalk net se ek kry maandeliks uit die bron en daardie oord n geldjie. Hulle betaal, ek is seker bankgelde om die geld vir my oortebetaal, dan moet ek ook diensgeld inboet op die inbetalings. Defnitief meer as r69 sonder dat ek n sent gebruik het.

31 03 2011
toortsie

Olga, ek het die goedkoopste tjekrekening wat mens kan kry. Jy moet bietjie hoor by die bank vir verskillende opsies.
Vir die R69 (vaste bedrag) mag ek soveel as wat ek wil internetbankdienste gebruik, soveel keer oorbetaal as wat ek wil. Kontant trek by FNB kitsbanke gratis. Wat doen mens nog? Dis net as jy ‘n tjek uitskryf wat dit R25 per tjekblaadjie kos. So, ek het lankal my tjekboek opgeskeur. As jy by ‘n ander bank, bv ABSA kontant trek, kos dit meer.
verder het ek ‘n kredietkaart, waarmee ek by winkels betaal. Ek sorg net dat my kredietkaart mooi betaal word (uit die tjekrekening met internet), dan kos dit my ook so iets soos R120 of R160 PER JAAR. Maar jy moet nooit geld uit jou kredietkaartrekening trek nie, dit kos ekstra, of geld uit jou kredietkaart oorbetaal nie.

31 03 2011
Seekat

Ek stem saam oor FNB daai E-Bucks werk goed. Ek het n Tjek kaart wat soos n kridietkaart werk gooi petrol in met hom en koop alles net met die kaart ek drae omtrent geen kontant saam met my nie. My mikpunt is 90 000 E-buks want ek wil n laptop koop met dit. Bank kooste die goedkoopste diens die selfde as enige ander bank maar ongelukkig moet jy n bank he waar jou geld in gesit moet word. Ander voordele is natuurlik as jy n platinum rekening het dat jy kry dan n persoonlike bankier maar dit werk net by die groot takke. Nadeel die autotellers is maar min in Pretoria maar nou ja alles kan seker nie goed wees nie.

31 03 2011
Sonlig

Ek het hulle almal!

Smart card, Clicks card, CUM Blessings, Meltz, Edgars Cash, Dischem en My School.

Ek koop in elk geval by hierdie plekke en score ek ‘n paar sent, dan score ek ‘n paar sent. Ons laerskool kry maandeliks meer as R3000 terug vanaf die My School program (1% van skoolouers se aankope) – dis genoeg om ten minste 3 minder bevoorregte kinders se skoolfonds te betaal! Hoekom nie?

Ek doen aankope vir my werk by P&P. Koffie-goed en ook skoonmaakmiddels en heelwat ander goed. Dié maandelikse totale kan tot R5000+ elke maand wees. Ek kon onlangs met die pot-koepons vir iemand wat NIKS gehad het nie en moes huis opsit, ‘n pragtige splinternuwe stel potte gee. Al wat dit gekos het was klein bietjie moeite met die plakkertjies en R120 uit my eie sak. Dit was die lekkerste gevoel ooit!!!

Ek val beslis nie vir elke “scheme” nie, en sal my nie laat manipuleer om by ‘n sekere plek te koop as ek ‘n ander plek verkies nie, maar as mens hierdie kaarte reg bestuur, kan mens tog ‘n bietjie waarde daaruit kry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: