Koerantbrokkies

28 03 2011

Jammer die koerant kon nie saam jul koffie afgelewer word nie… blameer asb Binnelandse Sake! 😦

Kostes vir passpoorte en ID boekies gaan op. Passpoort vanaf R190.00 na oor die R400.00 en ID gaan vanaf R20.00 na R140.00 sonder fotos – dis min of meer die bedrae wat ek vanoggend by die ongelooflike behulpsame staf gekry het. Daar was in totaal 4x toonbanke oop met omtrent 3x wat gehelp het en soms het hulle verdwyn vir tee. Dis glo te danke aan die pryse wat styg… so ja daar het julle dit; swak diens is AGV hoë tariewe. Die twee loop saam.

Fred die bobejaan is nie meer nie. Hy is van kant gemaak nadat hy te veel nonsens aangejaag het en mense al seer gemaak het. So ja… aan die mense wat bobbejane bly voer en probeer “mak” maak daar het julle dit nou, hou dit asb op doen! Diere word nie gevoer nie vir ‘n rede! Want dan ruk hulle hand uit en julle loop en kla en die dier word uitgesit.

Mnr. Angus Buchan, evangelis van Greytown wil glo wi Bob Dylan bekeer… wats die kanse? Regtig?

Die Proteas is uit die Wêreldbeker! Dit nadat hulle alweer gechoke het! 😦 Kom ons probeer maar weer in 4 jaar!

Vier betogers in Ladysmith is vanoggend dood gery en ‘n vyfde ernstig beseer. Dis nog onseker waaroor hulle betoog het.

‘n 37 Jarige vrou het uit haar 4×4 voertuig geval toe sy glo oor haar motor beheer verloor het. Dis nog onseker hoe die ongeluk gebeur het.  Die ongeluk het eergistermiddag by die Bosvark 4×4 Adventure Park by Noordheuwel aan die Wes-Rand gebeur, en die vrou is ernstig beseer.

♪♫ Verjaarsdae ♪♫ Lady Gaga is vandag 25 – Dis scary!! Een van my hunks Vince Vaughn is 41 en Julia Stiles (30)


Aksies

Information

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: