Aanspreeklikheid

30 03 2011

Ons regering is mos deesdae bo enige kritiek verhewe.  Hulle lewe in ‘n gekke paradys waar hulle aksies geen gevolge het nie.  Hulle onbevoegdhede of traakloosheid ook nie.  Alles wat hulle doen is goed genoeg.  Onlangs is David Maynier van die DA uit die Nasionale Vergadering gejaag omdat hy dit gedurf waag het om Jeff Radebe te vra hoe dit voel om bloed aan sy hande te hê?  Dit volg na Radebe se aandeel om wapens aan Libië te verkoop.  Dit nou net so terloops. 

Gisteraand het Bheki Cele hom in ‘n ander bevolkingsgroep vererg vir Diane Kohler-Barnard (Mens moet net van haar hou).  Daar is nuwe wetgewing wat basies die reserviste in die polisie gaan ontman.  Kohler-Barnard het nie juis doekies omgedraai nie.  Sy het reguit vir Cele vertel dat hy nooit ooit weer die SA publiek moet vra om teen misdaad op te staan nie.  Sy nuwe bepalings verseker dat die publiek nie kan help nie.  As hy kon, het hy haar sweerlik te lyf gegaan.

Stadig maar seker raak die Suid-Afrikaanse publiek gatvol vir misdaad.  Die regering sien nie juis die probleem in nie en was hulle hande in onskuld.  Hulle mag wild en wakker skiet net wat en wanneer hulle wil.  Terselfde tyd maak hulle doodseker dat Jan Publiek nie hulleself mag verdedig nie.  Jy is dus weerloos teenoor misdadigers, kan nie juis jou vertroue in die polisie stel nie.  ‘n Baie bitter pil om te sluk en ‘n mens kan seker verstaan dat daar mense is wat bloot opgee om dit te probeer sluk.  Omrol en doodspeel behoort van niemand verwag te word nie. 

So is daar gister ‘n man aangekeer vir ‘n aantal bylmoorde in Durban.  Hy het iemand onthoof en twee ander met ‘n byl dood gemaak.  Een van sy slagoffers het ontsnap en die polisie omtrent die bylman gaan inlig.  Bylmoorde is nou nie juis iets wat die meeste wetsgehoorsame burgers aanstaan nie.  Tog, die man het wraak geneem op ‘n bende wat met die verkragting met sy dogter verbind word.  Tydens die verkragting is sy dogter met MIV besmet.  Daar word nie genoem of daar iemand in verband met haar aanval gearresteer is nie.  Sou die man daarop uit gewees het om wraak te neem as hulle agter tralies is?  Let ook op dat hy binne ‘n kwessie van dae vasgetrek is.

Die polisie dring daarop aan om mense wat hulle eie geregtigheid geëis het, tot verantwoording te roep.  Terselfde tyd, doen hulle nie hulle werk nie – wat mense tot sulke uiterstes toe dryf. 

Volgens die wet is iemand wat aandadig tot ‘n moord is, ook ‘n moordenaar.  Dalk moet die Minister van Polisie en die Polisiehoof van aandadigheid van moord aangekla word, saam met elke mens wat gedwing was om die reg in eie hande te neem.   As hulle effektief was, was dit vir niemand nodig om die reg in eie hande te neem nie.

Dit is dalk een manier om die polisie aanspreeklik te hou.  Hoe dink julle moet die polisie – wat tans bo kritiek is – aanspreeklik gehou word?  Ons het dalk vanaand ‘n groot blogjol in Pretoria Sentraal – daar skort niks met die polisie se boelie tegnieke nie. 

Breinvasbrand:  Wanneer is die Suid Afrikaanse Polisie Diens gestig?

Breinlosbrand:  Seegogga was reg met Richard Burton.

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

30 03 2011
demoerin

Ek gaan raai dis die nuwe vorm va SAPD na 1994, en sê 1995.

30 03 2011
demoerin

Kom ons stel dit so. Vir solank as wat die chiefs in die regering nie gaan omgee en doen net wat hulle wil, gaan die indians presies dieselfde doen. Mens lei deur ‘n voorbeeld te stel, en as jou slegte voorbeeld nagevolg word ka jy nou nie juis die indians blameer nie.
Hulle kan blywees ek is nie ‘n staatsdiensamptenaar nie…. die hemele weet daai klomp sou gewerk het.

30 03 2011
Olga

ek is met jou daar dmi. Ek hnu van skinder. Wanneer laas het julle n skraal, parate, fiks evil weavil of polisieman gesien? Ek vergelyk ons uniform draers en gee wof vol punte. Hul oefen elke dag. Ek moet nog n verkeersbeampte of lid van die sapd sien draf.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: